Toyota Stellenbosch Woordfees: Wie gaan die munisipale septers swaai na 2026?
“Met die munisipale verkiesings van 2026 wat vinnig naderkom, die sewende sulke verkiesing sedert die aanvang van demokrasie in 1994, is die vraag nie meer óf verandering sal kom nie, maar wie dit sal bring. Hierdie sentiment het Dinsdag duidelik na vore gekom tydens ’n lewendige paneelbespreking (‘Plaaslike verkiesings: Onderweg na 2029’) by die Toyota Stellenbosch Woordfees, deel van Netwerk24 se gespreksreeks. Onder leiding van die ervare politieke joernalis Gert van der Westhuizen het paneellede die ANC se swak rekord op plaaslike vlak ontleed en bespiegel oor die moontlikhede vir opposisiepartye om die vakuum te vul.”
Copy and paste this URL into your WordPress site to embed
Copy and paste this code into your site to embed