Die soektog na ’n middeweg in die bekamping van wildmisdaad: ’n blik op bestaande reguleringsmaatreëls en die integrasie van aanvullende oplossings

  • 0

Die soektog na ’n middeweg in die bekamping van wildmisdaad: ’n blik op bestaande reguleringsmaatreëls en die integrasie van aanvullende oplossings1

Inge Snyman, Fakulteit Regte, Noordwes-Universiteit

LitNet Akademies Jaargang 20(2)
ISSN 1995-5928

 

Opsomming

Wildmisdaad word allerweë beskou as een van die oorsake van biodiversiteitsverlies, en juis daarom verleen internasionale en nasionale beleidmakers voorrang aan dié kwessie op omgewingsagendas. Ten spyte van hierdie bedreiging is daar tans geen klinkklare universele definisie van wildmisdaad, ’n toonaangewende internasionale verdrag of ’n aanbevole bekampingstrategie waarvolgens lande die beste praktyk kan vasstel om wildmisdaad op nasionale bodem te bekamp nie. Intussen is lande genoop om bestaande verbandhoudende regsinstrumente (soos die Convention on International Trade in Endangered Species of Wild Fauna and Flora, 1973) en aanvullende oplossings te benut om wildmisdaad te bekamp. Tydens die soektog na ’n middeweg tussen bestaande reguleringsmaatreëls en aanvullende oplossings lok die bekamping van wildmisdaad verskillende reaksies uit en kan uiteenlopende argumente daaroor aangevoer en standpunte ingeneem word. Hierdie artikel het ten doel om ’n middeweg in die bekamping van wildmisdaad te ondersoek deur bestaande reguleringsmaatreëls, asook die integrasie van moontlike aanvullende oplossings, by wyse van ’n literatuuroorsig onder die loep te neem. Daar word bevind dat die middeweg ’n klemverskuiwing vereis waar ’n holistiese benadering tot die bekamping van wildmisdaad gevolg word. Die middeweg is geleë in ’n kombinasie van formele regsinstrumente en vernuwende aanvullende oplossings wat elk ingespan word om ’n unieke aspek van wildmisdaad te reguleer.

Trefwoorde: aanvullende oplossings; bekamping van wildmisdaad; bestaande reguleringsmaatreëls; CITES; middeweg; wildmisdaad

 

Abstract

The search for a middle course in the fight against wildlife crime: a look at existing regulatory measures and the integration of additional solutions

Wildlife crime is widely regarded as one of the main causes of biodiversity loss. Although the true nature and extent of wildlife crime is unknown, various species fall victim to wildlife crime and some species are even pushed to the brink of extinction as a result of it. Due to the detrimental impact of wildlife crime on the continued survival of biodiversity, international and national policymakers are prioritising the fight against wildlife crime on environmental agendas. In contrast with this prioritisation, however, no clear definition, international convention or combat strategy exists in terms of which countries can determine best practice to fight wildlife crime on national level. In the meantime, it is being left up to each individual country to independently enact national legislation, implement readiness plans and develop innovative additional solutions to conserve and protect the relevant country’s biodiversity against the onslaught of wildlife crime. Amidst various shortcomings and uncertainties, countries are encouraged to find a middle course by using existing related legal instruments and any other additional solutions to combat wildlife crime at national level. It is not entirely clear what such a middle course would or should entail, and regrettably many countries fail to put this mandate into effect. As a result, countries’ legislation differs to such an extent that it results in transnational complexity and ineffectiveness. Furthermore, there are many practical and political obstacles in the pursuit of improved coordination of existing regulatory measures and the formation of cooperative commitments between countries. This article endeavours to propose a middle course in the fight against wildlife crime by examining existing regulatory measures as well as integrating possible complementary solutions that may contribute to the fight against wildlife crime. The following factors are considered in the construction of the argument: (a) possible challenges to enact legislation in the fight against wildlife crime; (b) related existing regulatory measures; (c) conflicting arguments regarding the fight against wildlife crime; and (d) a shift in emphasis in the form of a proposed middle course.

The discussion on the possible challenges to enact legislation in the fight against wildlife crime reveals that one can only speculate about the nature of such challenges, although it might be due to the fact that wildlife crime represents an extremely fragmented environmental issue with characteristics of a present-day “wicked problem” that lacks clear conceptualisation with various drivers and negative consequences. Existing regulatory measures that relate to the fight against wildlife crime are subsequently identified and discussed. The Convention on International Trade in Endangered Species of Wild Fauna and Flora, 1973 (CITES), is currently still the most prominent international treaty that countries can invoke in an attempt to combat wildlife crime. In essence, CITES is not an international environmental treaty, but an international trade treaty that lays down the best practice for member states to regulate international trade in endangered species. However, the activities of organised criminal groups are becoming increasingly intertwined with those of wildlife crime. Next to illegal drug trading, arms trading, counterfeit goods trading and human trafficking, wildlife crime is ranked as one of the most profitable organised crimes in the world. In addition, related serious crimes are associated with the facilitation of wildlife crime. Offenders often commit related serious crimes to facilitate the administrative process associated with the perpetration of wildlife crime; such crimes include corruption, tax evasion, money laundering, fraud and non-payment of government taxes. For these reasons the United Nations Convention Against Corruption, 2005 and the United Nations Convention Against Transnational Organized Crime, 2003 can also be of importance in the fight against wildlife crime.

This article points out that in the pursuit of a middle course between existing regulatory measures and additional solutions, the fight against wildlife crime provokes different reactions and diverse arguments on the appropriate way forward. Because of criticism against CITES, international regulatory shortcomings and failed initiatives, two relatively well-known arguments regarding the fight against wildlife crime have arisen. On the one hand, some stakeholders argue that all international trade in wildlife species and their by-products should be legally permitted. On the other, another group of stakeholders argues that stricter trade bans are the best solution. The consequences of these two arguments are thoroughly considered and discussed. It is found that both arguments are seen as risky experiments accompanied by uncertainty and complexity, as biodiversity is currently in such a crisis that there is no room for experimentation and failures. Due to the significant shortcomings in the international legal framework and divergent arguments about the most effective way forward, a middle course must be found in the interim. This article concludes that the middle course requires a shift in emphasis where a holistic approach to combating wildlife crime is followed. The middle course lies in a combination of formal legal instruments and innovative complementary solutions, each deployed to regulate a unique aspect of wildlife crime.

Keywords: additional solutions; CITES; combating wildlife crime; existing regulatory measures; fight against wildlife crime; middle course; wildlife crime

 

1. Inleiding

The more we look at wildlife crime, the more complex it becomes. Neither the problems nor the solutions are as simple as they may first appear.2

Die huidige vlakke van biodiversiteitsverlies weens wildmisdaad is so enorm dat die negatiewe impak daarvan onvermydelik geword het.3 Volgens die United Nations Office on Drugs and Crime4 verwys wildmisdaad in die algemeen na onwettige handel in, en die jag, verwerking, verspreiding, besit en verbruik van, wilde fauna.5 ’n Wye verskeidenheid van wildspesies, beide lewend en dood, insluitend hul neweprodukte, word weens die talle uiteenlopende gebruike daarvan by wildmisdaad betrek.6 Die omvang van hierdie uitbuiting dryf sommige wildspesies tot op die rand van uitsterwing.7

Derhalwe verleen internasionale, nasionale en streekswetstoepassers voorrang aan die bekamping van wildmisdaad op omgewingsagendas.8 Strydig hiermee bestaan daar egter tans geen toonaangewende internasionale verdrag wat wildmisdaad beskryf of ’n aanbevole bekampingstrategie waarvolgens lande beste praktyk kan vasstel om wildmisdaad te bekamp nie.9 Daar kan oor die moontlike struikelblokke tot regskepping vir die bekamping van wildmisdaad bespiegel word, maar dit is moontlik te wyte aan die feit dat wildmisdaad ’n uiters gefragmenteerde en komplekse dilemma daarstel.10

Die Convention on International Trade in Endangered Species of Wild Fauna and Flora, 1973 (hierna die CITES) is tans steeds die mees prominente internasionale verdrag waarop lande hulle kan beroep in ’n poging om wildmisdaad te bekamp.11 In wese is die CITES nie ’n internasionale omgewingsverdrag nie, maar ’n internasionale handelsverdrag wat beste praktyk vir lidlande neerlê om internasionale handel in uitgesonderde bedreigde spesies te reguleer.12

Intussen word die taak aan elke individuele land oorgelaat om selfstandig nasionale wetgewing te bekragtig, gereedheidsplanne in werking te stel en vernuwende aanvullende oplossings te ontwikkel wat die betrokke land se biodiversiteit teen die aanslae van wildmisdaad kan beskerm en bewaar.13 Suid-Afrika hanteer byvoorbeeld die bekamping van wildmisdaad ingevolge die land se nasionale omgewingsregraamwerk, wat hoofsaaklik op bepalings van die National Environmental Management Act 107 van 1998, die National Environmental Management: Biodiversity Act 10 van 2004; die National Environmental Management: Protected Areas Act 57 van 2003, verbandhoudende regulasies, provinsiale wetgewing en plaaslike (munisipale) verordenings berus. Vanweë die omvang van dié mandaat misluk baie lande in hul pogings om wildmisdaad te bekamp en verskil lande se wetgewing tot so ’n mate van mekaar dat dit transnasionale kompleksiteit en oneffektiwiteit tot gevolg het.14 Dientengevolge bestaan daar vele praktiese en politieke struikelblokke in die strewe na verbeterde koördinering van bestaande reguleringsmaatreëls en die vorming van samewerkende verbintenisse tussen lande.15

Volgens die Wêreldbank16 is

[t]he response to [wildlife crime] … multifaceted. It involves multiple national actors and agencies, numerous intergovernmental organizations and national and international nongovernmental organizations, across borders and jurisdictions … Understanding and utilizing available tools and resources, as well as recognizing the potential for innovation and new methods, is crucial to effectively disrupt and dismantle the criminal networks that profit [from wildlife crime].

Vanweë dié veelvlakkige aard van wildmisdaad benadruk die Wêreldbank17 dat enige bestaande reguleringsmaatreëls of kwasiregsinstrumente verbandhoudend met die bekamping van wildmisdaad ten volle benut en toegepas moet word, maar dat die potensiaal wat aanvullende oplossings inhou, nie misken moet word nie.18 As gevolg van die wesenlike tekortkominge in die huidige internasionale regsraamwerk word beleidmakers en navorsers vanuit uiteenlopende dissiplines aangemoedig om aanvullende oplossings vir die bekamping van wildmisdaad te ontwikkel en voorstelle in hierdie verband te maak.19 Die soektog na ’n middeweg tussen bestaande reguleringsmaatreëls en aanvullende oplossings vir die bekamping van wildmisdaad lok volgens die Wêreldbank20 verskillende reaksies uit, met uiteenlopende argumente wat aangevoer en standpunte wat ingeneem word.

Hierdie artikel het ten doel om ’n middeweg in die bekamping van wildmisdaad te ondersoek deur bestaande reguleringsmaatreëls, asook die integrasie van moontlike aanvullende oplossings, onder die loep te neem. Ten einde so ’n middeweg te vind, word die volgende faktore in die opbou van die betoog ondersoek: (a) moontlike struikelblokke tot regskepping vir die bekamping van wildmisdaad; (b) verbandhoudende bestaande reguleringsmaatreëls; (c) teenstrydige argumente betreffende die bekamping van wildmisdaad; en (d) ’n klemverskuiwing as die middeweg. Die artikel berus op ’n literatuuroorsig gekombineer met dogmatiese navorsingsmetodes.21 Relevante primêre bronne, insluitend internasionale verdrae en beleide, word bestudeer. Ter ondersteuning en uitbouing van die primêre bronne is sekondêre bronne in die vorm van handboeke, bydraes in versamelwerke, artikels in akademiese joernale, staatspublikasies, proefskrifte en verhandelinge en internet- en ander elektroniese hulpbronne geraadpleeg.

Vervolgens word ’n oorsig gegee van moontlike struikelblokke tot regskepping vir die bekamping van wildmisdaad.

 

2. Moontlike struikelblokke tot regskepping vir die bekamping van wildmisdaad

Soos genoem, kan daar oor die struikelblokke tot regskepping vir die bekamping van wildmisdaad bespiegel word, maar dit is moontlik toe te skryf aan die feit dat wildmisdaad ’n uiters gefragmenteerde dilemma is wat oor etlike dimensionele, transnasionale, kruissektorale en interdissiplinêre eienskappe beskik.22 As vertrekpunt bepaal John Scanlon,23 voormalige sekretaris-generaal van die CITES, dat die sentrale struikelblok tot regskepping wêreldleiers en internasionale omgewingsbelanghebbendes se besluiteloosheid is of daar werklik ’n behoefte aan ’n omvattende wildmisdaadverdrag bestaan.24 ’n Moontlike rede vir dié besluiteloosheid kan wees dat die nodige kennis oor die omvang, definisie, dryfvere en negatiewe gevolge van wildmisdaad tans grootliks ontbreek.25

Die afwesigheid van ’n internasionale direktief is moontlik die gevolg van die fait accompli dat wildmisdaad ’n hedendaagse “komplekse probleem”26 skep.27 Volgens Rittel en Webber28 is die basiese kenmerke van ’n komplekse probleem soos volg: (a) Daar bestaan nie ’n klinkklare definisie van ’n komplekse probleem nie. (b) Dit ontstaan vanweë die samekoms van unieke faktore. (c) Dit beskik oor geen onmiddellike oplossing nie. (d) Dit beskik oor geen definitiewe eindpunt nie. (e) Die uitslag van ’n moontlike oplossing vir ’n komplekse probleem kan nie voorspel word nie.29 Die United Nations Office on Drugs and Crime30 poog om hierdie buitengewone kompleksiteit van wildmisdaad vas te vang deur wildmisdaad te beskryf as

the taking, trading (supplying, selling or trafficking), importing, exporting, processing, possessing, obtaining and consumption of wild fauna […] in contravention of national or international law […] a complex phenomenon with many layers and dimensions. [Wildlife crime] often results from the interplay of a multitude of factors – cultural, economic, social and environmental – and can involve a wide variety of actors. Thus, to achieve an effective response, [wildlife crime] needs to be addressed via a coordinated and multisectoral approach. This complexity makes it challenging for governments and international organisations to identify the strengths and weaknesses of and gaps in existing legislative, administrative, enforcement, judicial and preventive systems. The causes, components and consequences of [wildlife crime] vary among countries, regions and societies around the world. There is no “one size fits all” solution to this issue. In formulating effective countermeasures, it is important that local patterns of [wildlife crime] and the concerns of local communities be recognised and integrated into policy and legislation […] Complicating the situation further is the fact that the international community lacks a common understanding and a universally accepted definition of [wildlife crime]. To date, there is no universal strategy acceptable to all nations to prevent and suppress [wildlife crime]. Despite a prolific production of bibliographical material, there is not enough available expertise on this phenomenon, and studies based on systematic empirical analysis are still scarce.

Vanuit die gegewe beskrywing kan sekere kenmerke van wildmisdaad gelys word:

  1. Wildmisdaad is nie een misdaad nie, maar eerder ’n reeks handelinge wat deur verskillende rolspelers uitgevoer word.
  2. Daar ontbreek tans ’n universele definisie van, asook ’n internasionale bekampingstrategie vir, wildmisdaad.
  3. Daar word tans swaar op nasionale wetgewing, afdwingingsmaatreëls, die regsprekende gesag en administratiewe stelsels gesteun om wildmisdaad te bekamp.
  4. Wildmisdaad ontstaan vanweë die wisselwerking tussen ekonomiese, maatskaplike, omgewings- en kulturele dryfvere en lei tot uiteenlopende nadelige gevolge.
  5. Die voorkoms van wildmisdaad wissel tussen lande en vereis dienooreenkomstig vernuwende oplossings met holistiese kenmerke. Die kenmerke wat die United Nations Office on Drugs and Crime beklemtoon, kan moontlik elk as ’n struikelblok beskou word in die regskeppingsproses om wetgewing te ontwikkel om wildmisdaad te bekamp.

Sekere van die voorgenoemde struikelblokke word ook deur ander kenners beklemtoon. Van die kenners benadruk dat die huidige leemtes in die internasionale regsraamwerk en verwante onsekerheid moontlik te wyte is aan die feit dat ’n universele definisie van wildmisdaad tans ontbreek.31 Dit is problematies, aangesien ’n definisie konseptuele begrensing aan die begrip kon bied.32

Wyatt33 en Van Uhm34 bevind verder dat wildmisdaad nie ’n enkelvoudige misdaad daarstel nie. Verskillende handelinge, asook verwante ernstige misdade, maak deel uit van wildmisdaad en die handelinge vind nie te alle tye in ’n vasgestelde volgorde plaas nie.35 Handelinge wat deel uitmaak van wildmisdaad word geïdentifiseer as (a) die stroop van wildspesies; (b) die vervoer van en handel in wildspesies; (c) die verwerking van wildspesies tot neweprodukte; en (d) die verspreiding en verkoop van wildspesies en neweprodukte aan ’n koper.36 Die handelinge word tussen die land van oorsprong van die wildspesies, verskillende transitopunte en eindbestemmings versprei wat uitdagings vir toepassingsagentskappe skep.37 Die voorgenoemde handelinge wat deel uitmaak van wildmisdaad, betrek etlike rolspelers, individue en tussenpersone.38 Daarbenewens word verwante ernstige misdade met wildmisdaad geassosieer.39 Dié verwante ernstige misdade sluit onder meer korrupsie, belastingontduiking, geldwassery, bedrog en die wanbetaling van regeringsgelde in.40 Bedrywighede van georganiseerde misdaadgroepe raak ook soms met dié van wildmisdaad vervleg.41 Volgens Nellemann42 kan sodanige wildmisdaad selfs bydra tot die ontstaan van terrorisme en internasionale konflik. Dit is geen eenvoudige taak om wetgewing te skep wat hierdie handelinge en verwante ernstige misdade identifiseer, konsolideer, hanteer en deurlopend reguleer nie.43 Dit vereis holistiese denke, kennis van uiteenlopende regsvelde, transnasionale samewerkende ooreenkomste, toepassing van die beginsels van samewerkende regering, wetgewende hersiening en die betrokkenheid van verskeie belanghebbendes.44

Daarbenewens is daar uiteenlopende primêre asook sekondêre dryfvere wat wildmisdaad voortdryf.45 Die noodsaaklikheid om die dryfvere van wildmisdaad te bepaal, word soos volg deur die Organisation for Economic Co-operation and Development46 gestel: “Clearly, it is important to understand what drives this trade, and the circumstances under which it thrives, in order to develop effective policies to counter it.”

Die bekamping van wildmisdaad en die promulgering van wetgewing om dié doel te bereik, hou grootliks verband met die identifisering en verstaan van die dryfvere wat wildmisdaad laat floreer.47 Die primêre dryfvere van wildmisdaad sluit onder meer in: (a) ekonomiese voordeel; (b) vraag en aanbod; en (c) regulatoriese skuiwergate.48 Sekondêre dryfvere, van ’n sosio-ekonomiese, kulturele en religieuse aard, sluit onder meer in: (a) armoede, hongersnood en werkloosheid; (b) rykdom, welvaartgroei en ’n toename in besteebare inkomste; (c) tradisionele medisyne en gebruike; (d) uitheemse delikatesses (eksotiese vleis); (e) ornamente, sierade, snuisterye, kunsvlytitems en juwele; (f) mode-items van leer, pelse en wol; (g) jagtrofees; (h) eksotiese troeteldiere; (i) sirkusse; (j) privaat dieretuine en wildspesieversamelings.49 Die waarneming word gemaak dat die sekondêre dryfvere direk met die primêre dryfvere verband hou. Solank wildmisdaad groot finansiële voordeel inhou, is daar slegs ’n geringe moontlikheid om daarvoor gearresteer te word.50 Indien die regulatoriese skuiwergate nie toegestop word nie, en daar ’n volgehoue vraag na wildspesies en hul neweprodukte bestaan, sal wildmisdaad aanhou floreer.51 Die wisselwerking tussen die dryfvere van wildmisdaad is besonder dinamies van aard en dra grootliks by tot die meerdimensionaliteit van die kwessie.52

Wildmisdaad het uiteenlopende negatiewe gevolge.53 Die Organisation for Economic Co-operation and Development54 bepaal dat “[t]he externalities or societal costs of [wildlife crime] are not always obvious or are not always fully quantified ... [However,] [w]hen devising strategies to counter [wildlife crime], close attention needs to be paid to the diversity of impacts ...”

Die negatiewe gevolge van wildmisdaad is nie te alle tye ooglopend of akkuraat gekwantifiseer nie.55 Volgens die vooraanhaling is die vasstelling van die gevolge van wildmisdaad van kardinale belang vir die formulering van wetgewing en beleid om wildmisdaad te bekamp. Die negatiewe gevolge van wildmisdaad hou verband met kruissektorale faktore soos die omgewing, sosio-ekonomiese ontwikkeling en transnasionale sekuriteitsoorwegings.56

Negatiewe gevolge op die omgewing sluit onder andere in: (a) die drastiese afname in of uitsterwing van wildspesies; (b) wanbalanse in ekostelselfunksionering; (c) die verspreiding van uitheemse en indringerwildspesies; en (d) soönotiesesiekteverspreiding.57 Negatiewe gevolge op sosio-ekonomiese ontwikkeling hou direk met die voorgenoemde negatiewe gevolge op die omgewing verband en sluit onder andere in: (a) ’n afname in regmatige handel in wildspesies; (b) ’n afname in ekotoerisme; (c) verlies aan belastinginkomste; (d) ’n tekort aan wildspesies om in gemeenskappe se basiese behoeftes te voorsien; en (e) lewensverlies of tronkstraf van ’n broodwinner wat wildmisdaad pleeg.58 Negatiewe gevolge ten opsigte van transnasionale sekuriteitsoorwegings sluit onder andere in: (a) die diversifisering van georganiseerdemisdaadgroepe se bedrywighede om wildmisdaad, as ’n laerisiko-misdaad, te gebruik om ander ernstige misdade te verbloem; en (b) terroristegroepe wat die opbrengs van wildmisdaad gebruik om terreurdade te befonds.59

Die uiteenlopende negatiewe gevolge wat uit wildmisdaad spruit, dra by tot die kompleksiteit daarvan, wat daartoe lei dat dit liefs nie eensydig benader moet word nie, maar eerder kruissektorale insette en voorstelle van kenners uit wetenskaplike, sosio-ekonomiese en intelligensie-agtergronde moet verwelkom.

Opsommenderwys word die volgende moontlike struikelblokke tot regskepping vir die bekamping van wildmisdaad in die bostaande bespreking geïdentifiseer en kortliks bespreek, naamlik:

  1. Dit ontbreek wildmisdaad tans aan ’n internasionale direktief en universele definisie.
  2. Wildmisdaad beskik oor die eienskappe van ’n hedendaagse “komplekse probleem”.
  3. Wildmisdaad is nie een misdaad nie, maar behels verskillende misdade.
  4. Wildmisdaad beskik oor uiteenlopende dryfvere en negatiewe gevolge.

Onderwyl internasionale omgewingsorganisasies, regsdeskundiges, akademici en lande se wetgewende gesag met die voorgenoemde struikelblokke tot regskepping vir die bekamping van wildmisdaad worstel, moet lande intussen fokus op die toepassing van enige bestaande verwante reguleringsmaatreëls of kwasiregsinstrumente wat tot die bekamping van wildmisdaad kan bydra.60 Die volgende gedeelte van hierdie artikel handel oor hierdie bestaande verbandhoudende reguleringsmaatreëls wat inmiddels in die bekamping van wildmisdaad ingespan kan word.

 

3. Verbandhoudende bestaande reguleringsmaatreëls

3.1 Die CITES

Die CITES is tans steeds die mees prominente internasionale verdrag waarop lande hulle kan beroep in ’n poging om wildmisdaad te bekamp.61 Die primêre mikpunt van die CITES, hoewel dit nie uitdruklik só in die verdrag verwoord is nie,62 is om biodiversiteit teen oormatige menslike verbruik, spesifiek weens internasionale handel, te bewaar.63 Die CITES is nie ’n selfuitvoerende verdrag nie en dienooreenkomstig word daar van lidlande verwag om die bepalings van CITES nasionaal in wetgewing te ratifiseer64 deur middel van die implementering van ’n permit-en-sertifikaat-stelsel,65 die ontwikkeling van voorgeskrewe reguleringsmaatreëls,66 die vasstelling van nasionale strafmaatreëls vir oortreders (meestal in die vorm van boetes en tronkstraf)67 en die aanwysing van ’n wetenskaplike owerheid68 sowel as ’n bestuursowerheid.69 Voorgenoemde is daarop gemik om verskillende vlakke van beskerming aan spesifieke wildspesies te bied wat in die drie bylae van die CITES gelys is.70 Internasionale handel in wildspesies wat in dié bylae gelys is, word nie vrylik toegelaat nie, tensy bepaalde voorwaardes van die CITES nagekom word.71 Onregmatige handel in wildspesies vind plaas indien dié voorwaardes nie nagekom word nie.72 Vervolgens word die basiese voorwaardes van die CITES vir internasionale handel in spesies (beide fauna en flora), wat in Bylae 1 tot 3 van die CITES gelys is, in tabelvorm weergegee.73

Tabel 1: Die CITES se voorwaardes vir internasionale handel in gelyste spesies

Bylaag-nommer

Klassifikasie van wildspesies74

Soort regulering

Kontrolelys van voorwaardes vir die uitreik van ’n uitvoerpermit

Kontrolelys van voorwaardes vir die uitreik van ’n invoerpermit

1

Die wildspesie word met uitsterwing bedreig.75

Onderworpe aan buitengewoon streng regulering.76 Internasionale handel word slegs in uitsonderlike gevalle toegestaan.77

Die voortbestaan van die wildspesie word nie bedreig nie.78

Die wildspesie is nie in stryd met die bepalings van die land se omgewingswette bekom nie.79

Die wildspesie word op ’n wyse vervoer wat die risiko van besering en wrede behandeling minimaliseer.80

Die invoerpermit vir die spesie is reeds toegestaan.81

Die voortbestaan van die wildspesie word nie bedreig nie.82

Die beoogde ontvanger van die wildspesie is toegerus om dit te huisves en te versorg.83

Die wildspesie mag nie vir kommersiële doeleindes aangewend word nie.84

2

Die wildspesie word nie tans met uitsterwing bedreig nie, maar kan in die toekoms daardeur bedreig word.85

Onderworpe aan streng regulering,86 of mag onder effektiewe beheer geplaas word.87

Die voortbestaan van die wildspesie word nie bedreig nie.88

Die wildspesie is nie in stryd met die bepalings van die land se omgewingswette bekom nie.89

Die wildspesie word op ’n wyse vervoer wat die risiko van besering en wrede behandeling minimaliseer.90

Bewys is gelewer van ’n uitvoerpermit of ’n heruitvoer-sertifikaat wat reeds toegestaan is.91

3

Die wildspesie word deur die betrokke land geïdentifiseer en uitgesonder as bewarenswaardig.92

Onderworpe aan regulering binne die betrokke land se jurisdiksie.93

Wetenskaplik gebaseerde bevindinge word nie gebruik om die wildspesie te lys nie.

Benodig steun van ander lande.

Die wildspesie is nie in stryd met die bepalings van die land se omgewingswette bekom nie.94

Die wildspesie word op ’n wyse vervoer wat die risiko van besering en wrede behandeling minimaliseer.95

’n Sertifikaat van oorsprong.96

’n Uitvoerpermit wat reeds toegestaan is.97

 

Kort nadat die CITES in werking getree het, is dit as die magna carta libertatum van wildspesies beskou.98 Van daar is die CITES as een van die bekendste internasionale verdrae ter wêreld beskryf,99 maar sedertdien is dit ook skerp gekritiseer.100 Die CITES se vermoë om, as ’n internasionale verdrag, wildmisdaad op ’n nasionale vlak te bekamp, word ook bevraagteken.101 Meer onlangs maak Wandesforde-Smith102 die volgende opmerking:

[A]lthough much of the controversy about the best way to deal with illegal wildlife trade implicates CITES … apart from CITES there is no other international environmental law that can be invoked to counteract species loss from wildlife crime, and that is a large part of the reason why, despite its limitations, CITES continues to get so much attention.

Wandesforde-Smith se opmerking lei tot die vraag of die CITES werklik geskik is om alle aspekte van wildmisdaad te bekamp. Of het die CITES met verloop van tyd dié hoë agting verwerf bloot omdat dit die enigste bestaande verdrag in die internasionale arsenaal is wat deur lande ingespan kan word om één wesenlike aspek van wildmisdaad, naamlik onregmatige handel in wildspesies, tot ’n mate te bekamp?103 Scanlon104 beklemtoon dat kritici meestal die CITES verkeerd verstaan. Die CITES is in wese ’n internasionale handelsverdrag en ’n “comprehensive legally binding regime for tackling wildlife crime is beyond the scope of CITES”.105 Scanlon106 sê verder dat die CITES se mandaat reeds tot die uiterste verbreed is in ’n poging om lidlande in ’n posisie te plaas om mekaar te ondersteun in die bekamping van één aspek van wildmisdaad, naamlik onregmatige internasionale handel in wildspesies.107 Gesien vanuit dié perspektief is die CITES inderwaarheid ’n “agreement of remarkable scope and power”108 en ’n “remarkably potent tool”109 wat die spreekwoordelike juk met betrekking tot die bekamping van wildmisdaad te midde van internasionale regulatoriese tekortkominge opgeneem het.

Vervolgens word ander verbandhoudende internasionale verdrae van belang in die bekamping van wildmisdaad oorsigtelik bespreek.

3.2 Ander verbandhoudende internasionale verdrae van belang

Die bedrywighede van georganiseerde dwelm- en wapenmisdaadgroepe raak toenemend met dié van wildmisdaad vervleg.110 Naas onregmatige dwelmhandel, wapenhandel, handel in nagemaakte goedere en mensehandel word wildmisdaad as een van die mees winsgewende georganiseerde misdade ter wêreld bestempel.111 Wildmisdaad word as ’n wêreldwye tendens beskou112 wat verreikende bedreigings vir internasionale ontwikkeling en sekuriteit inhou.113 Volgens Nellemann114 kan sodanige wildmisdaad selfs tot die ontstaan van terrorisme en internasionale konflik bydra. Daarbenewens word verwante ernstige misdade met wildmisdaad geassosieer.115 Oortreders pleeg verwante ernstige misdade om die administratiewe proses verbonde aan die pleging van wildmisdaad te fasiliteer; sodanige misdade sluit onder meer korrupsie, belastingontduiking, geldwassery, bedrog en die wanbetaling van regeringsgelde in.116 Om hierdie redes kan die United Nations Convention Against Corruption, 2005 en die United Nations Convention Against Transnational Organised Crime, 2003 van belang wees in die bekamping van wildmisdaad.

In die volgende twee gedeeltes word die belang van hierdie verdrae in die bekamping van wildmisdaad kortliks bespreek.

3.2.1 United Nations Convention Against Corruption

Die United Nations Convention Against Corruption, 2005 bevat ’n omvattende reeks aanbevelings vir lande om verskeie oortredings wat met korrupsie verband hou, meer doeltreffend te bekamp en oortreders strafregtelik te vervolg. Die United Nations Office on Drugs and Crime117 stel voor dat lande die bepalings en aanbevelings van die verdrag in nasionale wetgewing bekragtig en toepas ten einde verwante ernstige misdade, wat gebruik word om wildmisdaad te pleeg, te bekamp. Regeringsamptenare wat binne die konteks van wildmisdaad by die pleging van hierdie ernstige misdade betrokke is, moet aan die pen ry en deur die regering vervolg word. Aanbevelings vir die bekamping van onder meer die volgende oortredings is in dié verdrag ingesluit: omkopery van regeringsamptenare;118 omkopery van buitelandse amptenare en amptenare van openbare internasionale organisasies;119 geldverduistering, wanbesteding van regeringsfondse of -eiendom deur ’n regeringsamptenaar;120 misbruik van invloed;121 misbruik van regeringsfunksies;122 ongeoorloofde verryking;123 omkopery in die privaat sektor;124 verduistering van eiendom in die privaat sektor;125 geldwassery uit die opbrengs van misdaad;126 verduistering;127 en dwarsboming van die gereg.128

3.2.2 United Nations Convention Against Transnational Organised Crime

Wildmisdaad word toenemend deur georganiseerdemisdaadgroepe129 en terroristegroepe gedomineer met die doel om finansiële voordeel daaruit te trek.130 Wildspesies word meestal nie in isolasie verhandel nie, maar is dikwels deel van ’n groter misdaadnetwerk wat onregmatige dwelm-, wapen- en mensehandel fasiliteer.131 Georganiseerdemisdaadgroepe en terroristegroepe se ervaring, netwerkdinamika, hulpbronne en misdaadkennis, gekombineer met die laerisiko-hoëwins-profiel van wildmisdaad, maak dit ’n aanloklike opsie om fondse op onregmatige wyse te bekom.132 Hoewel die United Nations Convention Against Transnational Organised Crime, 2003 nie spesifiek na wildmisdaad in die teks van die verdrag verwys nie, het die verdrag ’n wye omvang wat vier spesifieke misdade kriminaliseer, naamlik: deelname aan ’n georganiseerdemisdaadgroep,133 geldwassery,134 korrupsie135 en dwarsboming van die gereg.136 Ingevolge die United Nations Convention Against Transnational Organised Crime, 2003 is ’n georganiseerdemisdaadgroep (a) ’n gestruktureerde groep van drie of meer persone (b) wat vir ’n sekere tydperk bestaan en (c) saamspan om een of meer ernstige misdade te pleeg (d) wat ten doel het om direkte of indirekte finansiële of ander materiële voordeel daaruit te put.137 Die verdrag definieer ’n ernstige misdaad as ’n misdaad wat met minstens vier jaar tronkstraf of ’n meer ernstige straf strafbaar is.138 Die United Nations Office on Drugs and Crime139 verduidelik dat indien wildmisdaadplegers aan die voorgenoemde kriteria van ’n georganiseerdemisdaadgroep voldoen, en indien lande geskikte strawwe op nasionale vlak aan wildmisdaadplegers oplê, wildmisdaad as ’n sogenaamde ernstige misdaad in die United Nations Convention Against Transnational Organised Crime, 2003 ingelees kan word. Weens die toenemende betrokkenheid van georganiseerdemisdaadgroepe by wildmisdaad en die transnasionale aard van wildmisdaad, maan die United Nations Office on Drugs and Crime140 en die United Nations General Assembly141 lande om die bepalings van die Convention Against Transnational Organised Crime, 2003 in nasionale wetgewing te bekragtig.142

Vanweë kritiek teen die CITES, internasionale regulatoriese tekortkominge en mislukte inisiatiewe het twee betreklik bekende argumente betreffende die bekamping van wildmisdaad ontstaan. Hierdie twee argumente word vervolgens bespreek.

 

4. Teenstrydige argumente betreffende die bekamping van wildmisdaad

Aan die een kant argumenteer sommige belanghebbendes dat alle internasionale handel in wildspesies en hul neweprodukte regmatig toegelaat moet word.143 Aan die ander kant argumenteer ’n ander groep belanghebbendes dat strenger handelsverbiedings die beste oplossing is.144

Die eerste argument is gewoonlik gebaseer op die kenmerke van ’n vryemarkstelsel.145 Daar word geargumenteer dat indien die aanbod in wildspesies en hul neweprodukte toeneem, die prys daarvan sal daal en wildmisdaad dienooreenkomstig sal afneem, aangesien die wildspesies en hul neweprodukte vrylik en regmatig beskikbaar is en dit nie meer so winsgewend sal wees om wildmisdaad te pleeg nie.146 Wiersema147 waarsku egter dat dié argument meestal op foutiewe aannames en spekulasie gebaseer is.148 Aannames van dié aard kan ernstige toekomstige gevare inhou,149 naamlik:

  1. ’n Vryemarkstelsel kan juis in sommige gevalle, vanweë die prysverlaging, die vraag na (voorheen verbode, skaars of duur) goedere stimuleer, aangesien dit dan binne die finansiële bereik van ’n groter groep verbruikers is.150
  2. Indien bedreigde wildspesies en hul neweprodukte skielik vrylik beskikbaar is, word die stigma wat daaraan verbonde was om dit te besit en te gebruik, verminder, wat ook die vraag daarna kan verhoog.151
  3. Sou die vraag na wildspesies en hul neweprodukte aangevul word deur wildspesies wat in aanhouding geteel word, kan sommige verbruikers steeds die vraag na “wilde” wildspesies (wat in hul natuurlike omgewing gestroop is) en hul neweprodukte stimuleer.152 In dié geval sal daar bloot dubbele markte153 vir wildspesies en hul neweprodukte ontstaan wat vanuit sowel ’n regmatige as ’n onregmatige oorsprong spruit en sal wildmisdaad steeds voorkom.154
  4. Onregmatige markte van wildspesies en hul neweprodukte sal nie verdwyn nie, maar eerder die tekorte in regmatige markte aanvul.155

Wat die tweede argument betref, is die sukses van handelsverbiedings nie in alle gevalle onweerlegbaar nie,156 aangesien dit gewoonlik aan te veel skuiwergate, uitsonderings en onsekerheid onderworpe is, byvoorbeeld:157

  1. Daar bestaan in die meeste gevalle ’n diskrepansie tussen internasionale handelsverbiedings en nasionale handelsbepalings (byvoorbeeld die regmatige nasionale handel in wildspesies en hul neweprodukte wat in Bylaag 1 van die CITES gelys is).158
  2. Die indruk word geskep dat hoewel ’n handelsverbod ingestel is, daar tog sekere kanale is waardeur die wildspesies en hul neweprodukte verkrygbaar is, of alternatiewelik dat handel in sommige gevalle goed vir ’n betrokke wildspesie kan wees,159 
    1. byvoorbeeld gedurende tydperke wanneer die verbod op internasionale handel tydelik opgeskort en internasionale handel in ivoor toegelaat word
    2. (waar uitsonderings byvoorbeeld vir die uitreik van handelspermitte vir die doeleindes van trofeejag toegestaan word.
  3. Handelsverbiedings kan die sanksies verbonde aan die pleeg van wildmisdaad laat toeneem, wat wildmisdaad moontlik kan laat afneem.160
  4. Die vraag na wildspesies waarop ’n handelsverbod geplaas is, kan toeneem omdat die verbod op handel ’n tekort aan aanbod veroorsaak, wat aanleiding kan gee tot ’n verhoging van die kommersiële waarde daarvan, wat weer tot hoër vlakke van wildmisdaad kan lei.161

Beide voorgaande argumente162 word as riskante eksperimente bestempel, gepaardgaande met onsekerheid en kompleksiteit, aangesien biodiversiteit in so ’n krisis verkeer dat daar geen ruimte vir eksperimentering en mislukkings is nie.163 Die onvoorspelbare nagevolge wat dié twee uiterstes inhou, illustreer dat drastiese stappe ook nie die sleutel tot die bekamping van wildmisdaad inhou nie. Wiersema164 beklemtoon in dié verband dat die internasionaal erkende voorsorgbeginsel165 in tye van onsekerheid toepassing moet vind en dat gesaghebbendes tydens die proses van besluitneming, bestuur, regulering, data-insameling en die lys van wildspesies op die CITES se bylae met omsigtigheid moet optree.166

Vanweë die wesenlike tekortkominge in die internasionale regsraamwerk en uiteenlopende argumente oor die mees effektiewe pad vorentoe, moet ’n middeweg in die bekamping van wildmisdaad inmiddels gevind word. Sodanige middeweg word in die volgende gedeelte van die artikel ondersoek en beskryf.

 

5. ’n Klemverskuiwing as die middeweg

Wiersema167 voer aan dat ’n klemverskuiwing in die bekamping van wildmisdaad ’n nuwe dimensie vir belanghebbendes kan bewerkstellig en as ’n moontlike middeweg in die bekamping van wildmisdaad bestempel kan word. Hy168 verduidelik dat die eerste konseptuele klemverskuiwing behels dat die CITES nie ex cathedra, of hiërargies hoër, teenoor ander regionale en nasionale wetgewing en reguleringsmaatreëls wat poog om wildmisdaad te bekamp en te bestuur, geplaas word nie. Wiersema169 stel dit dat belanghebbendes op ’n dwaalspoor gebring is om te glo dat wildmisdaad ’n stryd is wat slegs op die internasionale front van onregmatige handel in wildspesies beveg moet word. Wandesforde-Smith170 onderskraag dié voorgestelde klemverskuiwing deur te bepaal dat daar meer aandag geskenk moet word aan die ontwikkeling en uitbreiding van nasionale pogings om wildmisdaad te bekamp. Die onderskeie handelinge wat deel uitmaak van wildmisdaad strek egter oor lands- en kontinentale grense, wat klem plaas op die belang van samewerkende verbintenisse tussen lande asook die koördinering van internasionale, streeks- en nasionale wetgewing en reguleringsmaatreëls.171 Volgens dié beskouing word die CITES en enige ander bestaande verbandhoudende (streeks- en nasionale) reguleringsmaatreëls as skakels in ’n ketting beskou, waar al die skakels gelykwaardig bydra tot die algehele sterkte van die ketting.172 Sodanige beskouing toon dan aan dat die CITES binne ’n spesifieke konteks tersaaklik is, dat die CITES se reguleringsmaatreëls wel ontoereikend is om alle aspekte van wildmisdaad te dek, maar dat die CITES nie om dié rede heeltemal irrelevant is nie.

Die tweede klemverskuiwing behels dat belanghebbendes wildmisdaad vanuit ’n holistiese perspektief moet sien. Hiervolgens word daar van belanghebbendes verwag om hul fokus te verplaas van die bekamping van ’n enkele aspek van wildmisdaad, byvoorbeeld die fokus op die CITES en onwettige handel in wildspesies,173 na die bekamping van alle moontlike handelinge, die verskillende betrokke rolspelers, dryfvere en negatiewe gevolge wat deel uitmaak van wildmisdaad.174 Bowman,175 wat ook ’n breër interdissiplinêre benadering aanmoedig, waarsku teen kortsigtigheid en dat ’n wanbegrip van die totale omvang van wildmisdaad kontemporêre beleidmaking nog verder kan inhibeer. Hy176 erken ook dat regsontwikkeling ’n tydrowende proses is, maar dat ’n pluralistiese benadering steeds die beste vooruitsig op rasionele vooruitgang op lang termyn bied. Wiersema177 voorspel dat die resultaat wat ’n klemverskuiwing sal oplewer, ’n kombinasie van formele regsinstrumente (in die vorm van wetgewing en reguleringsmaatreëls) asook die integrasie van aanvullende oplossings kan insluit.

Die stelselmatige ontwikkeling van ’n meer holistiese perspektief rakende die bekamping van wildmisdaad is vanuit verskillende verwikkelinge reeds waarneembaar:178

  1. ’n Groot aantal verbandhoudende kwasiregsinstrumente in die vorm van verdrae, verklarings, strategieë, ooreenkomste, doelwitte, konferensies, resolusies, beginsels vir beste praktyk, strategiese hulpbronne en tegniese riglyne is die afgelope jare deur organisasies en lande ontwikkel.179
  2. Verskeie navorsingsprojekte word op dié terrein onderneem wat tot toekomstige verbeterde probleemformulering en aanvullende oplossings kan lei.180
  3. Omvangryke finansiële en ander steun word deur regerings, privaat donateurs, nieregeringsorganisasies en hooggeplaastes beskikbaar gestel om wildmisdaad te bekamp.181
  4. ’n Menigte wildspesies geniet beskerming ingevolge die CITES en die IUBN-rooilys (die lyste word deurlopend hersien).182
  5. Verskeie kommunikasieplatforms, databasisse, rekenaarprogrammatuur, selfoontoepassings en in situ­-geografiese-inligtingstelsels is ontwikkel waar inligting en rekords oor wildmisdaad, regmatige en onregmatige handel, konfiskasies en vervolgings tussen lande gedeel kan word.183
  6. Aanvullende onderrig en opleiding en toegang tot nuwerwetse tegnologiese hulpbronne word aan doeanebeamptes, wildbewaarders, staatsaanklaers en regters beskikbaar gestel.184
  7. Toenemende aandag word aan die ontwikkeling van aanbodverlagingstrategieë geskenk.185
  8. Die ontwikkeling van modelle om georganiseerde misdaadgroepe en ander wildstropers se aktiwiteite te voorspel, onderskep en ontwrig, bied waardevolle kontemporêre insig spesifiek in die bekamping van renosterstropery – ’n model wat oor die potensiaal beskik om breër toepassing te geniet.186
  9. Voorstelle vir en ondersoeke na die lewensvatbaarheid van alternatiewe invalshoeke kan ook tot die bekamping van wildmisdaad bydra, soos die gebruik van ’n militêre benadering tot natuurbewaring187 of die inkorporasie van gemeenskapsgebaseerde natuurbewaring op voetsoolvlak.188

 

6. Gevolgtrekking

Die doel van hierdie artikel was om ’n middeweg in die bekamping van wildmisdaad te ondersoek en te beskryf deur bestaande reguleringsmaatreëls, asook die integrasie van moontlike aanvullende oplossings, onder die loep te neem.

Wildmisdaad, wat beskou word as ’n hedendaagse komplekse probleem, kan grootliks baat by ’n veelvlakkige, meerdimensionele, kruissektorale en holistiese reaksie totdat die ware omvang daarvan bepaal is. Só ’n reaksie moedig medewerking en vernuwing van kenners uit uiteenlopende dissiplines aan. Die formulering van ’n universele definisie van wildmisdaad, asook die vasstelling van die dryfvere en negatiewe gevolge daarvan, kan waarskynlik bydra tot die vasstelling van sowel die ware omvang as die formulering van wetgewing en beleid om wildmisdaad te bekamp. Die ontwikkeling en node van ’n omvattende internasionale verdrag wat beste praktyk en wetgewende verwagtinge vir die bekamping van wildmisdaad op internasionale en nasionale vlak voorskryf, is wel debatteerbaar weens die faktore soos deur Scanlon uiteengesit.

Lank reeds steun lande swaar op die reguleringsmaatreëls van die CITES om wildmisdaad te bekamp, aangesien die CITES die enigste internasionale verdrag daarstel wat met die bekamping van één komponent van wildmisdaad verband hou, naamlik die regulering van internasionale handel in wildspesies. Te midde van regulatoriese tekortkominge is die CITES se mandaat al sedertdien tot die uiterste verbreed in ’n poging om binne die internasionale arena bewusmaking oor wildmisdaad te skep en om lande by te staan om wildmisdaad te bekamp deur reguleringsmaatreëls vir internasionale handel in bedreigde wildspesies voor te skryf.

Die voorgestelde middeweg is eerstens gesetel in ’n klemverskuiwing wat wegdoen met die huidige beskouing dat die bekamping van wildmisdaad begin en eindig met die bekragtiging en toepassing van die CITES. Tweedens moet die fokus eerder van die CITES verplaas word na ’n meer holistiese benadering waar die bekamping van wildmisdaad nie alleen op die CITES gebaseer is nie, maar eerder ’n benadering is waar die CITES één stel reguleringsmaatreëls van ’n hele versameling verteenwoordig wat elk poog om verskillende aspekte van wildmisdaad te bekamp. Die toepassing van die United Nations Convention Against Corruption, 2005 en die United Nations Convention Against Transnational Organised Crime, 2003 is byvoorbeeld binne die konteks van wildmisdaad ondersoek en uitgewys. Die voorgestelde middeweg erken die plek en rol van bestaande reguleringsmaatreëls, maar moedig vernuwing en kreatiwiteit in die ontwikkeling en integrasie van aanvullende oplossings aan. Van daar blyk die middeweg in die bekamping van wildmisdaad inmiddels gelykstaande te wees aan die aggregaat van enige bestaande internasionale of nasionale reguleringsmaatreëls, tesame met die integrasie van enige aanvullende oplossings wat potensiële voordeel vir die bekamping van wildmisdaad kan inhou. Luidens die sogenaamde nirwanadrogredenasie189 toon die voorgestelde middeweg waarskynlik kenmerke van onvolmaaktheid, maar dit is steeds ’n beter alternatief as geen oplossing nie. ’n Ondersoek na twee bekende teenstrydige argumente met betrekking tot die bekamping van wildmisdaad illustreer dat drastiese stappe as riskante eksperimente beskou word vanweë die onvoorspelbaarheid van die nagevolge daarvan en dat die internasionaal erkende voorsorgbeginsel in tye van onsekerheid toepassing moet vind.

Die verwagte resultaat wat ’n holistiese benadering kan oplewer, is ’n kombinasie van formele regsinstrumente (in die vorm van wetgewing en reguleringsmaatreëls) en vernuwende aanvullende oplossings wat ingespan kan word om elk ’n unieke aspek van wildmisdaad te dek. Die stelselmatige ontwikkeling en toepassing van ’n meer holistiese benadering is reeds, soos aangedui, vanuit verskillende verwikkelinge waarneembaar.

 

Bibliografie

Aikman, P. 2003. Using a 30 year old treaty to combat the illegal timber trade. International Forestry Review, 5(3):307–13.

Biegus, O. en C. Bueger. 2017. Poachers and pirates: improving coordination of the global response to wildlife crime. SA Crime Quarterly, 60(2017):29–36.

Biggs, D., F. Courchamp, R. Martin en H.P. Possingham. 2013. Legal trade of Africa’s rhino horns. Science, 339(6123):1038–9.

Bowman, M. 2013. A tale of two CITES: divergent perspectives upon the effectiveness of the wildlife trade convention. Review of European Community and International Environmental Law, 22(3):228–38.

Bowman, M., P. Davies en C. Redgwell. 2010. Lyster’s international wildlife law. 2de uitgawe. New York: Cambridge University Press.

Boyle, L. 2020. Can tech-savvy tools take down illegal wildlife trafficking? (3 September 2022 geraadpleeg).

Braun, R.A. 2000. Lions, tigers and bears [oh my]: how to stop endangered species crime. Fordham Environmental Law Journal, 11(2):545–86.

Broad, S., T. Mulliken en D. Roe. 2003. The nature and extent of legal and illegal trade in wildlife. In Oldfield (red.) 2003.

Ceballos, G., P.R. Ehrlich en R. Dirzo. 2017. Biological annihilation via the ongoing sixth mass extinction signaled by vertebrate population losses and declines. Proceedings of the National Academy of Sciences, 114(30):6089–96.

Challender, D.W.S., S.R. Harrop en D.C. MacMillan. 2015. Towards informed and multi-faceted wildlife trade interventions. Global Ecology and Conservation, 3(2015):129–48.

Challender, D.W.S. en D.C. MacMillan. 2014. Poaching is more than an enforcement problem. Conservation Letters, 7(5):484–94.

Clarke, A.J. en A. Babic. 2016. Wildlife trafficking trends in sub-Saharan Africa. In Organisation for Economic Co-Operation and Development 2016.

Conrad, K. 2012. Trade bans: a perfect storm for poaching? Tropical Conservation Science, 5(3):245–54.

Convention on International Trade in Endangered Species of Wild Fauna and Flora. 2018. The CITES species. (20 Oktober 2022 geraadpleeg).

—. 2019a. Introduction from the sea (2 Oktober 2022 geraadpleeg).

—. 2019b. National laws for implementing the convention (25 November 2022 geraadpleeg).

—. 2019c. National legislation project (25 November 2022 geraadpleeg).

—. 2019d. What is CITES? (29 Oktober 2022 geraadpleeg).

Cooney, R. en P. Jepson. 2006. The international wild bird trade: What’s wrong with blanket bans? Oryx, 40(1):18–23.

Cooney, R., D. Roe, H. Dublin, J. Phelps, D. Wilkie, A. Keane e.a. 2016. From poachers to protectors: engaging local communities in solutions to illegal wildlife trade. Conservation Letters, 10(3):367–74.

Couzens, E. 2013. CITES at forty: never too late to make lifestyle changes. Review of European Community and International Environmental Law, 22(3):311–23.

Crookes, D.J. en J.N. Blignaut. 2015. Debunking the myth that a legal trade will solve the rhino horn crisis: a system dynamics model for market demand. Journal for Nature Conservation, 28:11–8.

Demsetz, H. 1969. Information and efficiency: another viewpoint. Journal of Law and Economics, 12(1):1–22.

Dickson, B. 1999. The precautionary principle in CITES: a critical assessment. Natural Resources Journal, 39(1999):211–28.

Duffy, R. 2014. Waging a war to save biodiversity: the rise of militarised conservation. International Affairs, 90(4):819–34.

—. 2016. War, by conservation. Geoforum, 69:238–48.

Duffy, R., F.A.V. St John, B. Büscher en D. Brockington. 2015. The militarisation of anti-poaching: undermining long term goals? Environmental Conservation, 42(4):345–8.

Favre, D.S. 1993. Debate within the CITES community: what direction for the future? Natural Resources Journal, 33:875–918.

Fedotov, Y. en J.E. Scanlon. 2013. Wildlife crime ranks among trafficking in drugs, arms and humans (24 September 2022 geraadpleeg).

Fisher, D. 2013. Legal reasoning in environmental law: a study of structure, form and language. Cheltenham: Edward Elgar Publishing.

Gehring, T. en E. Ruffing. 2008. When arguments prevail over power: the CITES procedure for the listing of endangered species. Global Environmental Politics, 8(2):123–48.

Gillespie, A. 2011. Conservation, biodiversity and international law. Cheltenham: Edward Elgar Publishing.

Haas, T.C. en S.M. Ferreira. 2015. Federated databases and actionable intelligence: using social network analysis to disrupt transnational wildlife trafficking criminal networks. Security Informatics, 4(1):1–14.

—. 2016. Combating rhino horn trafficking: the need to disrupt criminal networks. PLOS ONE, 11(11):1–26.

—. 2018. Optimal patrol routes: interdicting and pursuing rhino poachers. Police Practice and Research, 19(1):61–82.

Haenlein, C. en M.L.R. Smith. 2016. Introduction. In Haenlein en Smith (reds.) 2016.

Haenlein, C. en M.L.R. Smith (reds.). 2016. Poaching, wildlife trafficking and security in Africa: myths and realities. Londen: Routledge.

Hepworth, R. 1998. The independent review of CITES. Journal of International Wildlife Law and Policy, 1(3):412–32.

Hobbs, R.J. en H.A. Mooney. 1998. Broadening the extinction debate: population deletions and additions in California and Western Australia. Conservation Biology, 12(2):271–83.

Holden, J. 1998. By hook or by crook: a reference manual on illegal wildlife trade and prosecutions in the United Kingdom (21 Oktober 2022 geraadpleeg).

Hutton, J. en B. Dickson (reds.). 2000. Endangered species, threatened convention: the past, present and future of CITES. Londen: Earthscan Publications.

Huxley, C. 2000. CITES: the vision. In Hutton en Dickson (reds.) 2000.

International Conservation Caucus Foundation. 2015. Wildlife crime checklist. http://bit.ly/38umJwq (1 Oktober 2022 geraadpleeg).

International Consortium on Combating Wildlife Crime. 2016. Indicator framework for combating wildlife and forest crime. http://bit.ly/2P9ZbFL (11 Oktober 2022 geraadpleeg).

International Fund for Animal Welfare. 2008. Criminal nature: the global security implications of the illegal wildlife trade 2008. http://bit.ly/2oYR4gK (8 September 2022 geraadpleeg).

Kingsford, R.T., J.E.M. Watson, C.J. Lundquist, O. Venter, L. Hughes, E. L. Johnston e.a. 2009. Major conservation policy issues for biodiversity in Oceania. Conservation Biology, 23(4):834–40.

Layne, E.N. 1973. Eighty nations write magna carta for wildlife. Audubon, 75(3):99.

Lunstrum, E. 2014. Green militarization: anti-poaching efforts and the spatial contours of Kruger National Park. Annals of the Association of American Geographers, 104(4):816–32.

—. 2015. Conservation meets militarisation in Kruger National Park: historical encounters and complex legacies. Conservation and Society, 13(4):356–69.

Martin, R.B. 2000. When CITES works and when it does not. In Hutton en Dickson (reds.) 2000.

Massé, F., A. Gardiner, R. Lubilo en M.N. Themba. 2017a. Inclusive anti-poaching? Exploring the potential and challenges of community-based anti-poaching. SA Crime Quarterly, 60:19–27.

Massé, F., E. Lunstrum en D. Holterman. 2017b. Linking green militarization and critical military studies. Critical Military Studies, 4(2):201–21.

Maxwell, S.L., R.A. Fuller, T.M. Brooks en J.E. Watson. 2016. The ravages of guns, nets and bulldozers. Nature, 536(7615):143–5.

McKie, R. 2014. Earth faces sixth “great extinction” with 41% of amphibians set to go the way of the dodo. http://bit.ly/2BZ0JNq (15 Augustus 2022 geraadpleeg).

Mellgard, E. 2013. Tracking the traffickers: President Obama against poaching. http://on.cfr.org/2BtAPQW (29 Oktober 2022 geraadpleeg).

Michel, D.R. 2018. Militarization of conservation. MA-verhandeling, City University of New York.

Milner-Gulland, E.J. 1993. An econometric analysis of consumer demand for ivory and rhino horn. Environmental and Resource Economics, 3(1):73–95.

Mogomotsi, G.E.J. en P.K. Madigele. 2017. Live by the gun, die by the gun: Botswana’s “shoot-to-kill” policy as an anti-poaching strategy. SA Crime Quarterly, 60:51–9.

Moneron, S., A. Armstrong en D. Newton. 2020. The people beyond the poaching: interviews with convicted offenders in South Africa. https://bit.ly/3cI3qCk (30 September 2022 geraadpleeg).

Moreto, W.D. (red.). 2018. Wildlife crime: from theory to practice. Philadelphia: Temple University Press.

Morgan, S. 2017. Dear John, our response to your rhino horn auction. http://bit.ly/353PApq (7 Augustus 2022 geraadpleeg).

Nellemann, C., R.K. Formo, J. Blanc, D. Skinner, T. Milliken en T. De Meulenaer (reds.). 2013. Elephants in the dust: the African elephant crisis. http://bit.ly/2BYHsM5 (1 November 2022 geraadpleeg).

Nellemann, C., R. Henriksen, A. Kreilhuber, D. Stewart, M. Kotsovou, P. Raxter, E. Mrema en S. Barrat (reds.). 2016. The rise of environmental crime: a growing threat to natural resources, peace, development and security. https://bit.ly/3eDGwl0 (1 November 2022 geraadpleeg).

Nellemann, C., R. Henriksen, P. Raxter, N. Ash en E. Mrema (reds.). 2014. The environmental crime crisis: threats to sustainable development from illegal exploitation and trade in wildlife and forest resources. https://bit.ly/3g1kzg5 (1 November 2022 geraadpleeg).

Nicolson, G. 2017. Rhino horns online auction: a solution to some, a disaster to many. http://bit.ly/2OXACf8 (7 Augustus 2022 geraadpleeg).

Nurse, A. 2015. Policing wildlife: perspectives on the enforcement of wildlife legislation. Londen: Palgrave Macmillan.

Nuwer, R.L. 2018. Poached: inside the dark world of wildlife trafficking. New York: Da Capo Press.

Oberem, P. 2019. Legalising rhino horn trade the obvious answer to SA’s poaching problems. http://bit.ly/2OXnrKY (14 September 2022 geraadpleeg).

Offor, I. 2020. Animals and the impact of trade law and policy: a global animal law question. Transnational Environmental Law, 9(2):239–62.

Oldfield, S. (red.). 2003. The trade in wildlife: regulation for conservation. Londen: Earthscan Publications.

Organisation for Economic Co-Operation and Development. 2012. Illegal trade in environmentally sensitive goods. Parys: OECD Publishing.

—. 2016. Illicit trade: converging criminal networks. Parys: OECD Publishing.

Parry-Jones, R. en C. Allan. 2019. Tackling wildlife crime: annual review 2018. http://bit.ly/33Mzyz3 (20 Oktober 2022 geraadpleeg).

Reeve, R. 2002. Policing international trade in endangered species: the CITES treaty and compliance. Londen: Earthscan Publications.

—. 2006. Wildlife trade, sanctions and compliance: lessons from the CITES regime. International Affairs, 82(5):881–97.

Rillig, M.C., W. Kiessling, T. Borsch, A. Gessler, A.D. Greenwood, H. Hofer, F. Jeltsch e.a. 2015. Biodiversity research: data without theory – theory without data. Frontiers in Ecology and Evolution, 3:1–4.

Rittel, H.W.J. en M.M. Webber. 1973. Dilemmas in a general theory of planning. Policy Sciences, 4(2):155–69.

Rivalan, P., V. Delmas, E. Angulo, L.S. Bull, R.J. Hall, F. Courchamp, A.M. Rosser en N. Leader-Williams. 2007. Can bans stimulate wildlife trade? Nature, 447(7144):529–30.

Roe, D., S. Milledge, R. Cooney, M. Sas-Rolfes, D. Biggs, M. Murphree en A. Kasterine. 2014. The elephant in the room: sustainable use in the illegal wildlife trade debate. http://bit.ly/2YNcK0S (16 Oktober 2022 geraadpleeg).

Rosen, G.E. en K.F. Smith. 2010. Summarizing the evidence on the international trade in illegal wildlife. EcoHealth, 7(1):24–32.

Santos, A., T. Satchabut en G. Vigo-Trauco. 2001. Do wildlife trade bans enhance or undermine conservation efforts? Applied Biodiversity Perspective Series, 1(3):1–15.

Sas-Rolfes, M. 1998. Who will save the wild tiger? http://bit.ly/2PlPWB9 (7 November 2022 geraadpleeg).

Sas-Rolfes, M., D.W. Challender, A. Hinsley, D. Veríssimo en E.J. Milner-Gulland. 2019. Illegal wildlife trade: scale, processes, and governance. Annual Review of Environment and Resources, 44(2019):201–28.

Save the Rhino. 2014. What is United for Wildlife? http://bit.ly/2J5xzOt (19 Oktober 2022 geraadpleeg).

Scanlon, J.E. 2019. Do we need a wildlife crime convention? http://bit.ly/34DfT5H (1 Desember 2022 geraadpleeg).

—. 2020. A fresh look at global wildlife trade law: Can CITES help prevent pandemics? https://bit.ly/3h7HMt7 (9 Augustus 2022 geraadpleeg).

Scheffers, B.R., B.F. Oliveira, I. Lamb en D.P. Edwards. 2019. Global wildlife trade across the tree of life. Science, 366(6461):71–6.

Secretary-General of the General Assembly of the United Nations. 2016. Tackling illicit trafficking in wildlife: report of the Secretary-General. https://bit.ly/3Vz1UZh (15 Oktober 2022 geraadpleeg).

Sellar, J.M. 2010. How serious is wildlife crime? Freedom from Fear Magazine, (6):22–5. http://bit.ly/3TaYr2i (20 Oktober 2022 geraadpleeg).

Shelley, L. en K. Kinnard. 2018. The convergence of trade in illicit rhino horn and elephant ivory with other forms of criminality. In Moreto (red.). 2018.

Snyman, I. 2021. Regsperspektiewe op gemeenskapsgebaseerde natuurbewaring in die bekamping van wildmisdaad in Suid-Afrika. LLD-proefskrif, Noordwes-Universiteit.

Somerville, K. 2018. Militarization of conservation: an army of occupation, not protection. http://bit.ly/36qqEIU (9 Augustus 2022 geraadpleeg).

South African National Biodiversity Institute. 2019. National biodiversity assessment 2018: the status of South Africa’s ecosystems and biodiversity. http://bit.ly/2RkuLBB (23 September 2022 geraadpleeg).

The Royal Household. 2018. The duke of Cambridge unveils new united for wildlife declaration to tackle illegal wildlife trade. http://bit.ly/2J1868L (19 Oktober 2022 geraadpleeg).

TRAFFIC. 2008. What’s driving the wildlife trade? http://bit.ly/2F3rgYy (17 Augustus 2022 geraadpleeg).

United for Wildlife. 2019. About us. http://bit.ly/2Mtwp1v (19 Oktober 2022 geraadpleeg).

United Nations. 2019. Sustainable development goals report 2019. https://bit.ly/2SB2QxH (4 Mei 2020 geraadpleeg).

United Nations Environment Programme. 2013. UNEP and INTERPOL assess impacts of environmental crime on security and development. http://bit.ly/2o1Gmqp (23 Oktober 2022 geraadpleeg).

—. 2014. Annual report 2014. http://bit.ly/2EKQkWN (5 Augustus 2022 geraadpleeg).

—. 2019. Global environmental outlook 6: healthy planet, healthy people. http://bit.ly/34ozkhX (3 November 2022 geraadpleeg).

United Nations Environment Programme and Ministry of Natural Resources and Environment: Department of Legal Affairs (Vietnam). 2017. International environmental law: multilateral environmental agreements. http://bit.ly/2oFZUE3 (1 November 2022 geraadpleeg).

United Nations Office on Drugs and Crime. 2010. The globalisation of crime: a transnational organised crime threat assessment. https://bit.ly/3rZkdJA (27 Augustus 2022 geraadpleeg).

—. 2012. Wildlife and forest crime analytic toolkit. http://bit.ly/2cHEETz (15 Oktober 2022 geraadpleeg).

—. 2014a. Guidelines on methods and procedures for ivory sampling and laboratory analysis. http://bit.ly/2scd5OH (11 November 2022 geraadpleeg).

—. 2014b. Wildlife crime worth USD 8–10 billion annually, ranking it alongside human trafficking, arms and drug dealing in terms of profits. http://bit.ly/2F3XBOZ (25 September 2022 geraadpleeg).

—. 2016. World wildlife crime report: trafficking in protected species. http://bit.ly/2clU3tw (12 Augustus 2022 geraadpleeg).

—. 2018. Guide on drafting legislation to combat wildlife crime. http://bit.ly/2seDhIs (11 November 2022 geraadpleeg).

Van As, J., J. du Preez, L. Brown en N. Smit. 2013. Die verhaal van lewe en die omgewing: ’n Afrika-perspektief. Kaapstad: Struik Nature.

Van Uhm, D.P. 2016. The illegal wildlife trade: inside the world of poachers, smugglers and traders. Cham: Springer International Publishing.

Vasquez, J.C. 2003. Compliance and enforcement mechanisms of CITES. In Oldfield (red.) 2003.

Venter, F. 2018. Legal research: purpose, planning and publication. Kaapstad: Juta.

Venter, F., A.J. van der Walt, C.F.C. van der Walt, N.J.J. Olivier, G.J. Pienaar en L.M. du Plessis. 1990. Regsnavorsing: metode en publikasie. Kaapstad: Juta.

Wandesforde-Smith, G. 2016. Looking for law in all the wrong places? Dying elephants, evolving treaties, and empty threats. Journal of International Wildlife Law and Policy, 19(4):365–81.

Wêreldbank. 2005. Going, going, gone: the illegal trade in wildlife in East and Southeast Asia. https://bit.ly/3T5xQ64 (22 Augustus 2022 geraadpleeg).

—. 2016. Analysis of international funding to tackle illegal wildlife trade. http://bit.ly/2NbcVxB (23 Oktober 2012 geraadpleeg).

—. 2018. Tools and resources to combat illegal wildlife trade. http://bit.ly/2m75xcG (14 September 2022 geraadpleeg).

—. 2019. Global wildlife program. http://bit.ly/31IkiSl (22 Oktober 2022 geraadpleeg).

White, R. 2008. Crimes against nature: environmental criminology and ecological justice. New York: Routledge.

—. 2011. Transnational environmental crime: toward an eco-global criminology. New York: Routledge.

Wiersema, A. 2013. Uncertainty and markets for endangered species under CITES. Review of European Community and International Environmental Law, 22(3):239–50.

—. 2015. Uncertainty, precaution and adaptive management in wildlife trade. Michigan Journal of International Law, 36(2015):375–424.

—. 2016. Incomplete bans and uncertain markets in wildlife trade. University of Pennsylvania Asian Law Review, 12(2016):65—87.

—. 2017. CITES and the whole chain approach to combating illegal wildlife trade. Journal of International Wildlife Law and Policy, 20(3–4):207–25.

Wijnstekers, W. 2011. The evolution of CITES. 9de uitgawe. Budakeszi: International Council for Game and Wildlife Conservation.

Willemsen, M. en R.A. Watson. 2018. Transdisciplinary approach to wildlife crime prevention. In Moreto (red.). 2018.

Wilson-Spath, A. 2019. The great elephant debate: legalising ivory trade will be a giant mistake. http://bit.ly/38iCs1y (7 November 2022 geraadpleeg).

World Wide Fund for Nature. 2020. Living planet report 2020: bending the curve of biodiversity loss. https://bit.ly/3360vAm (14 September 2022 geraadpleeg).

Wyatt, T. 2013. Wildlife trafficking: a deconstruction of the crime, the victims and the offenders. Londen: Palgrave Macmillan.

Zille, P. en C. Bell. 2020. Legalising rhino horn trade will be a disaster. https://bit.ly/33apT8y (30 Augustus 2022 geraadpleeg).

 

Eindnotas

1 Hierdie bydrae is gebaseer op gedeeltes uit hoofstuk 2 van die skrywer se proefskrif (Snyman 2021). Finansiële bystand deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns word hiermee erken. Menings uitgespreek en gevolgtrekkings wat bereik is, is dié van die skrywer en moet nie noodwendig aan hierdie instansie gekoppel word nie.

2 Parry-Jones en Allan (2019:3).

3 White (2008:5); Snyman (2021:5–10).

4 United Nations Office on Drugs and Crime (2012:34)

5 Weens die alleenstaande kompleksiteit van wildmisdaad word dit vir doeleindes van hierdie bydrae onderskei van misdade wat verband hou met wilde flora. Die fokus van hierdie bydrae is uitsluitlik op sg. misdade wat verband hou met fauna, oftewel wildspesies.

6 Nellemann e.a. (2014:7); Scheffers e.a. (2019:71–6); White (2011:55). Daar is na raming meer as 7 000 spesies fauna en flora wat die slagoffers van wildmisdaad is, en dié misdade is oor meer as 120 lande versprei. Sien United Nations (2019:52).

7 World Wide Fund for Nature (2020:20–1).

8 United Nations Environment Programme (2014:27); Cooney e.a. (2016:367).

9 Secretary-General of the General Assembly of the United Nations (2016:3); United Nations Office on Drugs and Crime (2012:14, 23; 2018:1–2).

10 Snyman (2021:383).

11 Wandesforde-Smith (2016:368).

12 Convention on International Trade in Endangered Species of Wild Fauna and Flora (2019d).

13 Secretary-General of the General Assembly of the United Nations (2016:3); United Nations Office on Drugs and Crime (2012:14; 2018:1–2).

14 United Nations Office on Drugs and Crime (2018:1).

15 Wêreldbank (2018:3).

16 Ibid.

17 Ibid.

18 Sien ook United Nations Environment Programme (2014:25).

19 Wêreldbank (2018:3).

20 Ibid.

21 Sien in die algemeen die bydraes oor navorsingsmetodologie in regstudies in Venter e.a. (1990); Venter (2018); Fisher (2013).

22 Snyman (2021:383).

23 Scanlon (2019).

24 Scanlon (2019) dui oorsigtelik aan wat binne die bestek van so ’n omvattende verdrag sou val: “An international agreement on wildlife crime could deal with all aspects of wildlife crime in a coordinated way. This could include, obliging countries to criminalise certain wildlife crimes, enhancing cooperation across international borders, including the exchange of information, training and technical assistance, providing a common agreed definition of wildlife crime that addresses illegal harvesting, poaching and illicit trafficking, and assisting CITES Parties to enforce its provisions through the criminal justice system. It could apply to CITES-listed species as well as species that are being illegally exploited by transnational organised criminals but are not yet listed under CITES.”

25 ’n Ondersoek na die node en inhoud van só ’n verdrag val buite die bestek van hierdie artikel, en toekomstige navorsing oor so ’n regsraamwerk word aangemoedig.

26 Oftewel “wicked problem”. Rittel en Webber (1973:160–7).

27 Willemsen en Watson (2018:256–7).

28 Rittel en Webber (1973:160–7).

29 Verwys na Snyman (2021:22–119) waar hierdie kompleksiteite in fyn besonderhede beskryf word.

30 United Nations Office on Drugs and Crime (2012:1, 2, 4).

31 Sas-Rolfes e.a. (2019:204); United Nations Office on Drugs and Crime (2012:34).

32 Nellemann e.a. (2014:17); Venter e.a. (1990:74).

33 Wyatt (2013:3–5).

34 Van Uhm (2016:57).

35 Wyatt (2013:3–5); Van Uhm (2016:57); Snyman (2021:38–59).

36 Ibid.

37 Sas-Rolfes e.a. (2019:203) beskryf dié posisie soos volg: “Activities along so-called trade chains, from harvest to end use, are seldom universally classified as completely illegal, especially when such activities cross jurisdictional boundaries. For example, it may be illegal to harvest a particular species from one location, but not from another … Alternatively, trade in a product may be legal within certain countries but become illegal once it crosses an international border … Furthermore, harvesting and trade may be illegal in most source countries, but consumption may remain legal in critical consumer countries.” Sien ook United Nations Office on Drugs and Crime (2012:34).

38 Broad e.a. (2003:15); Sas-Rolfes e.a. (2019:206–7); Moneron e.a. (2020:10–12).

39 United Nations Office on Drugs and Crime (2012:35).

40 Ibid.

41 United Nations Office on Drugs and Crime (2012:58, 147); Wyatt (2013:5).

42 Nellemann e.a. (2014:14,17).

43 Dié omvattende proses is deur die United Nations Office on Drugs and Crime in ’n verslag beskryf. Sien in die algemeen United Nations Office on Drugs and Crime (2018). ’n Bespreking aangaande die aanbevelings en bevindings van die verslag val buite die bestek van hierdie artikel.

44 Sien in die algemeen United Nations Office on Drugs and Crime (2018).

45 TRAFFIC (2008:vi); Organisation for Economic Co-Operation and Development (2012:26); Nellemann e.a. (2013:40); Snyman (2021:76–83).

46 Organisation for Economic Co-Operation and Development (2012:26).

47 Ibid.

48 ’n Volledige bespreking van die dryfvere vir wildmisdaad val buite die bestek van hierdie artikel. Raadpleeg in dié verband Snyman (2021:76–9).

49 Snyman (2021:79–84).

50 Snyman (2021:82–3).

51 Ibid.

52 Duffy e.a. (2015:345).

53 Snyman (2021:84–93).

54 Organisation for Economic Co-Operation and Development (2012:36).

55 Die Organisation for Economic Co-Operation and Development (2012:37) beklemtoon verder dat daar tans geen betroubare statistieke en data bestaan oor die ware omvang van omgewingsmisdade nie. Indien daar statistieke en data van dié aard beskikbaar sou wees, sou beleidmakers met groter gemak meer effektiewe oplossings kon formuleer.

56 Organisation for Economic Co-Operation and Development (2012:36); Wyatt (2013:39).

57 ’n Volledige beskrywing van die negatiewe gevolge van wildmisdaad val buite die bestek van hierdie artikel. Raadpleeg in dié verband Snyman (2021:85–7).

58 Snyman (2021:87–90).

59 Snyman (2021:90–3).

60 Wêreldbank (2018:3).

61 Wandesforde-Smith (2016:368).

62 Reeve (2006:881).

63 Convention on International Trade in Endangered Species of Wild Fauna and Flora (2019d). Art. 4(3) van die CITES laat dié mikpunt in ’n mate deurskemer. Die CITES se visieverklaring vir 2008 tot 2020 vermeld uitdruklik die mikpunt van CITES: “Conserve biodiversity and contribute to its sustainable use by ensuring that no species of wild fauna or flora becomes or remains subject to unsustainable exploitation through international trade, thereby contributing to the significant reduction of the rate of biodiversity loss and making a significant contribution towards achieving the relevant Aichi Biodiversity Targets.” Sien Resolution 16.3: CITES strategic vision: 2008–2020: 16th meeting of the conference of the parties of CITES, 2013 beskikbaar by http://bit.ly/35hWmHG. Die aanhef van die CITES is geformuleer te midde van ’n globale ontwaking tot omgewingsbewustheid. Die aanhef erken reeds in 1973 die dringendheid om internasionale handel in fauna en flora te reguleer en dat internasionale samewerking ’n kernkomponent in die uitvoering van die verdrag se reguleringsmaatreëls is. Sien die aanhef van die CITES; United Nations Environment Programme and Ministry of Natural Resources and Environment: Department of Legal Affairs (Vietnam) (2017:27); Hepworth (1998:412). Meer onlangs bevind die United Nations Environment Programme(2019:324) dat bestaande maatreëls om biodiversiteit te bewaar steeds in die algemeen onvoldoende is. Bedreigings vir die voortbestaan van biodiversiteit sluit die volgende in: misbruik en oormatige verbruik van biodiversiteit (bv. wildmisdaad en o.a. internasionale handel), habitatvernietiging en -verlies, ’n toename in landboubedrywighede, die verspreiding van uitheemse spesies, besoedeling, siektebesmetting en klimaatsverandering. Sien in dié verband United Nations Environment Programme (2019:146–52); Ceballos e.a. (2017:6090); Haenlein en Smith (2016:1); Kingsford e.a. (2009:834); Hobbs en Mooney (1998:272); Van As e.a. (2013:43–6); McKie (2014). Reeve (2002:82) stel dit dat die CITES sowel ’n omgewings- as ’n handelsverdrag is wat poog om mededingende aspekte van dié regsvelde met mekaar te versoen. Sien verder in die algemeen Bowman e.a. (2010:650–71) waar die internasionale handel in wildspesies as ’n kruissektorale kwessie bespreek word.

64 Hoewel lidlande hulself vrywillig tot die verdrag verbind, word ’n mandaat vir hulle gegee om die nodige stappe te doen om die inhoud en bepalings van die CITES in nasionale wetgewing te bekragtig. Sien art. 8 van die CITES. Die CITES verskil van ander multilaterale omgewingsooreenkomste in die sin dat die teks van die verdrag nie voorsiening maak vir ’n artikel wat maatreëls neerlê om te verseker dat lidlande voldoen aan die vereistes wat die CITES stel nie. In stede daarvan het ’n sekondêre stelsel van maatreëls ontwikkel by wyse van die CITES se resolusies en besluite wat geneem word tydens die konferensie van die partye wat maatreëls neerlê om lidlande te noop om te voldoen aan die vereistes wat die CITES stel. Sien Reeve (2006:882).

65 Artt. 3–6 van die CITES.

66 Art. 8 van die CITES. Die voorgeskrewe reguleringsmaatreëls hou verband met die ontwikkeling van ’n straf-en–boete-stelsel; prosedures tydens die konfiskering van wildspesies en hul neweprodukte; rekordhouding; en die voorlê van periodieke verslae aan die sekretaris.

67 Art. 8(1)(a) van die CITES. Daar bestaan tans geen voorgeskrewe standaard vir boetes en sanksies nie, en gevolglik varieer die mate van strafoplegging aansienlik tussen lidlande. Sien Bowman e.a. (2010:527–8) vir voorbeelde.

68 Die wetenskaplike owerheid is die taak opgelê om die bestuursowerheid te adviseer of die internasionale handel in wildspesies hul oorlewing in die natuur nadelig kan beïnvloed. Om dít vas te stel, steun die wetenskaplike owerheid op wetenskaplik gebaseerde bevindinge in belang van die wildspesie se voortbestaan (“scientifically based non-detriment findings”). Vir ’n voorbeeld van hierdie soort bevindinge sien AK 19 in SK 41393 van 23 Januarie 2018 (Non-detriment finding assessment of Panthera leo (African lion)). Die wetenskaplike owerheid moet ook vasstel of die beoogde ontvanger van die wildspesies toegerus is om hulle te huisves en te versorg. In die geval van uitvoere van wildspesies wat in Bylaag 2 gelys is, behoort die wetenskaplike owerheid die uitvoerpermitte wat toegestaan is, en die uitvoere wat wel plaasvind, te monitor. Indien die wetenskaplike owerheid tydens dié proses vind dat sodanige uitvoere beperk moet word om die wildspesie se rol in natuurlike ekostelsels te handhaaf, moet die wetenskaplike owerheid die bestuursowerheid adviseer oor die nodige stappe wat geïmplementeer moet word om die toestaan van uitvoerpermitte te beperk. Sien bv. artt. 3(2)(a), 3(3)(a)–(b), 3(5)(a), 4(2)(a), 4(3), 4(6)(a), en 9 van die CITES. Ander verantwoordelikhede van die wetenskaplike owerheid sluit o.m. in algemene raadgewing oor wetenskaplike kennis aan die bestuursowerheid; minimumstandaarde vir ’n gevangehoudingsteelfasiliteit (“captive breeding facility”); wetenskaplik gebaseerde bevindinge in belang van die wildspesie se voortbestaan vir die doel om voorstelle in te dien (en ander lande se voorstelle te beoordeel) rakende die wysiging van die CITES-bylae; identifisering van wildspesies; en raadgewing m.b.t. die wegdoen van gekonfiskeerde wildspesies en ander neweprodukte. Sien Resolution 10.3: Designation and role of the scientific authorities: 10th meeting of the conference of the parties of CITES, 1997 beskikbaar by https://bit.ly/3srrRAg; Resolution 16.7: Non-detriment findings: 16th meeting of the conference of the parties of CITES, 2013 beskikbaar by https://bit.ly/2URCIPU; Resolution 17.8: Disposal of illegally traded and confiscated specimens of CITES-listed species: 17th meeting of the conference of the parties of CITES, 2016, beskikbaar by http://bit.ly/2ND2kwN.

69 Die bestuursowerheid is hoofsaaklik verantwoordelik vir die uitreiking, aanvaarding en kontrolering van permitte en sertifikate in oorleg met die voorwaardes in die CITES. Ander verantwoordelikhede van die bestuursowerheid sluit o.m. in die merk van wildspesies en ander neweprodukte vir uitkenningsdoeleindes; vrystelling van die nakoming van die CITES-voorwaardes; versorging en berging van gekonfiskeerde wildspesies en ander neweprodukte; en kommunikasie met die sekretariaat en ander lidlande. Sien bv. artt. 3(2)(b)–(d), 3(3)(c), 4(2)(b)–(c), 5(2)(a)–(b), 6(7), en 8(4)(b) van die CITES. Resolution 18.6: Designation and role of management authorities: 18th meeting of the conference of the parties of CITES, 2019 beskikbaar by http://bit.ly/2NXrkzf.

70 Art. 2 van die CITES.

71 Art. 2(4) van die CITES. Die betrokke lande se wetenskaplike owerheid en bestuursowerheid speel ’n belangrike rol om te bepaal of die bepaalde voorwaardes nagekom is al dan nie. Sien in dié verband art. 9 van die CITES.

72 Reeve (2002:50).

73 Om die basiese werking van die CITES te begryp, bevat die tabel in hierdie artikel slegs die voorwaardes wat nagekom moet word vir die uitreik van invoer- en uitvoerpermitte vir internasionale handel in spesies wat in die onderskeie bylae gelys is. Die verdrag bevat egter aanvullende voorwaardes wat nagekom moet word vir ’n heruitvoersertifikaat en in gevalle van invoering van mariene spesies vanuit die see (“introduction from the sea”). Sien bv. in verband met die voorgenoemde twee gevalle artt. 3 (4), 3(5), 4(5), 4(6) van die CITES; Convention on International Trade in Endangered Species of Wild Fauna and Flora (2019a). Vir opsommings van die werking van die CITES, sien ook United Nations Environment Programme and Ministry of Natural Resources and Environment: Department of Legal Affairs (Vietnam) (2017:38–40); Wijnstekers (2011:47–8).

74 Die klassifikasie van die spesies geskied volgens die spesie se vlak van weerbaarheid of bedreigde status vanweë internasionale handel. Die status word vasgestel deur wetenskaplik gebaseerde bevindinge in belang van die wildspesie se voortbestaan (“scientifically based non-detriment findings”). Sien Wiersema (2017:209).

75 Sien art. 2(1) van die CITES. Daar is na raming 669 spesies en vyf subspesies fauna asook 334 spesies en vier subspesies flora in Bylaag 1 gelys. Die syfers is slegs ramings, aangesien daar geen volledige lys van fauna- en floraspesies bestaan nie. Sien Convention on International Trade in Endangered Species of Wild Fauna and Flora (2018).

76 Sien art. 2(1) van die CITES.

77 Ibid. Reeve (2006:881) beskryf Bylaag 1 as ’n “swartlys” van spesies. ’n Verbod word geplaas op internasionale handel vir kommersiële doeleindes op spesies wat in Bylaag 1 gelys is. Volgens Resolution 5.10: Definition of “primarily commercial purposes”: 5th meeting of the conference of the parties of CITES, 1985 beskikbaar by http://bit.ly/37kd5Mn word ’n aktiwiteit as “kommersieel” bestempel indien “its purpose is to obtain economic benefit (whether in cash or otherwise), and is directed toward resale, exchange, provision of a service or any other form of economic use or benefit”. Sekere uitsonderings word toegestaan vir sg. “non-commercial” doeleindes. Voorbeelde sluit o.m. in privaat, persoonlike en huishoudelike gebruiksitems (sien art. 7(3) van die CITES); die leen, skenk of uitruil van spesies tussen wetenskaplikes vir wetenskaplike doeleindes of die biomediese bedryf (sien art. 7(6) van die CITES); gedroogde en gebalsemde spesies wat deel uitmaak van museumuitstallings (ibid); regerings- of nieregeringsorganisasies mag spesies invoer vir opvoedings- en opleidingsdoeleindes (sien Resolution 5.10); ’n reisende sirkus, menagerie of ander uitstallings (sien art. 7(7) van die CITES); spesies bestem vir teelprogramme (sien art. 7(4)–(5) asook Resolution 10.16: Specimens of animal species bred in captivity: 10th meeting of the conference of the parties of CITES, 1997 beskikbaar by http://bit.ly/35eHVnN); en invoere deur professionele handelaars (sien Resolution 5.10).

78 Art. 3(2)(a) van die CITES.

79 Art. 3(2)(b) van die CITES.

80 Art. 3(2)(c) van die CITES.

81 Art. 3(2)(d) van die CITES.

82 Art. 3(3)(a) van die CITES.

83 Art. 3(3)(b) van die CITES.

84 Art. 3(3)(c) van die CITES.

85 Art. 2(2)(a) van die CITES. Die meeste fauna- en floraspesies is in Bylaag 2 gelys, en die lys verander voortdurend. Daar is na raming 4 952 spesies en 12 subspesies fauna asook 29 644 spesies (insluitend 93 populasies) flora in Bylaag 2 gelys. Sien Convention on International Trade in Endangered Species of Wild Fauna and Flora (2018). Reeve (2006:881) beskryf Bylaag 2 as ’n “voorsorglys” of “gryslys” van spesies wat onder streng regulering en ingevolge sekere voorwaardes vir kommersiële doeleindes internasionaal verhandel mag word.

86 Art. 2(a) van die CITES.

87 Art. 2(b) van die CITES.

88 Art. 4(2)(a) van die CITES.

89 Art. 4(2)(b) van die CITES.

90 Art. 4(2)(c) van die CITES.

91 Art. 4(4) van die CITES.

92 Art. 2(3) van die CITES. Die land benodig in dié geval ander lande se bystand om die gelyste fauna- en floraspesies te bewaar. Daar is na raming 190 spesies en 14 subspesies fauna asook 12 spesies en een variëteit (insluitend een populasie) flora in Bylaag 3 gelys. Sien Convention on International Trade in Endangered Species of Wild Fauna and Flora (2018).

93 Art. 2(3) van die CITES.

94 Art. 5(2)(a) van die CITES.

95 Art. 5(2)(b) van die CITES.

96 Art. 5(3) van die CITES.

97 Art. 5(3) van die CITES.

98 Layne (1973:99).

99 Huxley (2000:3).

100 ’n Lys met ’n aantal punte van kritiek teen die CITES word kortliks hier genoem:

  1. Daar bestaan ’n gebrek aan voldoende ratifisering en implementering van die CITES op ’n sowel nasionale as ’n regionale vlak. Volgens Vasquez (2003:65) “[c]urrently, a majority of parties rely on their general wildlife legislation, and sometimes on customs legislation or foreign trade legislation, to control trade in specimens of CITES-listed species. The use of such legislation can give rise to a variety of enforcement problems. Existing sector-based legislation is rarely suited to the specific requirements of the convention.” Die ontwikkeling van nasionale wetgewing vir die implementering van die CITES is van kardinale belang om te verseker dat die handel in gelyste spesies regmatig, volhoubaar en naspeurbaar is. Hoewel die bepalings van die CITES bindend is vir lidlande, is die bepalings nie selfuitvoerend nie. Dit beteken dat die CITES nie volledig nasionaal afgedwing kan word indien daar nie spesifieke wetgewende maatreëls vir dié doel ontwikkel word nie. Die CITES kan dus slegs deur die implementering van nasionale wetgewing voldoende funksioneer. Die National Legislation Project is die toonaangewende maatstaf wat die minimumstandaarde vir die implementering van die CITES en nasionale wetgewing neerlê. Lidlande se nasionale wetgewing word hiervolgens geëvalueer en in drie kategorieë gekategoriseer.
  2. Lidlande versamel data op ’n ongereelde en onreëlmatige wyse, wat ook onvolledige en ondeurlopende verslaggewing tot gevolg het.
  3. Daar is ’n gebrek aan voldoende doeane- en grensbeheer. Die doeane- en grensbeamptes is ontoereikend opgelei, swak toegerus om hul pligte uit te voer en word soms met ’n beskeie besoldiging vergoed.
  4. Bestaande skuiwergate, veral verbandhoudend met die permit- en sertifikaatstelsel, skep ruimte vir die ontstaan van korrupsie en ander verwante misdade. Wat moontlik kan bydra tot dié punt van kritiek, is dat die sekretariaat nie roetinepermitkontroles uitvoer nie.
  5. Swak koördinasie en kommunikasie tussen die bestuursowerhede, wetenskaplike owerhede, die sekretariaat en ander komitees.
  6. Die CITES maak geen voorsiening vir riglyne ten opsigte van boete- of strafoplegging nie.
  7. Lidlande is ongenoegsaam toegerus om na gekonfiskeerde wildspesies om te sien. Die koste van versorging, of om die wildspesie terug te besorg aan die land van oorsprong, is ook ’n kwelpunt. Die CITES het boonop geen beheer oor die welsyn van wildspesies wat internasionaal verhandel word nie. Dié tekort aan beheer is ’n beduidende teëvoeter van die mikpunt van die CITES. Sien Convention on International Trade in Endangered Species of Wild Fauna and Flora (2019b; 2019c); Resolution 8.4: National laws for implementation of the convention: 16th meeting of the conference of the parties of CITES, 2013 beskikbaar by http://bit.ly/2DcTm3l; Reeve (2002:458, 463–7; 2006:892–5); Challender e.a. (2015:139–42); Bowman e.a. (2010:525–31).

101 Sien in die algemeen die voorbeelde van Favre (1993); Martin (2000:29–37); Gehring en Ruffing (2008); Bowman (2013); Wiersema (2017); Couzens (2013); Aikman (2003); Braun (2000); Challender en MacMillan (2014).

102 Wandesforde-Smith (2016:368).

103 Soos voorheen genoem, is daar verskillende handelinge asook verwante misdade wat deel uitmaak van wildmisdaad en dat onregmatige handel in wildspesies maar slegs een van dié vele handelinge is.

104 Scanlon (2019).

105 Ibid.

106 Ibid; Scanlon (2020).

107 Ander skrywers wys op verdere tekortkominge van die CITES wat daarop dui dat CITES nooit ontwikkel is om wildmisdaad in die geheel te bekamp nie, nl.:

  1. Art. 1 van die CITES definieer nie die begrip wildmisdaad nie, identifiseer geen handelinge wat ’n wildmisdaad daarstel nie en maak geen voorsiening vir voorgestelde boetes en sanksies om oortreders te straf nie.
  2. Die CITES fokus nie op die onderliggende dryfvere van wildmisdaad nie.
  3. Die CITES bied slegs aan gelyste wildspesies beskerming, terwyl wildmisdaad veel wyer strek en talle ander spesies ook raak.
  4. Daar bestaan geen voldoende bewyse dat die CITES effektief is in die handhawing of herstel van dalende wildspesiegetalle nie.
  5. Die CITES oefen geen beheer oor binnelande handel in wildspesies uit nie, ondanks die feit dat binnelandse handel internasionale negatiewe gevolge kan inhou.
  6. Die CITES skep ’n raamwerk vir die totstandkoming van ’n administratiewe en wetenskaplike owerheid, maar nie ’n afdwingingsowerheid nie. Sien in dié verband Challender e.a. (2015:140); Reeve (2002:50); Scanlon (2020); Nuwer (2018).

108 United Nations Office on Drugs and Crime (2016:23).

109 Huxley (2000:3).

110 United Nations Office on Drugs and Crime (2012:58, 147); Wyatt (2013:5).

111 Resolution 17.6: Prohibiting, preventing, detecting and countering corruption, which facilitates activities conducted in violation of the convention: 17th meeting of the conference of the parties of CITES, 2016 beskikbaar by http://bit.ly/2DEw1I1; Fedotov en Scanlon (2013); Mellgard (2013); United Nations Office on Drugs and Crime(2014b); Roe e.a. (2014:1); United Nations Environment Programme (2013); Sellar (2010:22); Clarke en Babic (2016:58–9).

112 United Nations Office on Drugs and Crime (2010:17).

113 Nellemann e.a. (2016:7).

114 Nellemann e.a. (2014:14, 17).

115 United Nations Office on Drugs and Crime (2012:35).

116 United Nations Office on Drugs and Crime (2012:35).

117 United Nations Office on Drugs and Crime (2012:18–9; 2018:3).

118 Art. 15 van die United Nations Convention Against Corruption, 2005.

119 Art. 16 van die United Nations Convention Against Corruption, 2005.

120 Art. 17 van die United Nations Convention Against Corruption, 2005.

121 Art. 18 van die United Nations Convention Against Corruption, 2005.

122 Art. 19 van die United Nations Convention Against Corruption, 2005.

123 Art. 20 van die United Nations Convention Against Corruption, 2005.

124 Art. 21 van die United Nations Convention Against Corruption, 2005.

125 Art. 22 van die United Nations Convention Against Corruption, 2005.

126 Art. 23 van die United Nations Convention Against Corruption, 2005.

127 Art. 24 van die United Nations Convention Against Corruption, 2005.

128 Art. 25 van die United Nations Convention Against Corruption, 2005.

129 Art. 2 van die United Nations Convention Against Transnational Organised Crime, 2003 definieer ’n georganiseerde misdaadgroep as ’n gestruktureerde groep bestaande uit drie of meer lede wat vir ’n bepaalde tyd bestaan en kragte saamsnoer met die doel om een of meer ernstige misdade of oortredings te pleeg ten einde direkte of indirekte finansiële of ander materiële voordele te bekom. Art. 2 definieer ’n gestruktureerde groep as ’n groep wat nie lukraak saamgestel is om ’n misdaad te pleeg nie. Die groepslede hoef nie oor formele rolle, deurlopende lidmaatskap of ’n duidelike groepstruktuur te beskik nie. ’n Ernstige misdaad word in art. 2 gedefinieer as ’n misdryf wat strafbaar is met ’n vryheidbeperking van minstens vier jaar of ’n meer ernstige straf.

130 Georganiseerde misdaad- en terroristegroepe se klandestiene ondernemings genereer onbepaalbare vlakke van ongedokumenteerde en onopspoorbare inkomste (International Fund for Animal Welfare 2008:1; Holden 1998:2).

131 Wêreldbank (2005:5); Secretary-General of the General Assembly of the United Nations (2016:5); Shelley en Kinnard (2018:122–4).

132 International Fund for Animal Welfare (2008:4).

133 Art. 5 van die United Nations Convention Against Transnational Organised Crime, 2003.

134 Art. 6 van die United Nations Convention Against Transnational Organised Crime, 2003.

135 Art. 8 van die United Nations Convention Against Transnational Organised Crime, 2003.

136 Art. 23 van die United Nations Convention Against Transnational Organised Crime, 2003.

137 Art. 2(a) van die United Nations Convention Against Transnational Organised Crime, 2003.

138 Art. 2(b) van die United Nations Convention Against Transnational Organised Crime, 2003.

139 United Nations Office on Drugs and Crime (2012:17, 58–9).

140 Die United Nations Office on Drugs and Crime (2012:17) verklaar: “[S]ince both the perpetration and the effects of wildlife and forest offences are often transnational in nature, and given the frequent involvement of organized criminal groups in these undertakings, there is considerable potential for invoking the Convention Against Transnational Organized Crime in a legal response to the cross-border aspects of wildlife and forest offences.”

141 Die United Nations General Assembly is oortuig dat “the United Nations Convention Against Transnational Organized Crime will constitute an effective tool and the necessary legal framework for international cooperation in combating, inter alia, such criminal activities as money-laundering, corruption, illicit trafficking in endangered species of wild flora and fauna, offences against cultural heritage and the growing links between transnational organized crime and terrorist crimes ...” Sien Resolution 55/25: United Nations convention against transnational organized crime: 55th session of the General Assembly of the United Nations, 2001, beskikbaar by https://bit.ly/2LNG55G.

142 Sien ook in die algemeen die bespreking in White (2011:1–18, 52–70).

143 Dié argument spruit veral uit gesprekke oor ikoniese wildspesies soos renosters, olifante en tiere. Sien bv. die argumente in Oberem (2019); Morgan (2017). Die implikasie van die argument is dus dat die CITES in sy geheel herroep moet word.

144 Die implikasie van die argument is dus dat die bepalings van die CITES verskerp en strenger toegepas moet word ten einde alle handel in wildspesies op te skort en te verbied.

145 ’n Vryemarkstelsel is ’n selfregulerende stelsel waar die pryse van goedere en dienste deur middel van vraag en aanbod bepaal word. Wiersema (2016:79) verwys in dié verband na “perfectly competitive markets”.

146 Wiersema (2015:242; 2016:78). Sien bv. die argumente van Sas-Rolfes (1998:10) (“While legal trade could make it easier for illegal traders to operate, a legal supply could bring down the average market price of tiger products”); Biggs e.a. (2013:1038) (“Legal trade could simultaneously supply horns, fund rhino protection, and provide an incentive for their sustainable use and long-term survival”).

147 Wiersema (2013:239; 2015:239; 2016:79).

148 Sien verder in die algemeen Crookes en Blignaut (2015:11–8).

149 Sien ook bv. Wilson-Spath (2019).

150 Wiersema (2016:83–4).

151 Wiersema (2016:83).

152 Die verbruiker kan moontlik glo dat die “wilde” wildspesie se neweprodukte kragtiger is vir die betrokke doel waarvoor dit aangewend word. Kulturele en religieuse oortuigings kan ook ’n rol in dié verband speel.

153 Oftewel “dual markets”.

154 Wiersema (2016:80–1).

155 Wiersema (2016:82).

156 Sas-Rolfes (1998:8) stel dit dat “the value of trade bans is inconclusive” en “trade bans require considerable resources and effort”; Conrad (2012:246) wys op die teenstrydighede en onsekerhede van handelsverbiedings: “Trade bans can work … they can provide breathing space for species in sudden and immediate danger, so that the drivers of trade can be identified and remedial actions implemented”; maar ook: “A trade ban may have the unintended effect of increasing, rather than decreasing, illegal trade, thereby accelerating the decline of the species in the wild.”

157 Wiersema (2016:73) verwys na ’n sg. “incomplete ban” en stel dit dat “the ban is incomplete because there are exceptions.” Sien ook in die algemeen Rivalan e.a. (2007:529–30); Conrad (2012:245–54); Santos e.a. (2001:1–15); Cooney en Jepson (2006:18–23).

158 Wiersema (2016:77). Sien bv. Nicolson (2017) aangaande die renosterhoringveiling wat gedurende 2017 in Suid-Afrika gehou is. Sien ook Sas-Rolfes e.a. (2019:203).

159 Wiersema (2016:74).

160 Sas-Rolfes (1998:8).

161 Ibid; Biggs e.a. (2013:1038). Sommige skrywers vind dat die vraag na sekere wildspesies en hul neweprodukte onelasties is. Die vraag na die wildspesie en hul neweprodukte sal m.a.w. nie afneem weens ’n prysverhoging nie, aangesien die verbruiker se behoefte daaraan nie sou verander het nie. Sien bv. Milner-Gulland (1993:91).

162 Nl. die wettiging van alle handel in wildspesies of handelsverbiedings.

163 Wiersema (2013:249). Sien in die algemeen Wiersema (2015; 2016); Zille en Bell (2020).

164 Wiersema (2015:423).

165 Oftewel “precautionary principle”. Beginsel 15 van die Declaration on Environment and Development, 1992 lui soos volg: “In order to protect the environment, the precautionary approach shall be widely applied by States according to their capabilities. Where there are threats of serious or irreversible damage, lack of full scientific certainty shall not be used as a reason for postponing cost-effective measures to prevent environmental degradation.” Die beginsel lok, ten spyte van die relatiewe eenvoud, eindelose debatte uit. ’n Volledige bespreking val buite die bestek van die artikel. Sien in dié verband Gillespie (2011:464–72).

166 Sien ook in die algemeen Dickson (1999:211–28).

167 Wiersema (2017:215–6).

168 Ibid.

169 Wiersema (2017:224–5).

170 Volgens Wandesforde-Smith (2016:369) “[t]he real power of wildlife law to protect iconic species under threat, such as elephants, rhinos, leopards, and lions, among others, lies with domestic law, domestic police and rangers, domestic prosecutors, domestic courts, and domestic conservation bureaucracies, none of which make any significant appearance in the newly burgeoning literature on transnational environmental crime.”

171 Wyatt (2013:143); Nurse (2015:61); Van Uhm (2016:61).

172 Wiersema (2017:215–6).

173 Vanuit die perspektief van internasionale handelsreg sluit Offor (2020:262) by dié argument aan deur dit te stel dat “if animals are to be protected effectively, we must begin to debate the trade and animal welfare interface within the context of global animal law, maintaining a radical openness of mind at every step.”

174 Wiersema (2017:221–5) verwys hier na die sg. “whole chain of supply” of die “whole chain approach”.

175 Bowman (2013:228).

176 Ibid.

177 Wiersema (2017:224).

178 Wiersema (2017:225) verklaar byvoorbeeld: “What we find is that efforts are being made at all levels of governance, by multiple actors, along multiple points of the chain of supply.” Sien ook die voorstelle van Rosen en Smith (2010:29–30). ’n Volledige ondersoek na die omvang van alle kontemporêre verwikkelinge in die bekamping van wildmisdaad val buite die bestek van hierdie artikel. Dié verwikkelinge bied uiteenlopende toekomstige navorsingsmoontlikhede vir kenners op dié gebied.

179 Regerings verbind hulself tot verskeie inisiatiewe om aktief wildmisdaad te bekamp en onderneem meestal om strenger nasionale regsraamwerke te implementeer, regionale samewerkende ooreenkomste te smee, bewusmakingsveldtogte te loods en verbintenisse met gemeenskappe op voetsoolvlak te smee. Voorbeelde van internasionale verdrae, verklarings, strategieë, ooreenkomste en doelwitte sluit o.m. die volgende in: London Conference on the Illegal Wildlife Trade: Declaration, 2018; London Conference on the Illegal Wildlife Trade: Declaration Annex, 2018; Hanoi Statement on Illegal Wildlife Trade, 2016; Kasane Conference on the Illegal Wildlife Trade: Statement, 2015; International Conference on Illegal Exploitation and Illicit Trade in Wild Flora and Fauna in Africa: Brazzaville Declaration, 2015; London Conference on the Illegal Wildlife Trade: Declaration, 2014; Resolution 69/314: Tackling Illicit Trafficking in Wildlife: 69th Session of the General Assembly of the United Nations, 2015, beskikbaar by ; Resolution 71/326: Tackling Illicit Trafficking in Wildlife: 71st Session of the General Assembly of the United Nations, 2017, beskikbaar by ; Doelwit 15 (met spesifieke verwysing na die bewaring van landelike ekostelsels en die bekamping van biodiversiteitsverliese vanweë wildmisdaad en habitatvernietiging) van die Resolution 70/1: Transforming Our World: The 2030 Agenda for Sustainable Development: 70th Session of the General Assembly of the United Nations, 2015, beskikbaar by ; African Elephant Summit, 2013; Lusaka Agreement on Co-Operative Enforcement Operations Directed at Illegal Trade in Wild Fauna and Flora, 1994; African Strategy on Combatting Illegal Exploitation and Illegal Trade In Wild Fauna And Flora in Africa, 2015; en Southern African Development Community Law Enforcement and Anti-Poaching Strategy 2016–2021, 2015. Verder word verwys na United Nations Office On Drugs And Crime (2012; 2018); United Nations Office On Drugs And Crime (2014a); International Conservation Caucus Foundation (2015); International Consortium On Combatting Wildlife Crime (2016).

180 Sien bv. in die algemeen Rillig e.a. (2015:1–4).

181 South African National Biodiversity Institute (2019:76). Challender en MacMillan (2014:485) moedig aan dat “international funds should be increasingly directed toward a broader range of interventions in a multifaceted approach that directly address the drivers of [wildlife crime].” Hier volg slegs ’n paar voorbeelde. Sien bv. die bedrywighede en bydraes van United for Wildlife. Hierdie organisasie, onder leiding van die Hertog en Hertogin van Cambridge, in samewerking met The Royal Foundation van die Britse Koningshuis, smee verbintenisse tussen natuurbewaringsorganisasies, regerings en wêreldkorporasies om gesamentlik finansiële en ander bydraes te lewer om wildmisdaad te bekamp. Sien Save the Rhino (2014); The Royal Household (2018); United for Wildlife (2019) vir ’n opsomming van hul bedrywighede. Sien ook bv. die groot aantal bestaande projekte van die samewerkende inisiatief die Wildlife Crime Initiative tussen twee internasionaal erkende nieregeringsorganisasies, naamlik TRAFFIC en die World Wide Fund for Nature. Hulle lewer o.m. bydraes in die vorm van navorsing, data-insameling, opleiding, inligtingverspreiding, monitering en koalisievorming in ’n poging om wildmisdaad te bekamp. Sien in die algemeen die Wildlife Crime Initiative se mees onlangse verslag, Parry-Jones en Allan (2019). In reaksie op die internasionale oproep tot aksie om wildmisdaad te bekamp, het die Wêreldbank, in samewerking met The Global Environment Facility, gedurende 2015 die Global Wildlife Program gestig. Dié program, waarvoor daar voorlopig $131 miljoen bewillig is, beoog om ’n verdere $704 miljoen in te samel om wildmisdaad deur middel van ’n groot aantal nasionale sowel as internasionale projekte in Afrika en Asië te bekamp. Sien Wêreldbank (2019) vir ’n kort oorsig van die program se oogmerke, ondernemings en verbintenisse. Aangesien volledige inligting betreffende finansiële steun deur internasionale donateurbefondsing om wildmisdaad te bekamp nie geredelik beskikbaar is nie, het die Wêreldbank van Januarie 2010 tot Junie 2016 indringende navorsing onderneem om die geraamde waarde van befondsing gedurende dié tydperk vas te stel. Die navorsing toon dat daar meer as $1,3 miljard gedurende dié tydperk deur verskillende donateurs bewillig is in ’n poging om wildmisdaad te bekamp. Die grootste deel van die befondsing is aan nasionale regerings toegewys, gevolg deur befondsing aan internasionale nieregeringsorganisasies, interregeringsorganisasies en onafhanklike navorsers en navorsingsgroepe. Daar is bevind dat die befondsing meestal toegedeel is aan bewaringsgebiede se bestuur, wetstoepassing, intelligensie-operasies, transnasionale koördinering tussen buurlande, volhoubare menslike verbruik van biodiversiteit, ontwikkeling van beleid en wetgewing, navorsing en bewusmaking. Wêreldbank (2016:xi) bevat ’n opsomming van dié navorsing se hoofbevindinge.

182 Daar is by benadering ongeveer 5 800 wildspesies (fauna) en 30 000 plantspesies (flora) in die drie bylae van die CITES gelys wat teen internasionale handel beskerming geniet. Sien Convention on International Trade in Endangered Species of Wild Fauna and Flora (2018). Tydens ’n omvattende ontleding van die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur (IUBN) se rooilys en rooiboeke het Maxwell e.a. (2016:144) bevind dat 6 241 gelyste wild-, plant-, en mariene spesies direk deur oormatige menslike verbruik benadeel word.

183 Voorbeelde sluit in die Wêreldhandelsorganisasie se Customs Enforcement Network Communication System en die ENVIRONET-kommunikasienetwerk; die CITES se Online Discussion Forum, Trade Database, Elephant Trade Information System en die Monitoring the Illegal Killing of Elephants-databasis; die Internasionale Kriminele Polisie se ECO-Message-stelsel, die I-24/7-netwerk en die I-Link Data Exchange; die European Union Trade in Wildlife Information Exchange; die Africa-TWIX databasis; die EU TWIX-databasis; die Universiteit van Pretoria se RHODIS-renoster-DNS-databasis; en die United Nations Office on Drugs and Crime se World WISE-Databasis. Vir meer inligting rakende die doel van die databasisse en stelsels sien Wêreldbank (2018:25–9). Sien ook in die algemeen die bydrae van Haas en Ferreira (2015:1–14) waar dié navorsers die gebruik van sosialenetwerkontleding in die ontwrigting van georganiseerde misdaadgroepe wat by wildmisdaad betrokke is, naspeur. Sien verder Boyle (2020).

184 Wiersema (2017:217–8). Voorbeelde sluit in: die Wildlife Alert-toepassing; die WildScan-toepassing; die Wildlife Conservation Society se Online Identification Guide; die Barcode of Wildlife Project; Ivory ID; die CITES Virtual College; die Green Customs Guide; die International Ranger Federation se Training Guidelines for Field Rangers; die United Nations Office on Drugs and Crime se E-Learning-platform; die International Consortium on Combatting Wildlife Crime se Wildlife Crime and Anti-Money Laundering Training Program; en WildlifeDirect se regsprogram (beskikbaar by: https://wildlifedirect.org/legal-program-3/). Vir meer inligting rakende aanvullende onderrig en opleiding en toegang tot nuwerwetse tegnologiese hulpbronne sien Wêreldbank (2018:25–9); United Nations Office on Drugs and Crime (2014a).

185 Oftewel “demand reduction strategies”. Sien bv. die aanlyn platform, soos ontwikkel deur die samewerking van verskillende nieregeringsorganisasies, belanghebbendes en akademici, nl. die Wildlife Consumer Behaviour Change Toolkit beskikbaar by https://www.changewildlifeconsumers.org.

186 Sien bv. Haas en Ferreira (2016:1–26; 2018:61–82).

187 Ook bekend as ’n shoot-to-kill-beleid of groen militarisering met verwysing na die gebruik van militêre en paramilitêre personeel, taktieke, wapenuitrusting, tegnologie en gemeenskapslede as veldwagters in die najaging van natuurbewaringsdoelwitte. Sien in die algemeen Mogomotsi en Madigele (2017:51–9); Michel (2018); Duffy (2014:819–34; 2016:238–48); Somerville (2018); Lunstrum (2014:816–32; 2015:356–69); Duffy e.a. (2015:345–48); Massé e.a. (2017a:19–27); Massé e.a. (2017b:201–21).

188 Oftewel “community-based conservation (management)”. Challender en MacMillan (2014:488); Biegus en Bueger (2017:35); die African Elephant Summit, 2013; die London Conference on the Illegal Wildlife Trade: Declaration, 2014; die Kasane Conference on the Illegal Wildlife Trade: Statement, 2015; die International Conference on Illegal Exploitation and Illicit Trade in Wild Flora and Fauna in Africa: Brazzaville Declaration, 2015; Southern African Development Community Law Enforcement and Anti-Poaching Strategy 2016–2021, 2015.

189 Oftewel die “nirvana fallacy”. Sien in die algemeen Demsetz (1969:1–22).

 

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top