
Foto: Canva
dan, as die nag so donker word
dat die stilte begin raas in my ore
en die verlange my so styf omgord
dat ek nie vastrap kry vir my spore
spits ek my ore en luister fyn
na die fluisterstem van die heelal
voor dit in die oneindige verdwyn
saggies soos ’n druppel wat val
’n ster verskiet in die hemelruim
’n ligstreep in die gitswart nag
wat soos ’n duisend sterre skyn
op die pad waar ek vir jou wag


Kommentaar
Pragtig. Dit bring herinneringe aan dinge wat mens diep wegbêre ...