Veteraan

  • 3

Foto: Canva.com

Veteraan 

jy vertel hoe met eerste lig, as 
die natuur uit nag se sluimer 
begin ontwaak 
was boots en tenks reeds besig 
om spore te maak

ek luister aandagtig en ek wonder 
ruik jy nog, 
die reuk van helikopterbrandstof 
die sweet, die angs van kamerade 
tussen bomme wat rondom ontplof

jou stem gesels rustig 
maar jou oë kyk vér terug 
na die tyd so lank, lank gelede 
toe jy nog soldaat was 
in ons land se soeke na vrede

jou hande vou om ’n koppie koffie 
sterk hande wat eens ferm 
aan ’n geweer moes klou 
dieselfde hande wat sagkens 
jou babaseuntjies kon vashou

  • 3

Kommentaar

  • Dr Koos Bezuidenhout

    Beslis ... en daarby geskaad vir sy hele lewe! Die slegste van alles is dat hy geen erkenning kry vir sy verpligte dienstydperk gedurende hierdie tydperk én grensdiens-kampe daarna nie ... En, die gelukkige en tevrede politici van weleer se families en seuns het net aanbly lewe soos konings ... en vandag is hulle ook meestal onder die kluite, maar ons veg nog steeds!

    Dít is wat sleg is vir ons generasie wit Suid-Afrikaners wat nou nie eers bestaansreg blyk te hê nie. 🤔

    Maar, ons sál nooit net sommer gaan lê om op getrap te word nie. Klaar.

  • Hans Richardt

    Dr Koos, man ja. Alkoholisme en PTSS. As jy nie een oggend in badkamer vir jou eie spieëlbeeld kon sê- "jy het 'n probleem" nie, dan is jy oneerlik met jouself. Aggressie is iets wat geen medikasie verbeter nie.
    Tog gaan die stryd aan, ons oud-dienspligtiges word nie as "veterane" deur ANC beskou nie en kwalifiseer bv nie vir veteraanpensioen of behuising nie. Maw, die "vryheidsvegters" het teen die konsep as "apartheid" geveg nie, nie teen mense nie. Ons is non-entiteite. Ongeag of ons kwale en skete behou het. Ek het nog 'n foto van voorblad van Vaderland, waarin ek as jongman deur die Kerkstraatbomontploffing stap, na dit gebeur het.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top