Persverklaring: Inskrywings is oop – wen R30 000 met die Woordfeeskortverhaalkompetisie

  • 0

Prente: https://woordfees.co.za/en/news/entries-open-for-2026-woordfees-short-story-competition-you-might-win-r30-000/ en Canva

Dit is tyd vir die elfde kompetisie van die Stellenbosch Woordfees-kortverhaalbundel. 

Hierdie bundel het ’n literêre instelling geword en "dien as ’n soort jaarboek waarmee Afrikaanse skrywers iets van die spesifieke tydsgees weerspieël met elke oes kortverhale", sê Saartjie Botha, direkteur van die Stellenbosch Woordfees. 

Vorige wenners sluit in die bekroonde Lynthia julius, en die skrywers Michèle Meyer, Clari Niemand en Hendie Grobbelaar se wenverhale is elk tot Silwerskermfees-kortfilms verwerk. Tarina Jordaan het die 2025-kompetisie gewen.

"Aangesien ons tiende bundel in Oktober gepubliseer is, begin ons as’t ware ’n nuwe siklus met die 2026 Woordfeesbundel-wedstryd. In die afgelope dekade het ons 2 829 verhale beoordeel, waarvan 239 gepubliseer is. Ons het die bundel van krag tot krag sien gaan met inskrywings van hoogstaande gehalte. Met hierdie wedstryd wil ons alle skrywers opnuut aanmoedig om julle wonderlike verhale met ons te deel," sê Suzette Myburgh, sameroeper van die keurpaneel.

Die skrywer van die wenverhaal ontvang prysgeld van R30 000. Die res van die skrywers wat in die bundel opgeneem word, kry elkeen ook R5 000.

Skrywers wie se verhale vir die bundel gekies word, sal gedurende Julie 2026 in die media bekend gemaak word. Die wenverhaal sal tydens die bekendstelling van die bundel by die 26ste Stellenbosch Woordfees in 2026 aangekondig word.

Die bundel sal oudergewoonte die jaar se feestema as titel hê, maar die feestema sal eers in 2026 bekend gemaak word. Die kortverhaalskrywers wat aan die kompetisie deelneem, hoef egter hoegenaamd nie die feestema in ag te neem nie en kan skryf waaroor hulle wil. 

SLUITINGSDATUM: 1 April 2026 om 17:00 (nee, dis nie ’n Gekkedag-grappie nie).

Hier is die inskrywingsvorm om te voltooi.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top