ATKV se #AJV2018: kwaliteit, kreatiwiteit in die vierde industriële revolusie
2018-07-19"Die ATKV het met vanjaar se jaarverslag weer bewys watter kritieke rol die organisasie speel in innovasie en opleiding en om seker te maak dat die individu en gemeenskappe floreer."
Persvrystelling: Media se blinkste sterre vereer
2018-05-14"Die medialandskap is nie vir sissies is nie. Daarom is die media se blinkste sterre Vrydagaand by die ATKV-Mediaveertjies vir hul uitstekende werk en deursettingsvermoë vereer." Hier is die wenners.
Kennisgewing: Bedanking van die besturende direkteur – ATKV-MSW
2018-05-08"Dit is met spyt dat die ATKV-MSW kennis neem van die bedanking van die besturende direkteur, Deidre Le Hanie."
Hoërskoolleerders, kom leer liedjies skryf soos Elvis Blue!
2018-05-08Die werkswinkel word van Vrydag 25 Mei om 15:00 tot Sondag 27 Mei om 12:30 by die Afrikaanse Hoër Seunskool se Musiekakademie in Pretoria gehou. Die koste per leerder beloop slegs R250. Verversings is ingesluit.
ATKV-Woordveertjies 2018: Nou oop vir inskrywings
2018-04-25Die 2018 ATKV-Woordveertjies word op 31 Augustus in Stellenbosch toegeken. Die sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag 1 Junie 2018.
Afrikaans en die Bo-Kaap
2018-04-05"Afrikaans het vele gesigte, sê Titus. Dit is daarom vir die ATKV belangrik om die verskillende gesigte te verstaan en aan die wêreld te wys. Dié gesprek was dus deel van ’n hele reeks waarmee die ATKV besig is om Afrikaans se diversiteit te leer ken en verstaan."
Persvrystelling: ATKV-Tienertoneelteksskryfskool 2018
2018-03-16Droom jy daarvan om ’n dramateks te skryf? ’n Teks wat amuseer, ontroer, stimuleer en selfs uitdaag? Dan is die ATKV-Tienertoneelteksskryfskool van 5 tot 7 April by die Universiteit Stellenbosch se dramadepartement net vir jou.
Die VVA oorhandig boeke aan mense van die Richtersveld
2018-03-14"’n Geharde, maar pragtige, landskap, sout-van-die-aarde-mense wat met min baie vermag en kinders wat nie hul hande van boeke kan afhou nie."
Johan Combrink-gedenklesing: Raakspraak en wraakspraak
2018-02-21Die veteraanjoernalis Martie Retief-Meiring en haar ewe bekende dogter, die TV-aanbieder Kabous Meiring het by vanjaar se Johan Combrink-gedenklesing in Stellenbosch gepraat oor wraakspraak. Jean Oosthuizen berig, met foto's deur Izak de Vries.
"Afrikaans sal nie verdwyn nie"
2018-02-15"Wanneer Malixole Gwatyu ín Afrikaans óór Afrikaans praat, sit jy regop en spits jou ore."
Uitnodiging: Johan Combrink-gedenklesing
2018-01-31"Kom luister hoe dink Martie Retief-Meiring en Kabous Meiring oor wraakspraak en die gevolge daarvan in ’n tyd van dinamiese verandering, en ook hoe Afrikaans geraak word as een van die emosionele brandpunte op ons sosiale-wraakspraak-landskap."
ATKV-Crescendo: vanjaar se finale ronde
2017-12-20"ATKV-Crescendo het landswyd getoer om liedjieskrywers op te spoor. Uiteindelik is die finaliste na ’n intensiewe sessie genooi wat van 4 tot 9 Desember in die Slanghoek-konferensiesaal by ATKV-Goudini Spa plaasgevind het." Hier is ’n aantal foto's.
Laat dit riel!
2017-12-20"Op Saterdag 2 Desember 2017 het daar ’n deeglike stofwolk oor die Paarl gehang. Dit was nie die wind se skuld nie, dit was die trappers van die riel wat so gemaak het tydens die finaal van ATKV-Rieldans."
Atlantis pass weer ’ie torch an
2017-12-19"Die ATKV-tak op Atlantis vereer elke jaar mense uit die gemeenskap as fakkeldraers. Dié fakkeldraers is bakens, elkeen dra hulle eie lig na die donkerste dele van die gemeenskap. Uit hierdie projek het ’n boek, Vroue van Atlantis, ontstaan."
ATKV-Mediaveertjies 2018: Skryf in!
2017-12-15Dit is weer ATKV-Mediaveertjietyd en jou inskrywing(s) word ingewag. Die sluitingsdatum vir inskrywings vir die 2018 ATKV-Mediaveertjies is Vrydag 2 Februarie 2018. Hier is nog inligting.
Boekbekendstelling: Vroue van Atlantis saamgestel deur Anastasia de Vries
2017-11-20Jy word hartlik uitgenooi na die bekendstelling van Vroue van Atlantis op Donderdag 30 November in Atlantis. Tydens die seremonie sal twaalf nuwe inspirasiefigure vereer word.
Die beste 15 in ATKV-Tienertoneel 2017
2017-10-25Die ATKV-Tienertoneel 2017 se finale rondes het van 4 tot 7 Oktober in die Kunstekaap plaasgevind. Izak de Vries het al vier dae bygewoon en het, soos gewoonlik, sy kamera by hom gehad. Hier volg sy indrukke oor elke stuk.
ATKV-Kopskuif snoer gemeenskappe saam
2017-09-28Die ATKV-Kopskuifprogram strek oor drie jaar en word in gekose distrikte aangebied. Izak de Vries en sy kamera het onlangs twee van hierdie funksies bygewoon.
Sopraan wen ATKV Klassiekesangkompetisie
2017-09-21Tydens ’n glansgeleentheid by die Hugo Lambrechts Musieksentrum op Saterdagaand, 16 September is die jong sopraan, Cecilia Rangwanasha (23) aangewys as die algehele wenner van die nasionale klassiekesangkompetisie, ATKV-Muziqanto.
Persvrystelling: ATKV se nasionale klassiekesangkompetisie kuier weer in die Kaap
2017-09-15"ATKV-Muziqanto, ’n nasionale klassiekesangkompetisie vir jong volwasse sangers met ’n totale prysgeld van R105 000, is die ATKV se jaarlikse bydrae tot klassieke sang in Suid-Afrika." Die tweede en finale ronde van ATKV-Muziqanto vind op 15 en 16 September 2017 plaas. Hier is nog besonderhede.