Rubrieke
Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.
Dinkskrum: Mbeki, Pahad en die filosoof se planeet van die das
2025-05-14"Wat is ’n man sonder ’n das? Dit is die vraag wat onwillekeurig by my opgekom het nadat ek uiteindelik die boek Eindstryd (Tafelberg 2012) deur die Stellenbosse filosoof Willie Esterhuyse klaar gelees het. Dié boek is die verhaal van hoogs geheime ontmoetings tussen verbanne ANC-leiers en ’n paar uitgesoekte Afrikaners gedurende die jare ’80."
Heil die Leser! Sameer Rawjee: KI in perspektief
2025-05-13"Taking the anxiety out of AI kon nie tydiger gekom het nie. Sameer Rawjee is ’n sober stem in die robuuste gesprek rondom kunsmatige intelligensie; hy is veral bekend vir sy vermoë om komplekse KI-konsepte aan ’n wyer gehoor te verduidelik."
Goue lint my storie begint: Die unieke aard van kinder- en jeugboeke
2025-05-13"Wat maak kinderboeke werklik anders en veelsydiger as volwasseneliteratuur? Waarom neem ons dit ernstig op? Waarom en hoe kan ons dit as waardevolle literatuur beskou? Al hierdie vrae se antwoorde begin by die konstruering van ’n definisie: Wat is kinderliteratuur?"
Op dees aarde: Griepinentings
2025-05-12"Daar is jaarliks tussen 7 000 en 12 000 seisoenale griepsterftes in Suid-Afrika, en meer as 40 000 mense moet in die hospitaal behandel word. Jy kan egter voorkomend optree teen griep en ander oordraagbare siektes deur entstowwe te neem."
Wat sê Bettina? Maak dit saak waar pous Leo XIV gebore is?
2025-05-12"Robert Prevost, wat nou as pous Leo XIV sal bekendstaan, is in Chicago gebore, maar het ’n groot deel van sy lewe buite die VSA deurgebring. Hy het inderdaad burgerskap van Peru ontvang. Interessant dat hy gekies het om sy eerste toespraak as pous in Italiaans en Spaans te lewer, met nie ’n woord Engels as kopknik na sy Amerikaanse wortels nie."
Toorkombuis: Afrikaans is my kombuistaal
2025-05-09"Ek droom en dink en skryf Afrikaans. Ek leef Afrikaans. Ek kook Afrikaans ... die taal sing in my kombuis. Ystervarkies en repelsteeltjies, murgpampoentjies en soetrissie, borriepatat, spruitkool, boerpampoen en pampoenkoekies, wonderpeper en fenegriek ..."
Agterstories – Ideesmouse
2025-05-08"In ’n tyd toe Engels vinnig besig was om die enigste taal van die staat, en dus ’n 'magstaal' te word, was Pieter de Vos een van die eerstes om ’n droom vir taalgelykheid te verwoord, nog lank voordat Afrikaans as ’n amptelike taal erken sou word. ... Dit bring ons by ’n ongemaklike laaste vraag: Wie is vandag se voorste Afrikaanse publieke intellektueles? Wie waag dit steeds om hul stem te laat hoor in die hedendaagse mark van idees, en met watter doelwitte? En watter hedendaagse platforms bevorder die soort intellektuele, openbare debat waarvoor iemand soos De Vos gepleit het?"
Skermgreep: Sinners – ’n filmresensie
2025-05-05"Elke stukkie gereedskap wat film bied, word hier aangewend om ’n oorspronklike verhaal te skep waarin selfs vampierclichés ’n nuwe baadjie aantrek. Dit is oorweldigend, veral in IMAX-teaters, waar die gehoor meer as ooit tot in die hart van die dier beweeg."
Wat sê Bettina? Oor Afrikaans
2025-05-05"Ons moet maniere vind om dit lonend te maak om in Afrikaans te handel."
Wat sê Bettina? Trump as Pous
2025-04-30"Die Afrikaners wat swig voor Trump se beloftes, is seer sekerlik dieselfde mense wat die Kubus-koning se beloftes van ongekende welvaart geglo het, of wat Markus Jooste as hul ekonomiese verlosser gesien het."
Wat sê Bettina? Wanneer kapitalisme as feminisme paradeer
2025-04-17"Ek verwag nie van glanspersoonlikhede om noodwendig diep gedagtes oor die betekenis van die lewe, die universum of enigiets anders te hê nie, maar moet asseblief ook nie van my verwag om Consumer Space Barbie met ope arms te ontvang as die verpersoonliking van bemagtiging vir vroue nie."
Springmielies: Oor kuberboelies en keyboard warriors
2025-04-16"Voel hierdie afknouers skielik magtig, of skuil daar ’n dormante boelie in sommige mense wat tot uiting kom wanneer die baasspeler die leiding met sy kwetsende aanmerkings neem? Kollektiewe kuberboeliery neig na tropgedrag. Nou is die vraag: Hoe lyk die (tipiese) profiel van ’n volwasse kuberafknouer?"
Toorkombuis: My wingerd word herfs in rosyne
2025-04-15"Luigi’s se brood was byna oordadig uitgerys en die sagte wit van die brood deurspek met blinkvet rosyne, uitgeswel in die warm deeg, wat stroopsoet in jou mond ontplof het."
Skermgreep: Niggies – ’n TV-resensie
2025-04-14"Die kyker is selde bewus van spoggerige regie. Net ’n intense, skerp waarnemingsvermoë wat naatloos by die kultuur en styl inpas en die storie doodgewoon met buitengewone impak vertel. Elkeen se ware kleure kom na vore, en terselfdertyd lewer die reeks ook kommentaar op Afrikanerskap, en om iemand te soek om te blameer."
Skermgreep: Adolescence – ’n TV-resensie
2025-04-10"Vergeet grense wat tuimel. Philip Barantini het met die meesterlike Adolescence die voorkoms van die erg omgeploegde en misbruikte televisielandskap met daadwerklike krag omgedolwe."
Wat sê Bettina? Hoekom ek weier om KI te gebruik
2025-04-08"Ek wil nie deur ’n robot gediagnoseer word nie. Ek wil nie deur ’n robot vertroos word nie. Bowenal wil ek nie ’n storie deur ’n robot geskryf, lees nie."
Op dees aarde: Swangerskap en die vrou
2025-04-07"In die omvattendste wetenskaplike studie nóg oor wat met vroue se liggame gebeur vóór en ná swangerskap, is gesien hoe essensiële biologiese metings verander word deur ’n fetus te dra en uiteindelik geboorte te skenk."
Agterstories – Welkom in die era van die digters
2025-03-31"Podsendings, stemnotas en videogesprekke vervang toenemend teksboodskappe. Maar KI neem dit een stappie verder. ... Verbeel jou nou ’n wêreld waar studente deur gesprek met ’n KI-tutor leer, nie deur opstelle skryf nie, of waar witboordjie werkers idees dikteer terwyl KI-assistente dit intyds verfyn. Waar saketransaksies en regskontrakte mondelings geskep word, met KI as notaris."
Wat sê Bettina? Hoe vier hulle Eid in Gaza?
2025-03-31"Hoe vier mens enigiets as jy nie weet of dit dalk jou laaste dag op aarde is nie?"
Wat sê Bettina? Hegseth se oorlog-WhatsApp-groepie
2025-03-26"Dit gaan nie baie lank wees voordat die sotte in beheer ’n stel gaan aftrap wat gewone Amerikaners duur te staan gaan kom nie."
