Sterrereën

  • 0

Foto: Canva

die koms van die maan
bring die belofte van nag
na daardie stil plekkie
waar hierdie dromer wag

’n kandelaar van sterre
skitter in die donker
soos duisende gloeilampies
wat flikker en flonker

ek dans in die sterrereën
Saturnus ’n kroon op my hare
en Betelgeuse helderrooi
vreugde wat bruis in my are

ontmoet my op Venus
as die aandster verskyn
dan dans en lag ons
en drink ’n glasie vonkelwyn

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top