Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: ʼn indruk van Boklied – wat betieken "nie-verstaanbaar"?

  • 1

Foto: Nardus Engelbrecht (woordfees.co.za)

 

Nouja. Hier’s ons weer. En presies op tyd. (Maker in Boklied)

Boklied is Breyten Breytenbach (1939–2024) se debut-toneelstuk. Dit was virrie eeste kee opgevoer by die KKNK in 1998. Volgens official reports was Boklied, en soe oek Breytenbach, gevolg deu ʼn mob van pitchfork en petrol bomb reviews. 27 jaa late bring Marthinus Basson, wat oek die regie vannie produksie in ’98 gedoen et, die “opspraakwekkende” drama wee eens oppie planke by Toyota Stellenbosch Woordfees 2025.

Boklied is verdeel in drie bedrywe wat elk ampe ʼn uur lank is. Toe ekkit late an Ryan Pedro vertel, maak hy ʼn joke deu daai lengte van tyd metafories te koppel an ʼn wiskunde-vraestel. Ek stem saam met my poetry-getye. Boklied lattie net jou sitvlak brant in daai plêstiekstoele nie; dit wil oek appear asof Breytenbach se teks voo’af ge-study moet wôt, ten einde die somme van “sin maak” te kan oplos. Ennie gehoo tienwoordag op 11 Oktober 2025, ampe 10 maande na Breytenbach se sterfte, het sonne luigyt verkondag dat hulle deurie 160 bladsye Boklied-teks gewêk het.

Maa byrie smoking corner tussen bedrywe en na die show innie Woordfees-shuttle, wassit ʼn anne storie. Die eeste indrukke was dattie stuk “nie-verstaanbaar” was. Selfs al was daa deurnag mettie teks. Ek kon nie die teks innie hanne kry nie, maa het nonetheless ge-study voo die toets. Om te prepare het ek gelies deu die 1998 reviews. Wat ek gelee het, was dat daa is wel, in 2025, ʼn sigbare volwassenhyt in hoe gehore met naaktyt en seks oppie stage omgan. Maa die doring van “verstaanbaarheid”, offie lack daa’van, stiek nog steeds 27 jaa late innie vlees. Sieke die mees baie-praat-niks-sê-review wat ek die week gehoo het, is Boklied se “ongemoeidheid met sin maak”. Dat Boklied nie verstaan wil wôttie.

Dit gan mos maa soe as jy oorie vraestel praat na die toets; ek het begin wonne of my understanding vannie play dalk verkeet was. Want die toets, die opvoering van Boklied, was an vi my soes algemene kennis. Of dalk het dit iets te doen met daai stank van angebrande rys wat allie karakters in Boklied kan ryk, maa wat nettie swart karakters hulle an steur om op te bring.

Honestly, nomme: Asse man further gan lies oorie heavy influence wattie ou Griekse en Egiptiese mitologie ytoefen op Boklied, verstaan ek hoekom mense sou kerm vi toegang tottie dieper lae van betiekenis. Breytenbach: gaslight, gatekeep, girlboss!

Maa byte die theatron van Dionysus, boekantie grafte van dooie farao’s en oek nou 27 jaa late wannee die audience bewus is van dié verwysings, en die disproporsie van mag tussen whiteness en blackness elke dag nog gewelddadiglik ytbrei, kom verstaanbaarryt net as jy ee’lik kan praat oo jou eie ervaringe gedurende die 220 minute van Boklied.

........
In layman’s terms is Boklied ʼn groep toneelspelers wat bymekaa’kô om te wed wie van hulle as sondebok geoffe gan wôt. Dit kom voo asof elke karakter bewus is vannie liggaamlike offe. En in meta-fashion is daa oekie wete dat hulle toneelspelers is in ʼn toneelstuk.
........

In layman’s terms is Boklied ʼn groep toneelspelers wat bymekaa’kô om te wed wie van hulle as sondebok geoffe gan wôt. Dit kom voo asof elke karakter bewus is vannie liggaamlike offe. En in meta-fashion is daa oekie wete dat hulle toneelspelers is in ʼn toneelstuk. Daa is moontlik iets apocalyptic tienie agtegront vannie samekoms, maa Boklied definieer dittie explicitly nie.

Die hele play wôt ge-narrate deu Maker. Hy noem homself die “skrywer” ennie “dramaturg” van Boklied. Basically is hy die laanie. De Klerk Oelofse lewer Maker se lyne met ʼn siniese giggel tussen sy sinne. Wannee hy die grens tussen stage en audience betrie, voel et hy kan jou maklik gryp yt jou stoel yt. Ek wil sê daa is ʼn gemaklikhyt, maa voel geloofwaardigheid verwoot dit biete. Want Maker het daai selle geloofwaadaggyt in sy dramastuk, in sy skepping. As ons Ritsos (Keagon Cochrane) se woort vat dat “die literatuur [...] ʼn wonderlike moederland [is]”, dan moet die toneelstuk Maker se lant wies. Hy’s al een mettie mag en behee oo hoe dinge moet wies. Soe hy sal sieke nooit as sondebok gemerk wôt nie. Of soe dink hy. Maker priek dattie sondebok-verkiesing demokraties is. Maa late assie altaar sy naam roek, doen Maker presies wat hy die anne karakters oorie vinges voo geslaan et; hy soek geregtaggyt.

Foto: Nardus Engelbrecht (woordfees.co.za)

Die doot hang dig annie karakters se lippe. Die agtedoek vannie stage is ʼn collage met portraits van dooie digters. Basson plaas oek stoele oppie stage, elkeen met die naam van ʼn dooie daa’op geskryf. Ôs ontmoet vi Ritsos met ʼn gewillaggyt om homself annie doot oo te gie. Maker, innie gemak van sy siekerhyt, filosofeer oo die doot, terwyl Tereus (David Viviers) dit romanticise. Maa Isis (Ntombi Makhutshi) het ʼn intieme verhouding mettie doot. Makhutshi approach die karakter van Isis met ʼn stil liggaam wat sonne twyfel die gewig van die vertoning dra. Sy dra ʼn Isiyaca (oek bekent as Ingqosha), ’n beaded necklace. Haa outfit is regal, maa oek elaborate soes Boklied verkies. ʼn Doek coil oo haa hare en donker brille stiek ʼn blou oeg weg. Makhutshi se keuse om as Isis haa liggaam slightly vorentoe en ampe gebuk te posture; haa bewegings te minimaliseer; stadig en calculated te praat, help die gehoo vestaan dat sy die liewe ennie doot goet ken. Tydens haa groot monoloog bewêk Basson dit soe dat Isis ʼn lied sing geskryf deu ʼn man bevry yt slavery, Wallace Willis. Daa is die hunkering in Boklied, of dalk net in my, om die voo’drag van Isis op te som assie Moeder Afrika-figuur. Die figuur vannie swat vrou wat sôg en gie. Daa is ʼn colonial en patriarchal stank an die low blow opname wat Isis kliphart tien baklei met elke spreekbeurt. Makhutshi vat behee oo een en elk van dai oomblikke met impeccable comedic timing en, assie bedryf daa’voo vra, ʼn klaaglied wat net genoeg treur.

.......
Basson gebryk die mag van space as ʼn visuele ytbeelding van disassociation.
.......

Mettie karakter van Madonna (Hannah Borthwick) is daa oek character tropes wat Basson yt put en, innie selle asem, tien wêk. Soes haa naam voo’stel, is daa ʼn bybelse familiarity waaʼmee die audience haa kan ontvang. Sy gie self late geboorte annie redder wattie toneelspelers se liewens spaar. Daa is oek ʼn stêk konneksie met Madonna assie simbool van Europiese beauty standards. Breytenbach se inspirasie vi Madonna se outfit is clear as jy dink an Marilyn Monroe ennie akteurs vannie Old Hollywood-era. Die Monroe archetype is vannie get-go af in kontras mettie patriarchy van witheid. Waa Maker gerealiseer wôt as mee van ʼn argaïese personifikasie van witheid, is daa iets an Borthwick se karakter wat bevryding soek van dit. Breytenbach eksperimenteer vrylik binne die verveellage binaries van gender. Daa’s ʼn anhoudende bespiegeling oo Madonna se purity as goddelike gedaante, maa oek as wit vrou en Afrikaner. Dit is hoekal Madonna se on-stage-kopulasie met Farenj (Wian Taljaard) wattie 1998 audience soe warmbloedag gehattit. Madonna we witheid is sentraal, self in haa placement oppie stage vêr vannie anner. Basson gebryk die mag van space as ʼn visuele ytbeelding van disassociation. Hy weaponise oek space deu Maker te plaas op een van dai hoë stoele wat lifeguards op sit. Die dislocation van Madonna hou spasie vi haa white privilege en haa angenome innocence. Die anne karakters is besorgt oo haa veilaggyt byte die teater. Ek let veral op hoe sy al karakter is mettie keuse om oblivious te wies. Sy steur haa nie an Ritsos ennie res se politiek nie.

Foto: Nardus Engelbrecht (woordfees.co.za)

As audience member wiet ek my ervaring van Boklied was oek ʼn wilde gegryp van hanne op soek na clarity. Breytenbach se intensie is om ôs deel te maak vannie play. Asof ôs oek skuldag is an wat oek al daa gebeu oppie stage as blaai. As lant. Beide Maker, soes voo’heen genoem, en Jurgen McEwan se karakter doen die meta-wêk van blaam omlei. Breytenbach laat hulle die blaam plaas oppie skote van dié wat R350 kon betaal. McEwan se karakter hettie rêrag ʼn naam wat ek kan onthou nie, maa êrens wôt hy ʼn “grootbek” genoem. Grootbek issie die embodiment vannie gehoo nie, hy is maa net een van ôs. Dink Regina Hall se heckler-karakter in Scary Movie (2000). Toe ôs voorie show innie lyn staan om in te gan, was McEwan oek innie lyn soes rêrag. Hy onne’hou daai selle toewyding en pligsgetrouhyt deurie hele play.

........
Die gehoo vint hulself baklei tien maklike assosiasies gemaak based on stereotypes vannie liggame voo hulle. Of hulle nou kaal is, of nie. Want is dit nie wat ôs breine doen om betekenis te vint yttie sinnelose nie? Dit maak konneksies met wat familiar is. En om te baklei met wat bekent is en normaal gemaak is, is seer wêk.
........

Grootbek, Adam en Isis verwys na die wit karakters as “Meneer”, “Oubaas” en “Mêddim”. Natuu’lik funksioneer die hiërargiese titels as satire, of soes slim mense Boklied beskryf, as ʼn parody vannie Suid-Afrikaanse sameliewing. Dit was sieke oekie bedoeling 27 jaa geliede. En vedag móét sulke archaic adres-titels vi wit wêkgiewers mos al krag verloo het? Ek kannie help om te dink an Mevrou Loubser nie. In 2010 het my ma in Mevrou se hys gan tjar. Ek was graat tien. Na vie jaa, toe Mevrou my kô visit by Dagbreek Manskoshys, het sy my gevra om, soes haa kinnes an my ma, vi haa oek op haa naam te noem. Ek sukkel nou nog om dit te doen. Die hele 220 minute kry Breytenbach en Basson dit reg om op ytspattage en direkte maniere, maa oek very subtly die Open Window Film Studio-saal te veranner in ʼn oologsvelt van gevoelens en biases. Die gehoo vint hulself baklei tien maklike assosiasies gemaak based on stereotypes vannie liggame voo hulle. Of hulle nou kaal is, of nie. Want is dit nie wat ôs breine doen om betekenis te vint yttie sinnelose nie? Dit maak konneksies met wat familiar is. En om te baklei met wat bekent is en normaal gemaak is, is seer wêk.

Ritsos noem iets wat vir ewig by my sal bly. Hy verwys na homself as ʼn “voetnota” vannie geskiedenis. Die rituele opvoering het in 1998, toe ek vie jaa out was, vi die audience dieselle ding gevra wat dit in 2025 van my vereis: my persoonlike memories. En oek my access tottie swart liggaam se kollektiewe bestaansgeskiedenis. Mens kan sê Breytenbach wou my naak sien. Soes hy doen met Ritsos: die kaal man oppie stage. Die kaal kallet man oppie stage. Die kaal kallet digter oppie stage. Cochrane trek sy swart cloak yt om sy naak liggaam bloot te stel. Sy liggaam is gepoeier of geverf, wat oek al, sy liggaam is wit verkleur. Basson laat Ritsos ees rontloop met ʼn groot plêstiekfallus om sy waist. As Boklied nie sin maak nie, of wil sin maak nie, dan is Ritsos maa net ʼn bra met ʼn exaggerated kunspenis. Assit net sin maak binne die fallus se geskiedenis as ’n prop vannie ou Griekse komedie, dan is Ritsos net die grap. En die historiese tienwoordaggyt van kallet karakters in Afrikaanse literatuur funksioneer as scaffolding vi die komedietegniek. Voo kallets gangsters was, was hulle ees die jolly ennie happy-go-lucky. Die funny dronk uncle en die grapjas vannie plaas. Wannee Isis die fallus van Ritsos se liggaam afhaal, is hy totaal naak virrie res vannie play. Die realityt is dat Basson dittie doen om humorous te wiesie. My eeste indruk wassie comedy nie, maa vulnerability. Cochrane portray vi Ritsos met daai vurige dringentyt en passie wat activism verg. Daai’s by kere oek ʼn kwesbaarryt wat skil vanaf Ritsos se dialoog. Dit is ʼn kwesbaarryt, ʼn tipe kaalmaak wat mens goet ken. Soes Ritsos wat binne die incipit minute van Boklied alles blootstel, wôt dieselle vereis van swart skrywers ten einde toegang te kry tot spasies soes Boklied. Ek doen dit, byvoorbeelt, nou selfs in die review.

Oppie Toyota Stellenbosch Woordfees-website wôttie twiede bedryf van Boklied beskryf as ʼn verwerking van Aristophanes se storie, “Die voëls”. Virrie toets het ek nie die storie gelies nie. Maa oppie stage voo my appear Tereus yt ʼn swat kis. Hy het veranner in ʼn voël. Viviers speel die karakter met ʼn naivety wat Tereus sag lat lant innie audience se harte. Dit lyk asof lang vere van yttie toppe van sy vingers groei. Ritsos, nog steeds kaal, en Isis, wat nog steeds iets wegstiek agte haa swat brille, vra vi Tereus om hulle te lei na ʼn nuwe lant. Is maklik om die bedryf te sien as separate vannie res vannie play. Die absurdity van Boklied support die indruk dattie akteurs hie anne karakters speel. Nuwe karakters divorced from Tereus, Ritsos en Isis wat ôs lee ken het innie eeste bedryf. Innie “Voël”-bedryf soek die revolutionary swat karakters dan nou ʼn nuwe lant sonne demokrasie en TRC hearings. Die nuwe onbekende Ritsos wys nou ʼn ytspattage disdain tienie possible coexistence mettie “swartes in Soweto”. Om Isis en Ritsos hie as apart te sien van hulle waardes innie anne bedrywe, ontneem Boklied van komplekse, menslike karakters. Kallet identity se roots, byvoorbeelt, lê nog steeds in anti-blackness. Ek moet oek net noem dat kallet identity yt mee bestaan as nettie vrugte van koloniale rhetoric en aparttytwetgewing. Maa die stank van hoe baie van ôs grootouers en ouers gestemmit in 1994 sit nog vas an ôs velle. Ritsos se portrayal innie twiede bedryf kan nie geskei wort van dittie. Isis en Ritsos se proximity tot privilege en hulle toegang as digters en toneelspelers tot witheid (Boklied), moetie ligtelik opgeniem wôt nie.

Foto: Nardus Engelbrecht (woordfees.co.za)

Ek het die Open Window Film Studio-saal binnegestap mettie expectation dat Boklied meestal kommentaar gan lewer oo aparttyt ennie “oorgangsperiode”. En albei hierrie is met dik garing geweef deurie play. Maa ek het oek tog die hoop gehat dat Basson sal raak an hoe die “uitmekaarval en die vrotword van tyd” vedag manifesteer. Die live-streamed volksmoort van Palestinians annie hanne van Isreal. Die daaglikse vermoor van swat liggame in Sudan, innie Congo, in Smartie Town en orals, regoor’ie wêrelt. Ek het tienie einde van Boklied besef, tydens Adam se coup van Maker se posisie, dat Breytenbach nie net vi ôs ʼn ritueel wys nie, maa oek dat alles cyclical is. Gewelt is ront in sy anhoudenhyt. Die looming crisis byte die speelvlak is moontlik hongesnoot, of burgeroolog, of die apocalypse. Boklied gie geen dydelike beskrywing daa’van nie. Ôs wiet net dis tienie agtegront en dat dit genormaliseer is binne die play. Maa nes die stank van angebrande rys, is dit wee eens net siekere karakters wat enige mention maak van die unnamed crisis. Ritsos probee praat daa’oo, maa niemant vat hom kop toe nie. Niemant hoo sy pleit nie en niemant steur hulle daa’an dat hy kaal issie. Ek wiet hoe daai naakte bra voel. Daa’s ʼn absurde gekkaggyt om heeltyt te baklei tien en vi eeue te skrie oo dinge wat vekeert is. Maa niks veranner nie. Die siklus van gewelt hou net an. Die ding hier issie die afwesaggyt van trouble nie, maa die alomtienwoordaggyt daa’van. Breytenbach wys hoe maklik dinge genormaliseer wort.

.......
Ek het tienie einde van Boklied besef, tydens Adam se coup van Maker se posisie, dat Breytenbach nie net vi ôs ʼn ritueel wys nie, maa oek dat alles cyclical is. Gewelt is ront in sy anhoudenhyt. Die looming crisis byte die speelvlak is moontlik hongesnoot, of burgeroolog, of die apocalypse.
.......

Met Ritsos se ontbloting, Madonna en Farenj se kopulasie, vra Breytenbach waa is jou aandag? Die 1998 audience hettie toets geslaag. Hulle was honest oo waa hulle aandag was. Hulle het weggekyk en beslyt om nie te lyste wat yt Ritsos en Isis se monne kommie. Hulle het liewes hul rage gefokus op Madonna en Farenj se seksuele aktiwityte. Daa was ’n wegkyk en ’n bewustelike beslyt van “onverstaanbaarheid” in pre-1994, in 1998 en nog steeds vedag in 2025 wannee allie evidence kreun op ôs phone screens.

En eendag sal ek gan na my mammie se hophysie innie lug
twie taxi’s vat Wellington toe
om vi Breyten presies te sê
wat ek rerag dink van Boklied.

Lees ook:

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Boklied, 30 jaar later – ’n onderhoud met Marthinus Basson

Suidoosterfees 2025: Verwelkingslied – ’n onderhoud met Antoinette Kellermann

Breyten Breytenbach – aanhou beweeg en geraas maak ...

Herinneringe aan my oom Breyten

My pad met Breyten – op die taalspoor

Gesprekskuns: Breytenbach se blywende, lewende nalatenskap

 

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top