LitNet Akademies (Regte)
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van ’n juridiese aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Regte) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Regte-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan [email protected].
- LitNet Akademies sal voortaan R9 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2016 ontvang en vir publikasie aanvaar word, en R4 000 kontant per nuwe gekeurde vonnisbespreking of aantekening.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
![]() |
Regte-redakteur Johann Neethling E-pos: [email protected] Bioskets |
Vonnisbespreking: Die grootte-klassifikasie van kredietfasiliteite ingevolge die Nasionale Kredietwet 34 van 2005
2019-08-14"Die doel van hierdie bespreking is om in die lig van die Collotype-beslissing die kategorisering van kredietfasiliteite in verskillende groottes ingevolge die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 (die Kredietwet) in oënskou te neem."
Vonnisbespreking: Die beskerming van die identiteit van minderjariges by volwassenheid
2019-06-05"Die bekendmaking van die identiteit van minderjarige getuies, slagoffers en oortreders by volwassenheid val wel binne die grondwetlike regte van die media, maar die 18-jarige se grondwetlike regte word terselfdertyd in sekere gevalle geskend waar die persoon se identiteit alombekend is en wydverspreid gepubliseer word."
Vonnisbespreking: Onregmatige arrestasie en daaropvolgende gevangehouding: die kousaliteitskwessie
2019-04-29"In De Klerk beslis die hof dat die onregmatige arrestasie en die daaropvolgende onregmatige aanhouding duidelik uitmekaar gehou moet word. Die polisie is slegs aanspreeklik vir die arrestasie en die twee ure aanhouding voordat die eiser voor die hof gebring is."
’n Kritiese betragting van die Gijima-uitsprake
2019-04-03"Die dispuut in die Gijima-sake het onder meer daaroor gegaan of die remedies vir onregmatige administratiewe handelinge net die draers van die reg op administratiewe geregtigheid toekom en of die betrokke bepalings in die Grondwet en die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid 3 van 2000 wyer uitgelê kan word om staatsorgane in te sluit."
Aantekening: Kan munisipale wetstoepassingsbeamptes goedsmoeds op die publiek losgelaat word?
2019-03-22"Gesien in die lig van die feit dat die magte en bevoegdhede van munisipale wetstoepassingsbeamptes so drasties uitgebrei is, behoort die Polisiewet gewysig te word om voorsiening daarvoor te maak dat die Nasionale Kommissaris, soos in die geval van munisipale polisiebeamptes, nasionale standaarde vir die opleiding van munisipale wetstoepassingsbeamptes kan vasstel."
Vonnisbespreking: Nog ’n vriendskaplike-sekwestrasie-aansoek sneuwel
2018-11-27"Onnodige struikelblokke vir toegang tot skuldverligting, soos beperkings op die skuldlas van die skuldenaar, moet uitgeskakel word. Dit is verder noodsaaklik dat die stelsel gelyke beskerming en skuldverligting bied aan alle skuldenaars wat met skuld oorbelas is."
Vonnisbespreking: Waaksame waghonde en waagmoedige kinders – ’n wanklank uit die Oos-Kaap
2018-11-12"Dit is ten ene male onwaar dat ons reg vereis dat die persoon wat die hond provokeer, onder alle omstandighede toerekeningsvatbaar moet wees. Die hof verwar hier die verwere van provokasie met bydraende skuld aan die eiser se kant."
Kan ’n trust ’n lastereis instel? ’n Verkennende ondersoek
2018-11-07"In die hedendaagse Suid-Afrikaanse reg is ’n lasteraksie beskikbaar vir sowel individue as regspersone wie se reputasie onregmatig geskaad is. Die vraag wat egter in hierdie artikel te berde kom, is of ’n lasteraksie ook vir ’n trust beskikbaar behoort te wees indien die trust se goeie naam of reputasie benadeel is."
Vonnisbespreking: Arbeidsmakelaars: Enkelwerkgewer, twee kontrakte en talle onbeantwoorde vrae
2018-10-31"Word die kliënt na drie maande die enkelwerkgewer van die agentskapswerker en val die middelman-arbeidsmakelaar weg uit die driehoeksverhouding? Of word daar ’n dubbelwerkgewerverhouding geskep wat tot gevolg het dat beide die arbeidsmakelaar en die kliënt werkgewerstatus behou?"
Dekolonialisering van die Suid-Afrikaanse familiereg in die lig van transformasiegerigte konstitusionalisme: ’n praktiese benadering vir generasie Z
2018-10-09"Wie moet dekolonialisering dryf? Hoe moet daar te werk gegaan word? Wat is die einddoel? Is hervorming van die bestaande kurrikulum voldoende, of is ’n totale omwenteling nodig?"
Ukuthwala – gebruik of misbruik?
2018-08-08"Ukuthwala behels die 'steel' of ontvoering van ’n jong meisie deur ’n man en sy vriende om die vrou se familie as’t ware in huweliksonderhandelinge in te dwing. In die moderne era van menseregte bring ukuthwala ons egter voor ’n netelige paradoks te staan, met die universele individuele regte in die Handves van Regte aan die een kant, en lank-gekoesterde tradisionele gebruike aan die ander kant."
Regulering van Nulgradering-Internetdienste in Suid-Afrika: quo vadis?
2018-07-25"Nulgradering word glad nie gereguleer nie, en die gevolg is dat die mark dit uitbuit deur produkte aan te bied wat hul eie mededingende voordeel ten koste van ander rolspelers verhoog."
Vonnisbespreking: Sorgsaamheidsplig van ouers teenoor kinders
2018-05-16"Die verweerders ontken dat hulle nalatig was en voer aan dat die beserings deur die uitsluitlike nalatigheid van die kind se moeder veroorsaak is, omdat sy haar na die verweerders se perseel gebring het, wel wetende dat daar ’n swembad en onbeskermde visdam is waarin sy kon val ..."
Vonnisbespreking: Die reg op privaatheid en outonomie
2018-05-02"Hier was die kernvraag na die geldigheid van wetgewing wat die gebruik, besit, koop en kweek van Cannabis (dagga of hennep) vir persoonlike gebruik in die privaatheid van ’n woning verbied in die lig van die staat se regverdiging vir sodanige beperking op privaatheid."
Die Suid-Afrikaanse regsraamwerk rakende die produksie en verkoop van rou melk wat vir direkteverbruiksdoeleindes bestem is
2018-04-05"Die heersende tendens onder verbruikers om 'natuurlike produkte' te kies gaan gepaard met ’n groeiende voorkeur vir die verbruik van rou melk, aangesien rou melk verskeie beweerde gesondheidsvoordele inhou. Rou melk verwys in die algemeen na melk wat nie pasteurisasie, sterilisasie of ultrahoëtemperatuurbehandeling ondergaan het nie."
Geloof in heksery – ’n grondige verweer in die strafhof, of ’n gegoël met die reg?
2018-03-01"Hoewel sommige dit dalk nie begryp nie, en ander weer meen dit het nie meer ’n plek in ’n ontwikkelende samelewing nie, is geloof in heksery steeds ’n werklikheid in Suid-Afrika. Om gewoon geen voorsiening daarvoor in ons strafregstelsel te maak nie, is onverskillig en onwys."
’n Oorweging van verskeie aspekte rakende die prerogatief om werknemers nie te bevorder nie
2018-02-01"Arbeidsforums is hier nie geneë om in die verhouding tussen werkgewers en werknemers in te meng nie, en die prerogatief wat werkgewers geniet om die kandidaat van hul keuse te bevorder, word deur ons howe erken."
Geloofsinstellings en die hersieningsbevoegdheid van die howe
2017-12-21"In Suid-Afrika word die staat ook deur die beginsel van nie-inmenging in leerstellige kwessies daarvan weerhou om inbreuk te maak op die kerk of geloofsinstellings se 'outonome sfeer'. Geloofsinstellings geniet dus ’n gebied van outonomie wat betref godsdienstige doktrine en besluite en optrede wat daaruit kan voortspruit."
Vonnisbespreking: Deliktuele aanspreeklikheid vir onvoorsienbare gevolge van mediese nalatigheid
2017-11-14"Die pasiënt het in ’n permanente vegetatiewe toestand verval en kan nie meer vir haarself sorg of dink nie. Sy ly aan demensie en swak geheue en is verstandelik gestremd; sy is feitlik blind en kan nie loop of praat nie. Haar toestand is onomkeerbaar."
Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte – huisvesting op plase
2017-10-11"Die Konstitusionele Hof beslis in Daniels v Scribante 2017 8 BCLR 949 (KH) dat okkupeerders ingevolge die Verblyfregwet die reg het om sonder toestemming van die eienaar van die grond of die persoon in beheer daarvan hul huise te verbeter om dit menswaardige huisvesting te maak."