Toyota Stellenbosch Woordfees
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Othello – an Instagram review
2024-10-01"All the cast deliver solid performances, with many playing dual roles effortlessly. The interweaving of languages is also used poetically throughout the performance and adds another layer to an already musical script."
Fotoblad: Langtafel vol lag en deel – Toyota Stellenbosch Woordfees 2024
2024-10-01"Meer as 450 mense het gekuier, gelag, stories gedeel en die wonderlike reënboognasie gevier. En natuurlik was die rugbyuitslae van Saterdagaand ’n goeie tonikum om die gemoedere nog ligter te hou!"
Persverklaring: WKOD vat hande met Proscenium en kunstefeeste
2024-09-30Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) het hande geneem met die Proscenium-dramakompetisie wat vanjaar vir hoërskoolleerders van graad 8 tot 12 aangebied is. Die departement brei die kompetisie uit met ’n projek wat drama-onderwysers se lewens in die klaskamer maklik en gerieflik sal maak. Gratis opvoerings van die dialoë, met die jong akteurs wat ook in die video’s gaan verskyn, word tydens die Toyota Stellenbosch Woordfees vanaf 30 September tot 2 Oktober by Hoër Meisieskool Bloemhof op die planke gebring.
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: American rhythms deur die Wynlande filharmoniese orkes – ’n resensie
2024-09-30"Die bekende opening van Gershwin se 'Rhapsody in blue' is meestal deur alle solospelers van die orkes netjies en in karakter behartig ... Die diversiteit van Wang se vermoëns is mooi ten toon gestel in hierdie dinamiese werk, waar die pianis ook uitstekend deur die orkes ondersteun is."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-persverklaring: Wenner van vanjaar se kortverhaalkompetisie
2024-09-30Emile Joubert is as algehele wenner van die 2024 Woordfeeskortverhaalkompetisie bekroon by die bekendstelling van die bundel in die Eikestad op 28 September. Emile, wat al voorheen in die bundel opgeneem is, wen R30 000 met die komplimente van EasyEquities vir sy plattelandse droomverhaal "Die berghaan het sy seer laat val".
Die koning se bruid by Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n resensie
2024-09-30"In hierdie pryswennerstudenteproduksie word verwagtinge op hul kop gekeer. Deur die loop van die kort toneelstuk wonder mens telkens hoe dit sal eindig. Elkeen van my raaiskote was verkeerd."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Schalk Joubert
2024-09-30"Die Kaap het ’n baie definitiewe en sterk jazzgeskiedenis, en ek is bly om te sien dat dit aanklank vind by ’n jonger geslag. Ons kan trots wees daarop en moet dit soveel as moontlik ondersteun."
Marie se laaste dag by Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n kort resensie van ’n kortfilm
2024-09-30"Hoe moeilik om ’n komedie te laat slaag in ’n land met soveel sensitiwiteite vir mekaar. Hoe vars en eerlik en bitter ongemaklik-snaaks is hierdie kleinverhaal. Mens kan dit ook gaan kyk net ter wille van Mandri Sutherland se hoofrolvertolking."
Persverklaring: Die NG Kerkargief is vanjaar vir die eerste keer deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees
2024-09-27Die NG Kerkargief is vanjaar vir die eerste keer deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees, wat van 28 September tot 6 Oktober in die Eikestad plaasvind. Ontdek verhale uit die verlede wat ons vandag nog raak: van vroue en kinders, kerkmanne en krygers, kos en kleingeld, kerkmusiek en volksliedjies, familieregisters en -briewe.
Press release: Toyota Stellenbosch Woordfees 2024 introduces new jazz venue and concert series "Jazz at the Konserve"
2024-09-27The vibrant rhythms of Cape jazz and the rich heritage of South African jazz will take centre-stage at the new “Jazz at the Konserve” concert series, set to be hosted at the stunning outdoor SU Konservatorium Amphitheatre during the 2024 Woordfees. This exciting new jazz venue will showcase award-winning talents from 2 to 4 October 2024, celebrating both established icons and emerging stars in South African jazz.
Persverklaring: Die Toyota Stellenbosch Woordfees-kunsveiling is nou oop
2024-09-27As jy nie by die Woordfees kan uitkom nie, kan jy steeds aanlyn bie of kuns kyk op die jaarlikse kunsuitstalling en -veiling van die fees, in samewerking met Strauss & Co. Werke van gevestigde en opkomende kunstenaars kan van 28 September tot 6 Oktober in die Stellenbosse stadsaal besigtig word. Teresa Lizamore is die kurator en bieërs kan aanlyn vanaf enige ligging bie. Die aanlyn veiling by straussart.co.za duur tot 7 Oktober 14:00.
Toyota Stellenbosch Woordfeeskortverhaalbundel 2024: ’n onderhoud met Michèle Meyer
2024-09-27"Die lewe is ’n storie. Mens moet net kyk en luister; dis daar. Ek sien en hoor stories wanneer ek in Checkers wag om te betaal, ’n koffie kry in Kauai, ’n papegaai by ’n troetelplaas dieselfde vreemde frase hoor herhaal. Soms is daar ’n enkele kyk op iemand se gesig wat ’n kortverhaal vertel."
Persverklaring: Strauss & Co-kunsuitstalling by Oude Leeskamer tydens Toyota Stellenbosch Woordfees 2024
2024-09-27Stellenbosch Toyota Woordfees is om die draai! Strauss & Co sal weer die Oude Leeskamer-ruimtes benut met ’n uitstalling wat hoogtepunte van hul komende eerste regstreekse virtuele veiling sal deel. Die uitstalling sal werke insluit van die opwindende internasionale veiling wat in Kaapstad sal plaasvind op 23 Oktober 2024. Die veiling sluit in, onder andere, gesogte werke deur Pablo Picasso, Auguste Renoir en Marc Chagall.
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Carla Smith
2024-09-26"As ek kan aanhou om diverse rolle te speel, met verskillende mense wat obsessief verlief is op hulle veld, sal ek gelukkig wees."
Toyota Stellenbosch Woordfees-persverklaring: Kaapse Koorakademie se ’n Kaapse fantasie
2024-09-26’n Kaapse fantasie by die Woordfees vier Afrikaans en sy variëteite se verhouding met Xhosa en Engels in ’n smorgasbord van klanke, denke en kulture wat ons as samelewing in ’n nuwe rigting van hoop en samehorigheid instuur.
Persverklaring: Sonografie: Grepe in roots en blues – WOMAD South Africa 2024 en Toyota Stellenbosch Woordfees 2024
2024-09-23WOMAD SA is trots daarop om vir die eerste keer saam met Toyota Stellenbosch Woordfees en die US-musiekdepartement ’n spesiale konsert met die titel Sonografie: Grepe in roots en blues aan te bied. In hierdie produksie vertel kunstenaars stories in en deur klank, aan die hand van instrumente, musikale idiome en die herinneringe wat hulle ontketen: uhadi, Khoe-klanke, onbegeleide stem en Mississippi blues.
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud oor American rhythms
2024-09-23"Dit is wel belangrik dat mens onthou dat 'Amerika' meer is as net die VSA. Ons speel dus onder andere ’n wonderlike stuk musiek van die Meksikaanse komponis ... Arturo Márquez, Danzón Nr 2. Márquez probeer die kultuurerfenis van Meksiko na die wêreldverhoog bring deur middel van sy lewendige musiek."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud oor Marie se laaste dag
2024-09-23"Met moontlik sensitiewe materiaal, al is dit ’n komedie, sal ek ook nooit doelbewus skok nie. Die skokfaktor is oud en goedkoop. Daar’s slimmer maniere om stories te vertel."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Jaco van der Merwe
2024-09-19"Worldplay is een van my gunstelingprojekte. Dis basies soos ’n game show, waarin ’n handvol digters en ’n handvol musikante beurte maak om saam te improviseer. Dis amper soos Spin the bottle: ’n Digter en ’n musikant se name word getrek en dan moet hulle saam op die verhoog ’n stuk opvoer. Die collaborations is 100% unrehearsed en spontaan."
Lara Foot’s Othello at the Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Dhania Kara Schultz’s review
2024-09-17"This multilayered representation of a timeline of colonisation and attempts at decolonisation make for a complex, nuanced production, subverting many of Shakespeare’s prevalent themes and bringing Othello firmly into the political landscape of the 21st century, despite its 1900s setting."
