Rubrieke

Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.

’n Pa se gene en keuses

Estelle Kruger Rubrieke 2022-08-24

"Omdat my pa blind was, het ek geleer om onsigbaar te wees. Ek kan nie so goed van my pa onthou nie, maar ek vermoed dis van lankal af dat mense my nie kan sien nie."

Is daar nog ’n wonderwerk in die reënboognasie se toekoms?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-08-23

"Umair Haque, Britse ekonoom en skrywer van The Capitalist Manifesto: building a disruptively better business, beskryf die VSA in ’n onlangse meningstuk as ’n samelewing op die rand van sosiale verval. .... Haque is korrek wanneer hy sê VSA 2022 is in die moeilikheid. Maar wat van RSA 2022?"

Die aandrang op slegs Engelse onderrig op universiteit is selfvernietigend

Jason Lloyd Rubrieke 2022-08-17

"Die anti-Afrikaanse gemoedsuitinge by Unisa en ander historiese Afrikaanse universiteite om polities korrek te wil wees dra dan onbedoelend by tot dié frustrasie van swart studente. Trouens, op die duur word hulle vernietig deur hul slegs-Engels-benadering wat hulle onnadenkend en slaafs navolg."

Salman Rushdie-aanval: watter reg is eintlik onder beleg?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-08-15

"Salman Rushdie, die bekende en bekroonde Brits-Indiese skrywer, is Vrydag in New York-staat aangeval net voordat hy ’n lesing sou lewer oor die belangrikheid daarvan dat skrywers wat weens politieke en/of ander vervolging bannelinge is, veilige vesting behoort te ontvang, en die belangrike rol wat die VSA in dié verband speel."

Om jou ’n ander se jeug te verbeel

Deborah Steinmair Rubrieke 2022-08-11

"My pa is in 1926 in Pretoria gebore, die derde van ses kinders. Sy pa is dood toe hy ses, amper sewe was. Hy het ’n hart met ’n swaeltjie daarin uit klip gekerf en saamgestuur hospitaal toe, waar sy pa met breinvliesontsteking gelê het. Sy pa is dood voor hy die swaeltjie kon kry. Dis nou in my besit."

Swerfjaar: Leef om die storie te vertel

Marita van der Vyver Rubrieke 2022-08-10

"Intussen moet ek hierdie rubriekskrywery staak om aan ’n boek te werk. Ek troos myself daaraan dat die einde van iets, enigiets, altyd die begin van iets anders beteken. En ek hou die kring oop, want wie weet, dalk het ek binnekort ’n onweerstaanbare storie oor Korsika wat dadelik vertel moet word."

Girls just wanna walk home, Uncle Cyril

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-08-10

"’n Sangeres het daai song 'Girls just wanna have fun' se woode gechange, en sy sing 'Girls just wanna walk home'. Al wat ôs ammel vra, is om hys toe te kan loep sonne hartkloppings en nervous rondkyk en bang wies vi elke shadow. Is mossie te veel gevra lat ôs ie vi elke man moet wonne of hy getrust kan wôd en of hy ’n rapist inne mooi suit issie."

Mooi Annie – die spieël in my raaisel

Estelle Kruger Rubrieke 2022-08-08

"Ek verlang na pannekoek wat jy vir ons gebak het op sulke reëndae, ’n tradisie wat ek weer vir my kinders voortgesit het. Maar nou het ek niemand vir wie ek kan pannekoek bak nie en ’n mens doen dit nie net vir jouself as jy alleen is nie."

Die vrou in die hek

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2022-08-03

"Ek het ’n probleem met die woord beurtkrag. Dit het so ’n gemoedelike ubuntu-klankie. Ons, as liefdevolle Suid-Afrikaners, deel ons krag met mekaar. Nee! Die woord is ’n semantiese wanvoorstelling. Loadshedding se vertaling, ladingstorting, gaan ook nie werk nie; dit klink soos iets uit ’n pornografiese grufilm."

Herinneringe aan my onderwysloopbaan – op reis na akademiese uitmuntendheid en innovasie

Estelle Kruger SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-08-01

"My verhouding met die leerders en studente het vir my toenemend belangrik geword. Ek het omgegee vir hul persoonlike ontwikkeling, die ontdekking en realisering van hul potensiaal en hul ervaring van gebrokenheid in hul wêreld, tesame met die soeke na kreatiewe oplossingsmoontlikhede binne hul bereik."

Van Coller – storm in ’n espressokoppietjie

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-07-25

"Van Coller se artikel, op die oog af oor literatuur, het eintlik onbedoeld ’n belangrike ander gesprek oopgemaak, een oor wie gehoor word en wie mag kritiseer. Dis ook ’n belangrike les in hoe kritiek hanteer word."

Smaak my ôs is in ’n abusive relationship, uncle Cyril

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-07-18

"In elke mens se liewe kô daa sieke maa ’n dag lat jy realise jou hero het voete van klei. Ek hettie gedink daai dag sal vi ôs twie aanbriek ie, maa smaak my dis nou sukke tyd."

Swerfjaar vir seniors: Op soek na ’n holte vir swerwersvoete

Marita van der Vyver Rubrieke 2022-07-14

"Maar ek kan nie aftree nie, ek moet aanhou skryf, en hoewel my voete altyd sal aanhou kriewel om verder te reis, begin my vingers ook teen dié tyd jeuk om weer ’n slag ’n boek te skryf."

Elizabeth van der Westhuizen, ’n vrou uit een stuk

Deborah Steinmair Rubrieke 2022-07-10

"Soos dit gaan met geliefdes wat dood is, behou ek ’n paar helder herinneringe. Oomblikke."

Joernalistieke feite en fiksie

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-07-05

"Elke onakkuraatheid wat in die pers gepubliseer word, kalwe weg aan die publiek se vertroue in akkurate beriggewing. Hoe kan ons weet wat om te glo as ons nie kan staatmaak op ons koerante nie?"

’n Kroniek van die populêre kultuur in die ’80’s

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2022-06-30

"Almal wat in daardie tyd geleef het, dra iets van die ’80’s met hulle saam. Of dit nou ’n gunstelingsong is, of ’n voorliefde vir paisleydasse, Wayfarer-sonbrille – of perdalks die shoulder pads in werksdrag – na alle waarskynlikheid is die ’80’s, as tydvak, die dekade wat deur die heel gelukkigste herinneringe gekenmerk word."

Kô lat ôs praat oo food security, Uncle Cyril

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-06-21

"Uncle is actively besag om, in ôs ammel se name, die kant vannie oppressor te vat en te try benefit uit hulle crimes. Dis worse dan Thabo se quiet diplomacy, worse dan Zuma se Bashirgate en firepool-gate. Djulle ammel vat ôs vi gatte, en somewhere gan dit djulle inhaal."

Swerfjaar vir seniors: ’n Vreemde, bekende wonderland

Marita van der Vyver Rubrieke 2022-06-21

"Ons ry deur die een skilderagtige dorpie na die ander, van die Savoie-streek naby die Switserse grens waar nog een van ons seuns woon, deur die Auvergne, Lozère, Corrèze, op pad na die Dordogne waar ons ’n paar weke in ’n geleende kliphuisie gaan vertoef."

Die grys mense tussen ons

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-06-13

"Hoekom dan die weerstand teen ’n staatsbefondste toelaag wat mense uit armoede lig? Hoekom neersien op mense wat toegang tot een of ander vorm van welsyn probeer verkry? Ons hele samelewing word verbeter as almal toegang het tot kos, klere, water en ’n veilige dak oor ons kop."

Martina, die sneeukegel van ’n Europese lente lank gelede

Deborah Steinmair Rubrieke 2022-06-08

"Ons het in ysige mere geswem en op haar familieplaas in die Pinzgau gekuier – dis ’n wêreldberoemde ski-bestemming; daar is ’n gletser wat nooit smelt nie. Hoë berge, skoon lug."

Top