
Die Engelse beskrywing op die Woordfees se webruimte eindig met: “Don’t be shocked if you understand everything. Because it is disturbing.”
Willem Mulder se resensie bestaan egter uit bitter min woorde: “Ek het Vrydagaand na Ek is nie Danie gaan kyk by die Spier. Wat ’n ongelooflike ervaring.”
In die gees van “Show don’t tell” gee hy LitNet se lesers ’n visuele belewenis van ’n ouditiewe kragtoer.
Maak koffie. Of jy da’ was, of nie da’nie, geniet Willem se foto’s.
Onder sy foto’s volg meer inligting.



















Meer oor die stuk, aldus die Woordfees se webruimte:
In dié eenmanstuk, geweef rondom ’n keur uit Danie Marais se vier digbundels, trek Albert Pretorius die skrapnel van ’n vreesaanjaende gewone lewe skerf vir skerf uit mislukte huwelike in die buitenste ruimte van Duitsland en die bevoorregte gemors van middelklas-Suid-Afrika. ’n Storie oor ouerskap en die soeke na behoort en sin maak van ’n verlede wat die hede wurg deur ’n wit ou wat saam met sy dogter en ’n progressiewe wêreld net een ding vir Kersfees wil hê: “Om nie meer altyd te moet weet hoe ’n middeljarige wit man voel oor alles nie.”
- Met Albert Pretorius, Schalk Joubert
- Regisseur Nico Scheepers
- Skrywer Danie Marais
- Musiekregisseur Schalk Joubert
- Konsep en produksie Niel van Deventer
- ’n Toyota Stellenbosch Woordfees-produksie
Lees ook:
Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Liefde, Lafras – ’n resensie

