
Die wenners van die 2024 Woordtrofees is op 28 Oktober tydens ’n toekenningsgeleentheid by die Nooitgedacht-wynlandgoed bekroon. Die wenners het elkeen ’n oorkonde en ’n bedrag geld ontvang.
Gillian Mitchell was die sameroeper van die Woordtrofees-beoordelaarspaneel, wat bestaan het uit Barbara Loots, Geoffrey Hyland, Ephraim Gordon, Herman van der Westhuizen, Gustav Franszen, Elsa Ward, Tersia Harley, Felicia Lesch, Bianca Flanders, Wendy Joy Crowley, Wayne Muller, Naudé van der Merwe, Lauren Dasappa, Mannie Manim, Elana-Marié Snyman, André Terblanché, Mmatumisang Motsisi, Corné Venter, Saartjie Botha, Cornelia Faasen, Astrid de Vos en Marida Swanepoel.
“Vanjaar se Woordfees-program het feesgangers van ’n merkwaardige rits aanbiedings voorsien,” sê Mitchell. “Die uitvoerende kunste het met groot entoesiasme kom saamspeel – van intieme vertonings in klein ruimtes tot dreunende skares in die buitelug.
“Die Woordtrofees-paneel bedank almal wat tot die Woordfees bygedra het. Dit is, soos altyd, ons voorreg om julle werk te beleef. Baie geluk aan al die benoemdes en pryswenners.”
Benewens die topboekverkopers by die EasyEquities Skrywersfees in die genres fiksie, poësie, niefiksie en leefstyl, is ’n aantal spesiale pryse toegeken, onder andere die nuwe Martie Retief Meiring-toekenning, die In verbondenheid-toekenning asook die WOW-trofees vir skool en opvoeder van die jaar.
Die wenners is:
-
Boekwenners
Topverkoper: Niefiksie
Hoe ek dit onthou – Francois van Coke en Annie Klopper
Topverkoper: Leefstyl
Skepselkos – Isabella Niehaus en Louis Jansen van Vuuren
Topverkoper: Poësie
Ek en jy bestaan nie – Danie Marais
Topverkoper: Fiksie en algeheel
Speel – Stellenbosch Woordfees-kortverhaalbundel
-
Klassieke musiek
Beste prestasie: Klassieke musiek – Vokaal
Opera-gunstelinge
Beste prestasie: Klassieke musiek – Instrumentaal
Charl du Plessis-trio: Rhapsody in blue

Opera-gunstelinge – Beste prestasie: Klassieke musiek – Vokaal (Foto: Mark Cloete)

Charl du Plessis-trio: Rhapsody in blue – Beste prestasie: Kontemporêre musiek – Solo/duo (Foto: Mark Cloete)
-
Kontemporêre musiek
Beste prestasie: Kontemporêre musiek – Solo/duo
Amanda Strydom (Amanda Strydom: The Incredible Journey of Tinkerbell van Tonder)
Beste prestasie: Kontemporêre musiek – Groep/ensemble
Kaapse kabaret

Kaapse kabaret – Beste prestasie: Kontemporêre musiek – Groep/ensemble (Foto: AB Jantjies)
-
Dans
Beste prestasie: Dans
Exit/Exist

Exit/Exist – Beste prestasie: Dans (Foto: Gys Loubser)
-
Opkomend
Beste opkomende kunstenaar
Miché van Wyk (Toneel)

Miché van Wyk – Beste opkomende kunstenaar (Foto: Jeremeo Le Cordeur)
-
Spesiale toekennings
Martie Retief Meiring-toekenning
Hedda Gabler
Met die Martie Retief Meiring-toekenning wil die Toyota Stellenbosch Woordfees die legendariese joernalis na wie die prys genoem is, huldig vir haar reusebydrae tot die kunstefeesomgewing. Die prys vereer ’n kunstenaar of produksie wat werk lewer wat Martie se waardes en beginsels vergestalt.
“Martie was dapper, konfronterend, ambisieus, vernuwend, innoverend, uitdagend, plesierig – in kort erken die prys die soort werk wat die Woordfees wil aanbied en wat gehore opgewonde maak en aan die praat sit,” het Saartjie Botha, Woordfees-direkteur, gesê.

Hedda Gabler – Martie Retief Meiring-toekenning (Foto: Llewellyn de Wet)
In verbondenheid-toekenning
Rudolf Gouws
Die Toyota Stellenbosch Woordfees gee met die In verbondenheid-toekenning erkenning aan rolspelers wat in die kunste oor grense, onvermoeid en dikwels vir min of geen vergoeding, werk om groter sosiale kohesie te bewerkstellig.
Beste prestasie in kunsjoernalistiek (INK-feeskoerant):
Nadine Petrick
Feesheld
Marchelle van Zyl
- WOW-trofees
Die WOW-trofees vereer ’n opvoeder en ’n skool wat lewenskragtige bydraes tot dié bemagtigingsinisiatief (Woorde open Wêrelde) lewer en uitsonderlike prestasies oplewer.
WOW-opvoeder van die jaar
Mary Bergh (Parkdene Primêr, Kraaifontein, Wes-Kaap)
WOW-skool van die jaar
PC Petersen Primêre Skool (Kylemore, Wes-Kaap)
-
Toneel
Beste speler (vroulik)
Antoinette Kellermann (Die stoele)
Beste speler (manlik)
Albert Pretorius (Othello)
Beste byspeler (vroulik)
Carla Smith (Speelgoed van glas)

Carla Smith – Beste byspeler (vroulik) in Speelgoed van glas (Foto: Gys Loubser)
Beste byspeler (manlik)
Mark Elderkin (Speelgoed van glas)

Mark Elderkin – Beste byspeler (manlik) in Speelgoed van glas (Foto: Gys Loubser)
Beste regisseur
Nico Scheepers (Speelgoed van glas)
Beste oorspronklike Suid-Afrikaanse teks
Isidlamlilo / The fire eater (Neil Coppen, Mpume Mthombeni)
Beste prestasie: Tegnies en ontwerp
Tina le Roux (Isidlamlilo / The fire eater) – beligting
Beste prestasie: Kinderteater
Pampoenpit se groen gevoel
Beste prestasie: Solo
Mpume Mthombeni (Isidlamlilo / The fire eater)

Mpume Mthombeni – Beste prestasie: Solo in Isidlamlilo / The fire eater (Foto: Natalie Gabriels)
Beste prestasie: Duo
Wessel Pretorius en David Viviers (’n Lewe in die dag van ’n vrugtevlieg, ensomeer: Die ongewerwelde-trilogie)

Wessel Pretorius en David Viviers – Beste prestasie: Duo in ’n Lewe in die dag van ’n vrugtevlieg, ensomeer: Die ongewerwelde-trilogie (Foto: Gys Loubser)
Beste ensemble
Kruispad of die legende van die goue vis

Kruispad of die legende van die goue vis – Beste ensemble (Foto: Jeremeo Le Cordeur)
Beste toneelstuk
Speelgoed van glas

Speelgoed van glas – Beste toneelstuk (Foto: Gys Loubser)
Weer eens baie geluk aan al die benoemdes en pryswenners. Dankie vir julle goeie sportmanskap.

