Susanne Pretorius

Susanne Pretorius is ’n meisie van die Hoëveld. Haar kinderjare het sy in Johannesburg deurgebring, maar sy is tans woonagtig in Pretoria, waar sy gedigte en essays oor haar padreise deur die lewe skryf. Sy put inspirasie uit die lewe rondom haar – die mense, die natuur, woorde en stiltes – maar ook uit haar eie reise en persoonlike ervarings. Haar werk as ’n persoonlike assistent gee haar die geleentheid om haar kreatiewe talente te gebruik in die ontwerp van advertensies en skryf van artikels vir bemarkingsdoeleindes, en wanneer sy ontspan is dit somtyds met ’n verfkwas in die hand om skilderye te skep waar sy veral renosters of voëls skilder.

’n Tikkie nostalgie

Susanne Pretorius Poësie 2021-03-26

"ek luister na ’n ou bekende liedjie 
dink aan kruisbeen sit op die mat 
langspeelplate in hopies opgestapel 
en sonder rede verlang ek ’n bietjie"

Trein na êrens

Susanne Pretorius Poësie 2020-11-11

"as haredos en jas se punt 
te woes in vier windrigtings lê 
is dit beste om stil te staan 
dat die wêreld verby kan gaan"

Top