Seun op die slagveld

  • 0

Foto: Canva

Seun op die slagveld

In die sfeer van die donker nag
het die uile dit eerste gehoor
die veraf dreuning van tenks
wat argeloos die stiltes versmoor

iewers slaap ’n seun onrustig
sy oproeppapiere het gekom
oor ses maande moet hy aanmeld
met geen idee van wat wag op hom

op die perron is daar gegroet
’n ferm handdruk vir pa gegee
’n stywe omhelsing vir ma
terwyl sy trane uit haar oë vee

klik-klak die trein terug na beskawing
in ’n hoek die skadu van ’n soldaat
gesig onleesbaar, oë wat stip staar;
die seun op die slagveld agtergelaat

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top