
Foto: Canva
Hersenskimme
’n Trein ruk en skud in die nagdonker
buite my slaapkamervenster verby
die staalwiele skree op ysterstawe
op pad na waar liggies flikker in ’n ry
die helder ligte in die leë kompartement
skyn spookagtig in die gitswart nag
ek onthou ’n ou storie van Langenhoven
van ’n afgestorwe gees wat saans wag
in die kajuit van haar ewige verdoeming;
ek voel ’n rilling deur my gebeente gaan
verbeelding gryp na die skadu’s se punte
en hoendervleis dans op my arms saam
die nag se silhoeët wriemel in die refleksie
as die trein se ligte verdwyn op die spoor
opeens is alles weer donker en die nag stil
net hersenskimme wat nog in my kop goël


Kommentaar
Baie mooi, Susanna, jy maak dit lewendig