Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Op die hoek van Styx en River is Nora per abuis met die dood oorgeslaan – ’n Instagram-resensie

  • 0

David Viviers en Sandra Prinsloo in Op die hoek van Styx en River is Nora per abuis met die dood oorgeslaan. Foto via woordfees.co.za

Ek het geen idee gehad wat om te verwag van Op die hoek van Styx en River is Nora per abuis met die dood oorgeslaan nie. Die beskrywing het my nuuskierig gemaak: Is dit ’n outydse allegoriese stuk? Abstrakte teater aangepas vir ’n moderne gehoor? Dit is definitief ’n interessante stuk. Die konsep self het soveel potensiaal: ’n reis na die hiernamaals waartydens Nora se lewe deur verskeie karakters gemeet en beoordeel word. En sy moet ook vir haarself besluit wat haar lewe werklik werd was.

Dit is die soort stuk waaroor sommige mense mal gaan wees, terwyl ander dit gaan haat. Die teks is baie netjies – alles word mooi teen die einde opgelos en elke vraag word beantwoord. Ek sou dit graag ’n bietjie vroeër met ’n oop einde gelaat het. Die speelstyl is redelik groot en gestileerd en die komedie het soms gedwonge gevoel. Ek dink dat ’n sterker keuse om die hele stuk heeltemal abstrak te maak ’n sterker impak sou hê – en die teer, emosionele oomblikke sou dan meer uitstaan.

Sandra Prinsloo en David Viviers het wel uitgeblink in hul spel. Hulle het met oorgawe die styl omarm en het die teks opgehef met hul optredes. Viviers het sy tegniese talente ten toon gestel deur vele karakters met gemak te vertolk. Prinsloo se emosionele konneksie met die rol en eerlikheid het ’n traan na my oog gebring in die finale tonele. Daar was wonderlike oomblikke van begin tot einde, en die gehoor het baie gelag. My advies: Gaan kyk gerus en oordeel self.

Lees ook:

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n Begin – ’n Instagram-resensie

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: The king of broken things – an Instagram review

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Exit/Exist – an Instagram review

Hollywood at Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Glitz, glam and razzle-dazzle – an Instagram review

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Othello – an Instagram review

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top