Susanne Pretorius

Susanne Pretorius is ’n meisie van die Hoëveld. Haar kinderjare het sy in Johannesburg deurgebring, maar sy is tans woonagtig in Pretoria, waar sy gedigte en essays oor haar padreise deur die lewe skryf. Sy put inspirasie uit die lewe rondom haar – die mense, die natuur, woorde en stiltes – maar ook uit haar eie reise en persoonlike ervarings. Haar werk as ’n persoonlike assistent gee haar die geleentheid om haar kreatiewe talente te gebruik in die ontwerp van advertensies en skryf van artikels vir bemarkingsdoeleindes, en wanneer sy ontspan is dit somtyds met ’n verfkwas in die hand om skilderye te skep waar sy veral renosters of voëls skilder.

’n Flentertjie geluk

Susanne Pretorius Poësie 2026-04-23

"Gee jy die appel en ek die ui
dan koop ek ’n flentertjie geluk"

Seun op die slagveld

Susanne Pretorius Poësie 2026-04-16

"in ’n hoek die skadu van ’n soldaat
gesig onleesbaar, oë wat stip staar;
die seun op die slagveld agtergelaat"

Hersenskimme

Susanne Pretorius Poësie 2025-03-20

"die helder ligte in die leë kompartement
skyn spookagtig in die gitswart nag"

Reëngedagtes

Susanne Pretorius Poësie 2025-03-13

"ek leen my ore genotvol uit
aan die reën se sagte fluister"

Bloubergstrand

Susanne Pretorius Poësie 2025-03-06

"ek loop op harde nat strand
my voetspore tussen meeue se spoor."

Somer se laaste sug

Susanne Pretorius Poësie 2024-08-01

"maar onthou my in die oggendroos
delikaat en broos
’n lieflike geur wat sloer"

Onder die Suiderkruis

Susanne Pretorius Poësie 2024-07-25

"Op 17 het jy jou oproep papiere ontvang
op 18 by die treinstasie gestaan
skaars 19 toe is julle ontplooi
onseremonieel na die oorlogstafel genooi"

Die oorsprong van sterre

Susanne Pretorius Poësie 2023-04-26

"vonkel daar in die sterre
wat saans in die hemelruim verskyn
’n weerkaatsing van die lig
wat so helder in haar oë kon skyn"

Sterrereën

Susanne Pretorius Poësie 2023-04-20

"’n kandelaar van sterre
skitter in die donker
soos duisende gloeilampies
wat flikker en flonker"

Fluisterstem van die heelal

Susanne Pretorius Poësie 2022-09-01

"’n ster verskiet in die hemelruim
’n ligstreep in die gitswart nag
wat soos ’n duisend sterre skyn
op die pad waar ek vir jou wag"

Terug na nimmerland

Susanne Pretorius Poësie 2022-03-07

"sorgeloos in die skatkis van die lewe delf
soos nuut ontdekte kiekies lank vergete
word herinneringe, dof en effens verslete"

Oop gesprek

Susanne Pretorius Poësie 2022-03-07

"sou jy ooit werklik kon verstaan
toe hy uiteindelik om jou pinkie draai
die geheim van sy krag met jou deel
dat hy sodoende sy God sou verraai?"

Veteraan

Susanne Pretorius Poësie 2021-09-29

"jou hande vou om ’n koppie koffie 
sterk hande wat eens ferm 
aan ’n geweer moes klou 
dieselfde hande wat sagkens 
jou babaseuntjies kon vashou"

Eerste lentereën (in die Hoëveld)

Susanne Pretorius Poësie 2021-09-22

"’n soete vooruitsig na die vars reuk 
van reën wat jou neusvleuels kielie 
die lug wat langer aan skemer hou 
grys getint in vroegoggend se grou"

Dis weer herfs in my tuin

Susanne Pretorius Poësie 2021-05-16

"die boomtakke vonk in vlammerooi 
teen ’n skemerlug ongelooflik mooi 
wat is daai liedjie wat Piaf heserig sing 
van herfsblare wat herinneringe bring"

Top