LitNet Akademies (Regte)
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van ’n juridiese aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Regte) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Regte-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
- LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word, en R6 000 per nuwe gekeurde vonnisbespreking of aantekening.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
![]() |
Regte-redakteur Johan Scott E-pos: johan.scott@up.ac.za Bioskets |
Alternatiewe benaderings ten opsigte van feitelike kousaliteit in die deliktereg
2013-10-15 "In hierdie artikel word van ’n vergelykende regsperspektief gebruik gemaak ten einde alternatiewe benaderings tot feitelike kousaliteit in ter sake probleemgevalle krities te evalueer."Vonnisbespreking: Hoe om ’n komparant se brouwerk reg te maak
2013-10-01 In hierdie vonnisbespreking word die verskeie moontlikhede om ’n komparant (aktevervaardiger) of aktekantoor se registrasiefoute reg te stel, onder die loep geneem.Depressie en die wêreld van werk – ’n arbeidsregtelike perspektief
2013-09-25 "Hierdie navorsing dui daarop dat die Suid-Afrikaanse statute en instrumente gebrekkig is wat betref die mate van beskerming wat dit aan sowel werknemers met depressie as hul werkgewers verleen."Die tergende toekoms van provokasie as verweer in die Suid-Afrikaanse strafreg
2013-06-25 "Die omstrede S v Eadie-uitspraak van 2002 het die toekoms van provokasie as verweer in Suid-Afrika dermate in gedrang gebring dat sommige tans glo dat dit geheel en al afgeskaf is."Aantekening: Die plek en gesag van internasionale reg in die Suid-Afrikaanse plaaslike reg, met verwysing na die Glenister-uitspraak
2013-05-28 "Die verpligtinge wat Suid-Afrika ingevolge internasionale verdrae opdoen, veral wanneer dit aan die hand van die Grondwet uitgelê word, neem in sowel getal as omvang toe. Plaaslike howe is daarom dikwels genoodsaak om die plek en gesag van internasionale reg in die Suid-Afrikaanse nasionale reg te oorweeg."Aantekening: Weerlegging van die vermoede van vaderskap en die beskerming van “beoogde” gesinslewe binne konteks van die ongetroude biologiese vader se reg op kontak met sy kind
2013-05-08 "In die lig van die besondere feite van die sake onder bespreking word die regsposisie in Suid-Afrika wat die betwisting en erkenning van vaderskap betref, ook onder die loep geneem en met Europese tendense vergelyk."Vonnisbespreking: Rasionaliteit – die president se eie administratiefreg?
2013-04-30 "Dit is duidelik dat die howe besig is om ’n parallelle administratiefreg vir die president te ontwikkel. Dit is ’n proses wat sy loop neem soos wat howe die een na die ander geval oorweeg waarin optrede van die president ter sprake is."Vonnisbespreking: Steeds meningsverskil oor die deliktuele-nalatigheid-toets vir onderwysers
2013-04-17 "Selfs vandag nog bestaan daar in die hoogste hof van appèl nie eenstemmigheid oor die formulering (en selfs toepassing) van die deliktuele-nalatigheid-toets vir onderwysers nie."Vonnisbespreking: Aanspreeklikheid van die staat vir tuberkulose in die gevangenis
2013-04-10 "’n Toepassing van die geykte but for-toets, selfs in sy soepele gedaante, kan in bepaalde gevalle (soos in Fairchild, die Romeinsregtelike slaaf en die drie jagters) daartoe lei dat aanspreeklikheid ontken word weens die afwesigheid van ’n feitelike kousale verband omdat dit meer waarskynlik is dat die verweerder(s) nie die gewraakte gevolg veroorsaak het nie as omgekeerd."Die reg se oënskynlike onvermoë om korrupsie in staatskontraktering in Suid-Afrika hok te slaan
2013-03-29"Die doel met hierdie artikel is om te fokus op die regsreëls wat spesifiek gemik is daarop om korrupsie in staatskontraktering te beveg en deur ’n ontleding van daardie reëls probleme te identifiseer wat sodanige oogmerk ondermyn."
Aantekening: Om globale omgewingsreg en -regulering in die antroposeen te herbedink
2013-03-21Die woord antroposeen beskryf ... ook die nuwe konteks waarin ons voortaan sal moet besin oor hoe ons die uitwerking van globale antropogene ekologiese verandering moet hanteer. In hierdie bydrae word aandag gegee aan hoe die samestelling, funksies en oogmerke van globale omgewingsreg en -regulering in die antroposeen moontlik herbedink sal moet word.
Postvonnis-regte en verwagtinge van slagoffers en oortreders in geweldsmisdade met verwysing na die rolprent The secret in their eyes
2013-03-18 "Suid-Afrikaanse slagoffers van gewelddadige misdade soos verkragting en moord kan tans verwag dat lewenslange gevangenisstraf as die swaarste moontlike vonnis aan hul oortreders opgelê word. Na vonnisoplegging is die werklike termyn van aanhouding wat uitgedien moet word, nie net vir die oortreder van belang nie, maar ook vir die slagoffer."Die herklassifisering van die ekstrinsieke-getuienis-reël en die verdere ontwikkeling van die integrasiereël in die Suid-Afrikaanse kontraktereg
2013-03-06 "Die navolging van die Romeins-Hollandse reg sal dan ook meebring dat die ekstrinsieke-getuienis-reël wel afgeskaf word en dat die getuienis wat voorheen as irrelevant beskou is weens die werking van die reël, deur die howe as hoogs relevant beskou kan word."Die invloed van ’n werkgewer se likwidasie en/of boedelsekwestrasie op die diensverhouding met die werknemer, met die oog op ondernemingsredding as moontlike alternatief
2013-02-19 "Hierdie artikel stel eerstens ondersoek in na werknemers se regte met die likwidasie/sekwestrasie van hul werkgewer soos dit tans in die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 en die Wet op Insolvensie 24 van 1936 vervat is."’n Ondersoek na die bevoegdhede en aanspreeklikheid van die ondernemingsreddingspraktisyn as maatskappydokter
2013-02-12 "Die ondernemingsreddingspraktisyn is die sleutelfiguur in die reddingsverrigtinge en derhalwe is dit noodsaaklik om ondersoek na die werksaamhede van hierdie belangrike rolspeler in te stel."“Transnasionale konteks” in die regspraak van die konstitusionele hof in Suid-Afrika: ’n variasie op die tema van grondwetsvertolking
2013-01-23"Hoe geredelik is transnasionale wysheid tot dusver toegelaat om parogiale oorwegings in nasionale grondwetsvertolking in Suid-Afrika te verruim of selfs te troef?"
Eiendomsverlies deur verkrygende verjaring: Onteiening sonder vergoeding – of nie?
2012-12-11"Hierdie artikel fokus spesifiek op die onteieningsvraagstuk, naamlik of verjaring ’n onteiening van regte ingevolge artikel 25(2) meebring."






