LitNet Akademies (Regte)

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van ’n juridiese aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Regte) skakel nou met ons onderafdelings vir:

Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Regte-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word, en R6 000 per nuwe gekeurde vonnisbespreking of aantekening.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.

Regte-redakteur
Johann Neethling
E-pos: neethlingj@ufs.ac.za
Bioskets

Vonnisbespreking: Sorgsaamheidsplig van ouers teenoor kinders

Johann Neethling, Johan Potgieter LitNet Akademies (Regte) 2018-05-16

"Die verweerders ontken dat hulle nalatig was en voer aan dat die beserings deur die uitsluitlike nalatigheid van die kind se moeder veroorsaak is, omdat sy haar na die verweerders se perseel gebring het, wel wetende dat daar ’n swembad en onbeskermde visdam is waarin sy kon val ..."

Vonnisbespreking: Die reg op privaatheid en outonomie

Johann Neethling LitNet Akademies (Regte) 2018-05-02

"Hier was die kernvraag na die geldigheid van wetgewing wat die gebruik, besit, koop en kweek van Cannabis (dagga of hennep) vir persoonlike gebruik in die privaatheid van ’n woning verbied in die lig van die staat se regverdiging vir sodanige beperking op privaatheid."

Die Suid-Afrikaanse regsraamwerk rakende die produksie en verkoop van rou melk wat vir direkteverbruiksdoeleindes bestem is

Anél Gildenhuys, Tlapeng Tabane LitNet Akademies (Regte) 2018-04-05

"Die heersende tendens onder verbruikers om 'natuurlike produkte' te kies gaan gepaard met ’n groeiende voorkeur vir die verbruik van rou melk, aangesien rou melk verskeie beweerde gesondheidsvoordele inhou. Rou melk verwys in die algemeen na melk wat nie pasteurisasie, sterilisasie of ultrahoëtemperatuurbehandeling ondergaan het nie."

Geloof in heksery – ’n grondige verweer in die strafhof, of ’n gegoël met die reg?

Rinda Botha LitNet Akademies (Regte) 2018-03-01

"Hoewel sommige dit dalk nie begryp nie, en ander weer meen dit het nie meer ’n plek in ’n ontwikkelende samelewing nie, is geloof in heksery steeds ’n werklikheid in Suid-Afrika. Om gewoon geen voorsiening daarvoor in ons strafregstelsel te maak nie, is onverskillig en onwys."

’n Oorweging van verskeie aspekte rakende die prerogatief om werknemers nie te bevorder nie

Judith Geldenhuys LitNet Akademies (Regte) 2018-02-01

"Arbeidsforums is hier nie geneë om in die verhouding tussen werkgewers en werknemers in te meng nie, en die prerogatief wat werkgewers geniet om die kandidaat van hul keuse te bevorder, word deur ons howe erken."

Geloofsinstellings en die hersieningsbevoegdheid van die howe

Helena van Coller LitNet Akademies (Regte) 2017-12-21

"In Suid-Afrika word die staat ook deur die beginsel van nie-inmenging in leerstellige kwessies daarvan weerhou om inbreuk te maak op die kerk of geloofsinstellings se 'outonome sfeer'. Geloofsinstellings geniet dus ’n gebied van outonomie wat betref godsdienstige doktrine en besluite en optrede wat daaruit kan voortspruit."

Vonnisbespreking: Deliktuele aanspreeklikheid vir onvoorsienbare gevolge van mediese nalatigheid

Johan Potgieter LitNet Akademies (Regte) 2017-11-14

"Die pasiënt het in ’n permanente vegetatiewe toestand verval en kan nie meer vir haarself sorg of dink nie. Sy ly aan demensie en swak geheue en is verstandelik gestremd; sy is feitlik blind en kan nie loop of praat nie. Haar toestand is onomkeerbaar."

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte – huisvesting op plase

IM Rautenbach LitNet Akademies (Regte) 2017-10-11

"Die Konstitusionele Hof beslis in Daniels v Scribante 2017 8 BCLR 949 (KH) dat okkupeerders ingevolge die Verblyfregwet die reg het om sonder toestemming van die eienaar van die grond of die persoon in beheer daarvan hul huise te verbeter om dit menswaardige huisvesting te maak."

Die verlengde program as ’n instrument vir breër toegang tot Suid-Afrikaanse hoër onderwys – ’n besinning oor die ervaring van die Fakulteit Regsgeleerdheid aan die Universiteit van die Vrystaat

Leani van Niekerk LitNet Akademies (Regte) 2017-09-21

"’n Verlengde program sal die doel van breër toegang verydel indien dit meer studente maar minder gegradueerdes oplewer."

Vonnisbespreking: Bewerings van owerspel: gedingsvatbare laster?

Johann Neethling, Johan Potgieter LitNet Akademies (Regte) 2017-08-17

"Bewerings van owerspel val duidelik binne hierdie kategorie en sal sekerlik die slagoffer se goeie naam of aansien in die oë van die redelike persoon nadelig tref. Huwelikstrou word steeds op grond van die morele en godsdienstige oortuigings van die gemeenskap hoog geag en huweliksontrouheid weens owerspel veroordeel en as blaamwaardig beskou."

Putatiewe noodweer as verweer in die Suid-Afrikaanse strafreg: ’n Kritiese oorsig van die onseker pad tot by Pistorius en daarná

Rinda Botha LitNet Akademies (Regte) 2017-07-25

"In misdaadgeteisterde Suid-Afrika glo mense dikwels verkeerdelik dat hulle in lewensgevaar verkeer en derhalwe in noodweer optree. Wanneer hierdie persone hulle dan skielik in die beskuldigdebank bevind, is putatiewe noodweer die verweer waarop hulle kan steun."

Vonnisbespreking: Die nuwe onregmatigheidstoets: ’n Trojaanse perd wat delikteregbeginsels bedreig?

Johan Potgieter LitNet Akademies (Regte) 2017-06-27

"Die partye was dit eens dat die skool, wat die paaltjie op die speelgrond geplant het om ’n jong boompie te stut, ’n regsplig gehad het om beserings te voorkom. Onregmatigheid het dus vasgestaan."

Caveat magister! Die uitsetting van kosgangers uit koshuise van openbare skole weens onbetaalde koshuisgeld

Danie Kloppers, Henk Kloppers LitNet Akademies (Regte) 2017-06-20

"Verskeie openbare skole dui in briewe, op webtuistes en in aansoekvorms aan dat ’n kosganger uit die skool se koshuis gesit kan word indien koshuisgelde nie betaal word nie. In hierdie artikel word besin oor die regsgeldigheid van uitsetting in die lig van nasionale en provinsiale wetgewing en hofuitsprake."

Skoonlief en die ondier: ’n Ondersoek na die nut van aanlyn bemiddeling in gesinsgeskille in Suid-Afrika

Amanda Boniface, Andreas Velthuizen LitNet Akademies (Regte) 2017-05-18

"Tegnologie kan ’n mens se lewe wel makliker maak en ’n mens in kontak bring met persone wat hul andersins nie sou kon bereik nie, maar dit sou ’n wanvoorstelling wees om te beweer dat tegnologie altyd alles verbeter."

Vonnisbespreking: Die regspraak bevestig die gedingsvatbaarheid van afrokkeling as iniuria

Johann Neethling LitNet Akademies (Regte) 2017-04-27

"Alhoewel dit vasstaan dat afrokkeling ’n selfstandige skuldoorsaak uitmaak, het die howe hulle nog selde uitgelaat oor die vraag of dié optrede ’n iniuria daarstel, wat omskryf word as die onregmatige en opsetlike aantasting van ’n persoonlikheidsbelang."

Vonnisbespreking: Swembaddens, visdamme, ander waterpoele en kinderslagoffers – deliktuele aanspreeklikheid

Johann Neethling, Johan Potgieter LitNet Akademies (Regte) 2017-04-20

"Desnietemin rus die primêre verantwoordelikheid vir die veiligheid van kinders op hul ouers. Dit is hul plig om toe te sien dat hul kinders nie alleen ronddwaal op persele waar gevare skuil nie, al is dit net vir ’n baie kort tydjie."

Vonnisbespreking: Bemoeiing met ’n uitsluitende kontraktuele verhouding getroef deur vrye mededinging

Johann Neethling, Johan Potgieter LitNet Akademies (Regte) 2017-03-23

Johann Neethling en Johan Potgieter bespreek vier sake waarin beweer is dat Masstores ’n delik gepleeg het deur bemoeiing met die uitsluitende ooreenkoms tussen ’n voedselkleinhandelaar (Pick n Pay of Shoprite Checkers) en die eienaar of verhuurder van ’n winkelsentrum ingevolge waarvan die voedselhandelaar die eksklusiewe reg gehad het om voedsel in die sentrum te verkoop.

Herstellende geregtigheid in gevalle van seksuele oortredings en die uitsprake van die hoogste hof van appèl in DPP v Thabethe en Seedat v S

Danie Kloppers, Henk Kloppers LitNet Akademies (Regte) 2017-02-17

"Ons sien in afwagting uit na die eerste geleentheid waar die hoogste hof van appèl wegbeweeg van sy straf- en gemeenskapsbenadering na ’n ware slagofferbemagtiging en na heling."

Vonnisbespreking: Die (ongegronde) grondslag vir die klassifisering en werking van retensieregte in die Suid-Afrikaanse reg

Mitzi Wiese LitNet Akademies (Regte) 2017-01-26

"Dit is so dat ’n retensiereg altyd beheer vereis, maar daar moet in gedagte gehou word dat ’n skuldeiser wat sy stilswyende hipoteek uitoefen, ook in beheer van die saak kan wees, alhoewel dit nie ’n vereiste vir die vestiging van die hipoteek is nie."

Top