My klimraam is groot

  • 0

Foto: Canva

My klimraam is groot

Nes Ziza van TikTok, is ek trots geborg.
Ek’s trots geborg deur God, ons hemelse Vader.
Geplant binne die Noord-Kaap,
met regop wortels diep in die grond geanker.

Ek groei soos ’n rankplant.
Ek klouter die mure van die wêreld maar,
ek begin onder, plaaslik, eers hier in die land.
Eendag sal ek ophou klouter en
my blare sal aanskou word deur generasies na my.

Nee, ek soek nie die roem en aandag nie.
Ek soek die avontuur en geen spyt.
Ek wil nie blom waar ek geplant is nie maar,
ek sal nie vergeet waar God my kruisie op die kaart gemaak het nie.

Ek’s nie die volgende Charlize Theron nie,
ook nie Trevor Noah the second nie.
Ek’s die Noord-Kaapse kleurling,
Afrikaanssprekend.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top