Onder die Suiderkruis

  • 0

Foto: Canva

Onder die Suiderkruis

Op 17 het jy jou oproep papiere ontvang
op 18 by die treinstasie gestaan
skaars 19 toe is julle ontplooi
onseremonieel na die oorlogstafel genooi
jy het volwaardig soldaat geword
jou hart en siel in diens gestort

het jy daar in annermansland, soms
wagtend vir die helikopter se koms,
op jou knieë, oor ’n geweer se loop,
’n gebed na bo gestuur in die hoop
dat die oorlog ’n einde sou bereik
vriend en vyand na hul huise kon wyk

sy het tuis vir jou gewag
wakker gelê in die donker nag
teer het die Suiderkruis geluister
hoe sy saggies jou naam fluister

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top