Toyota Stellenbosch Woordfees

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Mel vertel, Portchie paint!

Yolanda du Toit, Mel die Storieverteller Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-10-09

"Portchie laat my vreeslik op my gemak voel. Sy lag is so lekker hard en uit sy maag en wanneer iemand so lag, dan weet jy dit gaan ’n goeie konsert wees."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Woorde open wêrelde, ’n onderhoud met Fiona van Kerwel

Naomi Meyer, Fiona van Kerwel Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-10-09

"WOW poog om elke geleentheid wat ons vir leerders skep, in ’n geleentheid van leer deur prettige, opvoedkundige aktiwiteite te omskep."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025 press release: SboNdaba Dance returns home with In search of our humanity

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-10-08

After a triumphant national tour, SboNdaba Dance returns to the Western Cape with its acclaimed production In search of our humanity. This homecoming performance at the Toyota Stellenbosch Woordfees offers local audiences a rare chance to experience the company’s powerful artistry and storytelling. Praised for its striking choreography and evocative soundscapes, the production showcases the raw physicality of SboNdaba’s dancers.

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-persverklaring: Wit, swart & volkleur serenades – Kruger & Tutu saam met die SA Jeugkoor, 11 Oktober

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-10-08

Die opkomende akoestiese duo Kruger & Tutu betree die verhoog saam met die amptelike Suid-Afrikaanse Jeugkoor by die Drostdy Teater op 11 Oktober om 20:00 as deel van hierdie jaar se Toyota Stellenbosch Woordfees.

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Maak boerseep met Canettevallei

Yolanda du Toit Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-10-08

"Ingrid [de Waal] voel baie sterk oor ons kulturele erfenis en hou van boerseep as deel van ons erfenis. Daar is nie gereeld seepmaak-werkswinkels nie, so Maak boerseep met Canettevallei is ’n gulde geleentheid en uniek vir die Toyota Stellenbosch Woordfees."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: ’n onderhoud met Veronica Bell

Naomi Meyer, Veronica Bell Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-10-08

"Dis my begeerte dat mense nie onveranderd van ons konserte af sal wegstap nie!"

Deel jou lesersindruk met LitNet!

LitNet Lesersindrukke 2025-10-08

In die tyd van die Toyota Stellenbosch Woordfees, waarvan die tema vanjaar "deel" is, nooi LitNet lesers opnuut uit om hulle lesersindrukke met medelesers te deel. Skryf vir ons as jy ’n boek geniet het – en beslis ook as jy kritiek oor ’n boek wil uitspreek. Skryf oor ’n boek wat jou ongemaklik gemaak het. Skryf oor ’n boek wat jy nie kon neersit nie. Skryf oor ’n boek wat jy gelees het terwyl jy gewoonlik tyd op die sosiale media sou deurbring. Skryf oor ’n boek wat jy herontdek het. Dit hoef glad nie ’n nuwe boek te wees nie, en dit moenie ’n boek wees wat van ’n uitgewer af ontvang is nie. 

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Boek jouself in by Veldhospitaal

Maryke Roberts, Debbie Ellis Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-10-08

"Op die oomblik is die kunslandskap grotendeels ’n woestyn. Die kunstenaars moet stap oor die sandduine sonder enige water en aan die einde van die reis kry hulle een groot applous. En dan word hulle teruggestuur om dit weer te doen."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Ek is nie Danie – ’n onderhoud met Nico Scheepers en Albert Pretorius

Naomi Meyer, Nico Scheepers, Albert Pretorius Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-10-06

"Ek dink werklik Danie [Marais] se gedigte is so blerrie roerend en mooi en toeganklik en dat ons ’n ervaring daarrondom skep wat meer is as net ’n tradisionele toneelstuk of ’n musiekvertoning of ’n poësievoordragprogram."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: ’n onderhoud met Saartjie Botha

Naomi Meyer, Saartjie Botha Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-09-30

"Die Woordfees word vanjaar vir die 25ste keer aangebied. Ons wou ’n tema hê wat ’n viering is, en hoe meer ons daaroor gedink het, hoe duideliker het dit geword dat viering nooit behoorlik in isolasie kan gebeur nie."

Kort balletuittreksels laaf die siel

Maryke Roberts Leefstyl 2025-09-24

"Die vertoning wat wag, bied uittreksels uit die internasionale choreograaf en regisseur, Maina Gielgud, se tradisionele Giselle en ook Michelle Reid se stomende Smoke."

Fugard se Boesman en Lena terug op die verhoog

Maryke Roberts, Alexa Strachan, Brendon Daniels, Christo Davids Feeste 2025-09-24

"Die stuk is ’n gepaste huldiging aan een van Suid-Afrika se grootste dramaturge wat in Maart in die ouderdom van 92 oorlede is. Dit ontgin temas van onderdrukking, maar ook die mens se vermoë om aan te hou veg vir hul plekkie in die son."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Ontaard nooi gehoor uit na ’n saamwees om die woord

Dianne Du Toit Albertze, Pieter Odendaal Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-09-23

"’n Oorkoepelende tema in die bundel sowel as die produksie is belonging, op verskillende vlakke: om te hoort op die aarde, te belong in die samelewing of in jou familie. Daardie soeke na hoort en na tuiste."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: ’n onderhoud oor Zoid Psalms

Naomi Meyer, Elmarié Dercksen Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-09-02

"Een van Karen [Zoid] se sêgoed is dat alle musiek spiritueel is. Sy maak dit voelbaar." 

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025 en die EasyEquities-skrywersfees: ’n onderhoud met Bibi Slippers

Naomi Meyer, Bibi Slippers Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-08-28

Lees wat vertel Bibi Slippers oor belangrike items, soos hierdie een, op die skrywersfees se program: "Ek dink dis belangrik om ’n oop gesprek te voer oor die finansiële lewens van skrywers, want ons kan nie bekostig dat skrywers ophou skryf omdat hulle dit nie kan bekostig om skrywers te wees nie."

The Barber of Seville: prettige opera in intieme teater bied groot vermaak

Maryke Roberts Teater 2025-08-13

"Die lekkerte begin sommer nog voor die gordyn vir die eerste bedryf lig, wanneer Jan Hugo, die musikale regisseur, met sy manelpak en pluiskeil deur die teater stap en agter die vleuelklavier inskuif. ... Ek is verheug om te sien die stuk gaan ook na die Toyota Stellenbosch Woordfees by die Spier-amfiteater."

Persverklaring: ATKV-Taalgenoot se Ruk en rym-semifinaliste 2025 bekend

LitNet ATKV-Portaal 2025-08-11

ATKV-Taalgenoot-Ruk en Rym, ’n kompetisie vir alternatiewe klankskeppers wat musiek met Afrikaanse lirieke maak, het tot 28 Julie inskrywings ontvang en ná ’n rekordgetal – ’n allemintige 93 – musikante hul kuns met die Ruk en Rym-keurders gedeel het, is die 20 semifinaliste van die kompetisie nou bekend.

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Boklied, 30 jaar later – ’n onderhoud met Marthinus Basson

Naomi Meyer, Marthinus Basson Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-08-04

"Om weer aan Boklied te werk is ’n vreesaanjaende voorreg, alhoewel mens bewus is van die feit dat dit is soos om 'n ’n uiters hoë piek te moet uit. Maar dis een wat ek met baie vreugde aanpak. Beslis ook met ootmoed."

Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees 2025 – Literatuur is steeds die hart

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-07-14

Die bekroonde digter Bibi Slippers het ’n eklektiese program vir die EasyEquities Skrywersfees saamgestel. Die fees spog vanjaar vir die eerste keer met twee feesdigters. Antjie Krog en Siphokazi Jonas deel vanjaar hierdie posisie van feesdigter.

Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees 2025 – Kaartjieverkope is oop!

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-07-14

Die kaartjieverkope vir die 25ste Toyota Stellenbosch Woordfees is nou oop en jy kan jou kaartjies aanlyn by Quicket koop of by die kaartjiekantoor by die Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch. Die gratis gedrukte feesgids is ook nou hier beskikbaar. Te danke aan Aramex kan jy nou die 2025 Toyota Stellenbosch Woordfees se sagtebandfeesgids gratis by jou huis laat aflewer. 

Top