Toyota US Woordfees
Dude! Wa’s my phone? by die Toyota US Woordfees 2023: ’n onderhoud met Jeremeo Le Cordeur
2023-10-03"Dude! Wa’s my phone? ondersoek die moderne verskynsel van selfoonverslawing en die temas van tegnologie-afhanklikheid, vriendskap en die impak van digitale toestelle op ons lewens."
Persverklaring: Odendaal se Droomwerk by Aardklop, Woordfees te sien
2023-10-02Droomwerk speel van 3 tot 6 Oktober by Momentum Beleggings Aardklop by Potch Girls’ High. Hierna volg ’n speelvak by Toyota US Woordfees by Rhenish Girls’ High van 11 tot 15 Oktober, en kaartjies kan op Quicket aangekoop word.
Persverklaring: André Schwartz se Any Dream will Do – My pad met Webber op pad na feeste
2023-09-28André Schwartz se vertoning Any Dream will Do – My pad met Webber word op 3 en 4 Oktober by Momentum Beleggings Aardklop aangebied en op 10 en 13 Oktober by Toyota US Woordfees.
Tuis, ek’s liefie by die Toyota US Woordfees 2023: ’n onderhoud met Cintaine Schutte
2023-09-28"Ek dink mense gaan die produksie geniet. Dit het baie lag en baie byt. [Dit] het ook ’n fantastiese rolverdeling. Amanda Strydom, Wessel Pretorius, Crystal-Donna Roberts, Carlo Daniels en Veronique Jephtas."
Braam en die engel by die Toyota US Woordfees 2023: ’n onderhoud met Nico Scheepers
2023-09-27"Vir my voel dit soos om animasie te kyk wat lewend word. Dis werklik iets wat mens net in die teater kan ervaar."
Die dag toe Guppie sweef by vanjaar se Toyota US Woordfees 2023: ’n onderhoud met Jeani Heyns
2023-09-27"Kinderteater is van kardinale belang in ’n feesprogram. Kinders moet van jongs af blootgestel word aan kuns van alle vorme sodat hulle kan lief raak vir die kunste en hulle wêreld kan verbreed. Ouers moet ook hulself afvra: Sal jy eerder wil hê jou kind moet ’n uur op die selfoon spandeer of hulle na ’n onvergeetlike teaterervaring neem?"
Diensplig deur Anelia Heese: ’n skrywersonderhoud
2023-09-27Anelia Heese praat met Naomi Meyer oor Anelia se boek Diensplig wat onlangs verskyn het en wat ook tydens die EasyEquities-skrywersfees by vanjaar se Toyota US Woordfees bespreek sal word. "Die wonde in ons land is nog baie rou."
Erfeniskos en die EasyEquities-skrywersfees by vanjaar se Woordfees: ’n onderhoud met Fayruza Abrahams
2023-09-22"Curry stains all over the kitchen surfaces, dishcloths stained with turmeric and borrie and Tupperware tainted forever … But we love it!" In hierdie tweetalige onderhoud deel Fayruza Abrahams ook ’n kerrievisresep.
Persverklaring: Die WAT se Nuutskeppingskompetisie 2023 en paneelbespreking by Toyota US Woordfees
2023-09-21Die WAT se jaarlikse Nuutskeppingskompetisie vind vanjaar weer tydens die Toyota US Woordfees in samewerking met Monitor op RSG plaas.
Hoerkind by die Toyota US Woordfees: ’n onderhoud met Margit Meyer-Rödenbeck
2023-09-19"Die teater is 'showing, not telling', maar hoe nou gemaak met ’n eenmanvertoning van memoires? Dis toe ek besluit het om elke toneel basies as ’n eie klein drama te sien. Jy kry nie kans om aan die slaap te raak, gemaklik te raak of aan ander dinge te dink nie. Herman/Geon Nel vereis jou aandag."
Windroos by die Toyota US Woordfees 2023: ’n onderhoud met komponis Kristi Boonzaaier
2023-09-18"Ons teikengehoor is mense wat ’n liefde vir musiek en kuns het. As jy Windroos by die Woordfees kom luister, kan jy ’n program verwag wat ’n samevloeiing van musiek en poësie bied, met ’n unieke en meesleurende ervaring wat jou emosioneel sal aanraak."
Toyota US Woordfeesprogram 2023
2023-09-11Laai die volledige Toyota US Woordfeesprogram 2023 in PDF-formaat hier af. Die volledige boekeprogram is ook hier beskikbaar.
Toyota US Woordfees 2023: Stars – Iinkwenkwezi – Sterre-kinderteater, ’n onderhoud met Amelda Brand
2023-09-11"Hoe meer ek oor die sterre in die suidelike halfrond gelees het, hoe sterker het die bewustheid geword dat dit deur die persepsies van die noordelike halfrond oorheers word. Ons wou dus juis speel met stories en mites uit die suidelike halfrond."
Katvis deur Annelie Botes: ’n lesersindruk
2023-09-05Vanjaar op die Woordfeesprogram! "Lesers het oor die jare lojale volgelinge en herlesers van Botes se romans geword, want sy skroom nie om jou reg tussen die oë met die harde werklikheid te slaan nie."
Hulp met die derde kwartaal se literêrenavorsingstaak: ’n onderhoud met Bibi Slippers
2023-09-01Bibi Slippers is by vanjaar se Woordfees! Haar volgende digbundel verskyn in Oktober, maar hierdie onderhoud met Bibi Slippers verskyn weens die derde kwartaal se literêrenavorsingstaak. Bibi Slippers beantwoord hier vrae oor Bibi se agtergrond wat jong navorsers sal help."[W]at slegter is as om gedigte te skryf, is om te wil skryf en nie daarby uit te kom nie, omdat jy ander werk of verpligtinge het."
Onder ’n bloedrooi hemel deur Annemarié van Niekerk: ’n LitNet-Akademies-resensie-essay
2023-08-31Annemarié van Niekerk is by die Woordfees! "Naas die eerlikheid van die feitelike gedeeltes van die roman word ’n mens oorrompel deur die strukturele en stilistiese vernuf van die teks sowel as die oortuigende taalgebruik en beeldende vermoë van die skrywer."
Leon van Nierop oor Duiwelsroos by Momentum Beleggings Aardklop én Toyota US Woordfees 2023
2023-08-28"Niks kom by ’n goeie boek nie. Ek skryf natuurlik ook vir verskeie ander platforms, maar sommige verhale leen hulle absoluut tot die geskrewe woord en die gevoel van papier tussen jou vingers. Dit het Agatha Christie my geleer."
LitNet Akademies-resensie-essay: Decima deur Eben Venter
2023-08-24Eben Venter is by die Woordfees! "Mites word gewoonlik geskep om sodoende kommentaar te lewer op ’n werklike gebeurtenis. Só is die karakter van Decima geskoei op ware verhale van renosterstropery om die voortdurende stryd in die bewaring van skaars spesies te belig."
Toyota US Woordfees 2023: ’n onderhoud oor Spierwit blues en Hennie Aucamp se dagboeke
2023-08-24"Hennie Aucamp is vir my nie net ’n uitstekende skrywer nie, maar ook ’n filosoof. Sy kortverhale is baie meer as blote fiksie; dit is studies van die menslike psige ook."
Die EasyEquities-skrywersfees by Toyota US Woordfees 2023: ’n onderhoud met Elmari Rautenbach
2023-08-17"’n Mens kom altyd agter wanneer lesers oor ’n boek begin gons. Jy sien die boek of skrywer al hoe meer gereeld en skielik oral." Die EasyEquities-skrywersfeesprogram is nou volledig bygewerk. Klik op die skakel onderaan die onderhoud om die korrekte boekeprogram af te laai sodat daar nie verwarring tydens die feestyd ontstaan nie.