Trein na êrens

  • 4

Foto: Canva.com

Trein na êrens

as haredos en jas se punt 
te woes in vier windrigtings lê 
is dit beste om stil te staan 
dat die wêreld verby kan gaan

so tussen die resies van die wysers 
waar die stiltes sommer net verdwyn 
verswelg in die gedruis van die wind 
wág; vir hasie om sy stert te vind

vind dan een onverwagse dag; en 
laat die aarde terugspin om sy eie as 
sodat die seisoene nie meer netjies pas 
op die leë rakke van ’n jaar se kas

en hoor jy weer Koos Doep se songs 
volg sommer self die sprokie se pad 
na ’n see van sterre wat flikker in neon 
iewers waar ’n trein wag op sy perron

vind vir jou ’n kajuit, doodle ’n viool 
en ontspan in die sagte ronding 
van ’n glimmerende geel sekelmaan 
op ’n trein wat êrens heen gaan

  • 4

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top