Rubrieke

Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.

Op dees aarde: Griepinentings

Elsabé Brits Rubrieke 2025-05-12

"Daar is jaarliks tussen 7 000 en 12 000 seisoenale griepsterftes in Suid-Afrika, en meer as 40 000 mense moet in die hospitaal behandel word. Jy kan egter voorkomend optree teen griep en ander oordraagbare siektes deur entstowwe te neem."

Wat sê Bettina? Maak dit saak waar pous Leo XIV gebore is?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-05-12

"Robert Prevost, wat nou as pous Leo XIV sal bekendstaan, is in Chicago gebore, maar het ’n groot deel van sy lewe buite die VSA deurgebring. Hy het inderdaad burgerskap van Peru ontvang. Interessant dat hy gekies het om sy eerste toespraak as pous in Italiaans en Spaans te lewer, met nie ’n woord Engels as kopknik na sy Amerikaanse wortels nie."

Toorkombuis: Afrikaans is my kombuistaal

Karen Hart Kos en wyn 2025-05-09

"Ek droom en dink en skryf Afrikaans. Ek leef Afrikaans. Ek kook Afrikaans ... die taal sing in my kombuis. Ystervarkies en repelsteeltjies, murgpampoentjies en soetrissie, borriepatat, spruitkool, boerpampoen en pampoenkoekies, wonderpeper en fenegriek ..."

Agterstories – Ideesmouse

Johan Fourie Rubrieke 2025-05-08

"In ’n tyd toe Engels vinnig besig was om die enigste taal van die staat, en dus ’n 'magstaal' te word, was Pieter de Vos een van die eerstes om ’n droom vir taalgelykheid te verwoord, nog lank voordat Afrikaans as ’n amptelike taal erken sou word. ... Dit bring ons by ’n ongemaklike laaste vraag: Wie is vandag se voorste Afrikaanse publieke intellektueles? Wie waag dit steeds om hul stem te laat hoor in die hedendaagse mark van idees, en met watter doelwitte? En watter hedendaagse platforms bevorder die soort intellektuele, openbare debat waarvoor iemand soos De Vos gepleit het?"

Skermgreep: Sinners – ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2025-05-05

"Elke stukkie gereedskap wat film bied, word hier aangewend om ’n oorspronklike verhaal te skep waarin selfs vampierclichés ’n nuwe baadjie aantrek. Dit is oorweldigend, veral in IMAX-teaters, waar die gehoor meer as ooit tot in die hart van die dier beweeg."

Wat sê Bettina? Oor Afrikaans

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-05-05

"Ons moet maniere vind om dit lonend te maak om in Afrikaans te handel."

Wat sê Bettina? Trump as Pous

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-04-30

"Die Afrikaners wat swig voor Trump se beloftes, is seer sekerlik dieselfde mense wat die Kubus-koning se beloftes van ongekende welvaart geglo het, of wat Markus Jooste as hul ekonomiese verlosser gesien het."

Wat sê Bettina? Wanneer kapitalisme as feminisme paradeer

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-04-17

"Ek verwag nie van glanspersoonlikhede om noodwendig diep gedagtes oor die betekenis van die lewe, die universum of enigiets anders te hê nie, maar moet asseblief ook nie van my verwag om Consumer Space Barbie met ope arms te ontvang as die verpersoonliking van bemagtiging vir vroue nie."

Springmielies: Oor kuberboelies en keyboard warriors

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2025-04-16

"Voel hierdie afknouers skielik magtig, of skuil daar ’n dormante boelie in sommige mense wat tot uiting kom wanneer die baasspeler die leiding met sy kwetsende aanmerkings neem? Kollektiewe kuberboeliery neig na tropgedrag. Nou is die vraag: Hoe lyk die (tipiese) profiel van ’n volwasse kuberafknouer?"

Toorkombuis: My wingerd word herfs in rosyne

Karen Hart Kos en wyn 2025-04-15

"Luigi’s se brood was byna oordadig uitgerys en die sagte wit van die brood deurspek met blinkvet rosyne, uitgeswel in die warm deeg, wat stroopsoet in jou mond ontplof het."

Skermgreep: Niggies – ’n TV-resensie

Leon van Nierop TV 2025-04-14

"Die kyker is selde bewus van spoggerige regie. Net ’n intense, skerp waarnemingsvermoë wat naatloos by die kultuur en styl inpas en die storie doodgewoon met buitengewone impak vertel. Elkeen se ware kleure kom na vore, en terselfdertyd lewer die reeks ook kommentaar op Afrikanerskap, en om iemand te soek om te blameer."

Skermgreep: Adolescence – ’n TV-resensie

Leon van Nierop TV 2025-04-10

"Vergeet grense wat tuimel. Philip Barantini het met die meesterlike Adolescence die voorkoms van die erg omgeploegde en misbruikte televisielandskap met daadwerklike krag omgedolwe."

Wat sê Bettina? Hoekom ek weier om KI te gebruik

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-04-08

"Ek wil nie deur ’n robot gediagnoseer word nie. Ek wil nie deur ’n robot vertroos word nie. Bowenal wil ek nie ’n storie deur ’n robot geskryf, lees nie."

Op dees aarde: Swangerskap en die vrou

Elsabé Brits Rubrieke 2025-04-07

"In die omvattendste wetenskaplike studie nóg oor wat met vroue se liggame gebeur vóór en ná swangerskap, is gesien hoe essensiële biologiese metings verander word deur ’n fetus te dra en uiteindelik geboorte te skenk."

Agterstories – Welkom in die era van die digters

Johan Fourie Rubrieke 2025-03-31

"Podsendings, stemnotas en videogesprekke vervang toenemend teksboodskappe. Maar KI neem dit een stappie verder. ... Verbeel jou nou ’n wêreld waar studente deur gesprek met ’n KI-tutor leer, nie deur opstelle skryf nie, of waar witboordjie werkers idees dikteer terwyl KI-assistente dit intyds verfyn. Waar saketransaksies en regskontrakte mondelings geskep word, met KI as notaris."

Wat sê Bettina? Hoe vier hulle Eid in Gaza?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-03-31

"Hoe vier mens enigiets as jy nie weet of dit dalk jou laaste dag op aarde is nie?"

Wat sê Bettina? Hegseth se oorlog-WhatsApp-groepie

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-03-26

"Dit gaan nie baie lank wees voordat die sotte in beheer ’n stel gaan aftrap wat gewone Amerikaners duur te staan gaan kom nie."

Wat sê Bettina? Persona non grata – wanneer ’n diplomaat slae ontvang namens sy regering

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-03-17

"Die VSA het nog nie formeel diplomatieke bande verbreek met SA nie. Ek twyfel ook of hulle sal. Wat wel aan die gebeur is, is dat Suid-Afrika nou geforseer word om ander bondgenote te nader. Dis nie noodwendig ’n slegte ding nie."

Skermgreep: Mickey 17 – ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2025-03-13

"Jy moet jouself volkome oorgee aan die Suid-Koreaanse filmmaker se dol brein en siening van lewe op ’n ysplaneet, of jy moet betyds die hasepad kies."

Dinkskrum: Interne wit en bruin gesprekke oor Afrikaans is nodig om die term "Afrikaner" inklusief te herdefinieer

Jason Lloyd Rubrieke 2025-03-13

"Die miskenning van bruin mense as die meerderheid Afrikaanssprekendes wys op die dilemma van ’n verdeelde Afrikaanse identiteit. Dit laat die vraag ontstaan of wit en bruin Afrikaanssprekendes mekaar kan vind? En of ras as faktor in die bepaling van sodanige Afrikaanssprekende identiteit irrelevant gemaak kan word?"

Top