
Foto: Canva
“Daar is ’n haltjie, Dwaal,
te midde van die vale, godverlate, dor Karoo,”
dig Uys Krige in sy bundel Tram-Ode
na hy in die dertigs deur die venster
van sy treinkompartement gekyk het.
’n Bedremmelde bloekom en
hardnekkige peperboom staan
op die Dwaal Cash Store se agterplaas
en groei eensaam daar
tussen Noupoort en De Aar
is naamborde deels onleesbaar
die verf afgedop
by die haltetjies van toet
die sinkdak op die winkel
en oom Godfrey se huis
het bo hul fondamente
lankal verdwyn en sy garage ook
op Dwaal.

