
Chris van Niekerk en Antoinette Kellerman in Die stoele (Foto via www.woordfees.co.za)
Ek is nie 100% seker wat in Die stoele gebeur het nie. En dink ook nie regtig ek is veronderstel om die weet nie. Om eerlik te wees, glo ek daar is oneindigende interpretasies (ek het reeds ’n paar gehoor), en nie een van hulle is verkeerd nie. Dit is die wonder van surrealisme. Hierdie teks, deur Eugène Ionesco, is hoogs metaforiese, diep en propvol betekenis. En tog kan elke gehoorlid wegloop met hul eie, persoonlike boodskap. Dit gee mens heelwat om oor te dink.
Dit is ’n waagstuk – met meesterlike optredes deur Antoinette Kellerman en Chris van Niekerk en regie deur Marthinus Basson. En die sukses van die stuk wys dat dit die moeite werd is om kanse te neem in kuns.
’n Ou man en sy vrou lewe in ’n vuurtoring op ’n eiland. Dit is ’n postapokaliptiese wêreld waarin Pretoria nie meer bestaan nie. Elke aand is dieselfde. Hy staar na die son soos dit ondergaan en op die water weerkaats; sy vra hom om sy lewensverhaal te vertel; hulle bespreek sy talente, potensiaal en ambisie (of gebrek daaraan).
Maar vanaand is anders.
Vanaand het hy gaste genooi – amptenare, geleerdes, politieke leiers – die lys is lank – om sy lewensfilosofie aan te hoor. En ’n spreker, omdat hy self sukkel om homself uit te druk. En ons wag in spanning om te sien wie opdaag. Na my mening is die hoofvraag van die stuk: Wat is die doel? Maak dit enigsins ’n verskil of ons ons talente gebruik, ambisieus is, ons mening met mense deel, of net die lewe lank by ’n venster uitstaar? Of is daar net ’n ouditorium vol stoele wat ons lewens dophou? Ek sal nog lank hieroor wonder.
Lees ook:
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Vier Panado’s en ’n chardonnay – ’n Instagram-resensie
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: The return of Elvis du Pisani – an Instagram review
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n Begin – ’n Instagram-resensie
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: The king of broken things – an Instagram review
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Exit/Exist – an Instagram review
Hollywood at Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Glitz, glam and razzle-dazzle – an Instagram review
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Othello – an Instagram review