Die oorsprong van sterre

  • 0

al raak die woorde soms weg
tussen die fynskrif van onthou
verdelg in die halfduister
van ’n naderende skemerte nou

en is die tree lomp en stadig
soos die energie kwyn
weggesypel uit die ou lyfie
eensklaps so broos en klein

vonkel daar in die sterre
wat saans in die hemelruim verskyn
’n weerkaatsing van die lig
wat so helder in haar oë kon skyn

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top