LitNet Akademies (Regte)
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van ’n juridiese aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Regte) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Regte-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
- LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word, en R6 000 per nuwe gekeurde vonnisbespreking of aantekening.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
![]() |
Regte-redakteur Johann Neethling E-pos: neethlingj@ufs.ac.za Bioskets |
Vonnisbespreking: Aanspreeklikheid van die staat vir tuberkulose in die gevangenis
2013-04-10 "’n Toepassing van die geykte but for-toets, selfs in sy soepele gedaante, kan in bepaalde gevalle (soos in Fairchild, die Romeinsregtelike slaaf en die drie jagters) daartoe lei dat aanspreeklikheid ontken word weens die afwesigheid van ’n feitelike kousale verband omdat dit meer waarskynlik is dat die verweerder(s) nie die gewraakte gevolg veroorsaak het nie as omgekeerd."Die reg se oënskynlike onvermoë om korrupsie in staatskontraktering in Suid-Afrika hok te slaan
2013-03-29"Die doel met hierdie artikel is om te fokus op die regsreëls wat spesifiek gemik is daarop om korrupsie in staatskontraktering te beveg en deur ’n ontleding van daardie reëls probleme te identifiseer wat sodanige oogmerk ondermyn."
Aantekening: Om globale omgewingsreg en -regulering in die antroposeen te herbedink
2013-03-21Die woord antroposeen beskryf ... ook die nuwe konteks waarin ons voortaan sal moet besin oor hoe ons die uitwerking van globale antropogene ekologiese verandering moet hanteer. In hierdie bydrae word aandag gegee aan hoe die samestelling, funksies en oogmerke van globale omgewingsreg en -regulering in die antroposeen moontlik herbedink sal moet word.
Postvonnis-regte en verwagtinge van slagoffers en oortreders in geweldsmisdade met verwysing na die rolprent The secret in their eyes
2013-03-18 "Suid-Afrikaanse slagoffers van gewelddadige misdade soos verkragting en moord kan tans verwag dat lewenslange gevangenisstraf as die swaarste moontlike vonnis aan hul oortreders opgelê word. Na vonnisoplegging is die werklike termyn van aanhouding wat uitgedien moet word, nie net vir die oortreder van belang nie, maar ook vir die slagoffer."Die herklassifisering van die ekstrinsieke-getuienis-reël en die verdere ontwikkeling van die integrasiereël in die Suid-Afrikaanse kontraktereg
2013-03-06 "Die navolging van die Romeins-Hollandse reg sal dan ook meebring dat die ekstrinsieke-getuienis-reël wel afgeskaf word en dat die getuienis wat voorheen as irrelevant beskou is weens die werking van die reël, deur die howe as hoogs relevant beskou kan word."Die invloed van ’n werkgewer se likwidasie en/of boedelsekwestrasie op die diensverhouding met die werknemer, met die oog op ondernemingsredding as moontlike alternatief
2013-02-19 "Hierdie artikel stel eerstens ondersoek in na werknemers se regte met die likwidasie/sekwestrasie van hul werkgewer soos dit tans in die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 en die Wet op Insolvensie 24 van 1936 vervat is."’n Ondersoek na die bevoegdhede en aanspreeklikheid van die ondernemingsreddingspraktisyn as maatskappydokter
2013-02-12 "Die ondernemingsreddingspraktisyn is die sleutelfiguur in die reddingsverrigtinge en derhalwe is dit noodsaaklik om ondersoek na die werksaamhede van hierdie belangrike rolspeler in te stel."“Transnasionale konteks” in die regspraak van die konstitusionele hof in Suid-Afrika: ’n variasie op die tema van grondwetsvertolking
2013-01-23"Hoe geredelik is transnasionale wysheid tot dusver toegelaat om parogiale oorwegings in nasionale grondwetsvertolking in Suid-Afrika te verruim of selfs te troef?"
Eiendomsverlies deur verkrygende verjaring: Onteiening sonder vergoeding – of nie?
2012-12-11"Hierdie artikel fokus spesifiek op die onteieningsvraagstuk, naamlik of verjaring ’n onteiening van regte ingevolge artikel 25(2) meebring."
Artikel 129(1)(a) van die Nasionale Kredietwet 34 van 2005: verwarrende verwarring oor voldoening
2012-11-28 "In hierdie artikel word die aard, omvang en doel van die artikel 129(1)(a)-kennisgewing ondersoek ten einde te bepaal wat presies voldoening daaraan behels."Die resepsie van Romeinse reg in die Suid-Afrikaanse regstelsel: stare decisis en curia ius novit
2012-11-21 "Die doel van hierdie artikel is om die uitwerking van die stare decisis-leerstuk (Engelse reg) en die curia ius novit-reël (Europese siviele reg) op die Suid-Afrikaanse regsontwikkeling vas te stel."Faktore en beleidsoorwegings by die bepaling van ? kontraksparty se regsplig teenoor ? derde party: ? kritiese bespreking van Viv’s Tippers (Pty) Ltd v Pha Phama Staff Services (Pty) Ltd t/a Pha Phama
2012-11-14 "Alhoewel die bepalings van ’n kontrak ’n bepalende faktor by die onregmatigheidsvraagstuk is, volg dit nie dat sodanige kontrak ook bindend is ten opsigte van niekontrakterende derde partye nie. In die laaste paragraaf word gekyk na die benaderings wat in ander jurisdiksies oor hierdie netelige kwessie gevolg word."Die finansiële krisis in provinsies en munisipaliteite: Verg dit grondwetlike of politieke oplossings?
2012-10-26 "Die finansiële volhoubaarheid van baie munisipaliteite is onder geweldige druk en gebrekkige dienslewering deur munisipaliteite en sommige provinsies plaas ’n demper op volhoubare ontwikkeling en ekonomiese groei in Suid-Afrika."Huwelik binne gemeenskap van goed: Die effek van ’n egskeidingsbevel op ’n bateverdelingsooreenkoms
2012-09-27 "Die doel met hierdie aantekening is om te kyk wat die effek van ’n egskeidingsbevel op ’n bateverdelingsooreenkoms is indien die partye binne gemeenskap van goed getroud is."Jurisdiksiegrondslae vir die vervolging van internasionale misdade met verwysing na Suid-Afrika se verpligtinge as lidstaat van die internasionale strafhof
2012-09-19 "Ten einde Suid-Afrika se verpligtinge as lidstaat van die hof te verstaan, ontleed hierdie artikel eerstens die konsep universele jurisdiksie, waarna dit die aanvullingsbeginsel van jurisdiksie in oënskou neem."Die betekenis van ’n ontneming weens ’n rasdiskriminerende wet of praktyk vir doeleindes van die Wet op Herstel van Grondregte 22 van 1994 – ’n oorsig van ontwikkelings in regspraak
2012-09-14"Behalwe die formele of drempelvereistes vir die instel van ’n suksesvolle grondeis, moet daar ook aan die regsvereistes voldoen word. Laasgenoemde behels dat ’n persoon geregtig op herstel van ’n reg in grond is indien hy of sy ’n persoon (of gemeenskap) is wat na 19 Junie 1913 van ’n reg in grond ontneem is 'as gevolg van wette of praktyke van die verlede wat op grond van ras gediskrimineer het'."