Somer se laaste sug

  • 1

Foto: Canva

Somer se laaste sug

Vergeet-my-nie in die oggendson
as die verbleikblom
en madeliefie verwelk
verdor die aronskelk
in winter se ysige greep
die landskap koud en bleek

maar onthou my in die oggendroos
delikaat en broos
’n lieflike geur wat sloer
onder ’n boom waar duifies koer
as somer se laaste sug
verdamp in die koue grysblou lug

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top