
Die Suid-Afrikaanse Jeugkoor is saam met Matt Kruger en Warren Tutu op die verhoog.
Alle foto- en beeldmateriaal van kinders in hierdie berig word gepubliseer met skriftelike toestemming van hul ouers of voogde. (Alle foto’s: Yolanda Saayman)
- Drostdy Teater, Stellenbosch, 11 Oktober 2025
“Musiek is ’n morele wet. Dit gee siel aan die heelal, vlerke aan die verstand, vlug aan die verbeelding en sjarme en vrolikheid aan die lewe en aan alles” (Plato).

Die Suid-Afrikaanse Jeugkoor
***
Die Drostdy Teater in Stellenbosch het Saterdagaand tydens die Woordfees geskitter met die vertoning Wit, swart en volkleur serenades – ’n samewerking tussen die amptelike Suid-Afrikaanse Jeugkoor (SAJK) en die musikale duo Kruger en Tutu (KT).

Matt Kruger en Warren Tutu
Wat begin het as ’n toevallige ontmoeting deur Parkour, het ontwikkel in ’n dinamiese, musikale vennootskap tussen Matt Kruger en Warren Tutu. Hulle doel is duidelik: om musiek te skep wat genees, verbind en oor kulture heen betekenis dra. Met hierdie produksie het nie net kulture en klankstyle saamgesnoer nie, maar in ’n viering van musiek se verbindende krag, is dié visie met flair op die verhoog gebring.

Die Suid-Afrikaanse Jeugkoor
Onder leiding van Phil Robinson, het die SAJK en KT ’n keurspel van liedere aangebied wat klassieke, kontemporêre en oorspronklike komposisies op verrassende wyse kombineer. Die resultaat was ’n eklektiese klankervaring wat die gehoor van die eerste noot af meegesleur het.

Matt Kruger
Reeds tydens die klanktoets was die energie tasbaar. Toe die verhoogligte aangaan, het die teater se atmosfeer ontplof van opgewondenheid – gehoorlede het ritmies hande geklap en begin lyf swaai.
“Ons wil mense herinner dat musiek meer is as klank – dis kommunikasie van die hart,” sê Kruger. Sy musikale vennoot voeg by: “Musiek is die brug tussen mense, ongeag kleur, taal of geloof.”

Die Suid-Afrikaanse Jeugkoor
Die samewerking tussen jong stemme en ervare kunstenaars het meer as net musiek opgelewer – dit was ’n viering van diversiteit, eenheid en die helende krag van klank.

Matt Kruger en Warren Tutu
Met Wit, swart en volkleur serenades bevestig KT hul plek as baanbrekers in die Suid-Afrikaanse musiektoneel, en die SAJK bewys hoekom hulle een van die land se trotsste kulturele bates is.

Warren Tutu
KT saam met die SAJK het gewys hoe musiek siel aan die heelal kan gee – presies soos Plato dit beskryf het.
Lees ook:
Toyota Stellenbosch Woordfees: Die helfte is verby, maar die helfte lê nog voor ook
Toyota Stellenbosch Woordfees: Wie gaan die munisipale septers swaai na 2026?
Toyota Stellenbosch Woordfees: Sonografie: grepe in roots en blues – ’n Instagram-resensie

