Rubrieke

Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.

Dinkskrum: Die SAKP blaas ’n (welverdiende) roemlose aftog

Jason Lloyd Rubrieke 2025-01-17

"Wat Suid-Afrika eintlik nodig het, is ’n moderne konserwatiewe party, regs van die politieke spektrum, wat ’n teenvoeter gaan wees teen radikale linkses, toksiese feminisme en woke-isme wat dreig om alles en almal te vernietig."

Springmielies: Die terapeutiese waarde van oorlogsfilms

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2025-01-16

"Of dit nou deur persoonlike selfrefleksie of die konfrontasie van historiese trauma is, oorlogsfilms bied by wyse van katarsis en die skep van empatie ’n ruimte om genesing te fasiliteer."

Skermgreep: A real pain – ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2025-01-16

"Die dialoog is soos ’n gloeiende elektriese draad waar die woorde soos vonke heen en weer spring. Die kontras tussen die neefs en die wyse waarop hulle met mekaar kommunikeer is so oorbluffend natuurlik en oortuigend dat ’n mens nie kan dink dat daardie woorde in ’n draaiboek geskryf is nie."

Op dees aarde: Vyf jaar ná Covid-19 – waar staan ons? Feite en onwaarhede

Elsabé Brits Rubrieke 2025-01-15

"Die Covid-19-pandemie het meer as 20 miljoen mense se dood veroorsaak en 130 miljoen in armoede gedompel. Sowat 300 000 Suid-Afrikaners het gesterf. Maar wat is geleer en hoe lyk die toekoms?"

Heil die Leser!: Vertaalkuns as tweespraak – Mario Relandini en Rina Cascione

Nini Bennett-Moll Boekrubrieke 2025-01-14

"Die gruwels van die oorlog word deurlopend gejukstaponeer met die vaderfiguur wat bo alles uittroon en as betowerende memoires geboekstaaf word. Dié roman is ’n moet-lees wat tot op die laaste bladsy ’n sekulêre gebed word aan ’n ouer wat nooit vergeet sal word nie." 

Toorkombuis: ’n Oorvloed van appelkose en onthou

Karen Hart Kos en wyn 2025-01-14

"Moenie dat die geweeklaag jou onderkry nie. Januarie is ook ’n maand van nuwe uitdagings en alles in oorvloed – somerson, baie blou lug en die sappigste somervrugte in alle kleure en geure. En – die beste van alles – dis appelkoostyd." 

Cliff-hanger: Gif deur Annerle Barnard en Franco V Heyn

Cliffordene Norton Boekrubrieke 2025-01-13

"Dit is nie die eerste keer dat ek ’n boek lees oor die morele en fisieke gevolge van dwelmmisbruik nie, maar Gif stel opnuut belangrike vrae. Het ons as samelewing steroïdegebruik so genormaliseer? Dit is vir my sinvol hoe die boek hierdie etiese grense ondersoek, veral as dit op jonger lesers gemik is."

Is brandweerpersoneel vir 2025 wat verpleegpersoneel vir 2020 was?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-01-10

"Beeldmateriaal van die buite-beheer-brande wat hele woonbuurte in Los Angeles in puin laat, speel die afgelope paar dae voortdurend op televisie en op sosiale media af."

Wat sê Bettina? Vroueregte in 2025

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-01-09

"Vir die eerste keer in dekades wil dit voorkom asof vroue nou minder regsbeskerming het en blootgestel word aan meer gevare as geslagte vroue voor hulle. ’n Jong vrou in 2025 het minder regte as wat haar ouma in die 1950’s gehad het."

Wat sê Bettina? Nobs Mkhize en swart op swart rassisme

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-01-06

"Swart op swart rassisme kom nie van vandag aan nie. Xenofobie ruk kort-kort handuit, soms met steun van politici. Mikroaggressie tussen bruin en swart kom gereeld voor, maar dit word geïgnoreer."

Agterstories: Wat Sophia ons kan leer oor die ekonomie van slawerny

Johan Fourie Rubrieke 2024-12-18

"Mens sou hoop dat die geskiedenisdepartemente van universiteite soos Kaapstad en Stellenbosch – geleë in die distrikte waar die meeste Kaapse slawe sou gewoon en gewerk het, en waar baie afstammelinge steeds hunker na ’n beter verstaan van hul eie geskiedenis – hierdie gaping sou raaksien en aanspreek." 

Wat sê Bettina? Kersfees in ’n oorlogsone

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-12-13

"Kersfees is deesdae ’n dag verwyder van die godsdienstige konteks, maar steeds verbonde aan die medemenslik-empatiese konteks, die idee van 'peace on earth and goodwill to all men'. Maar deesdae is daar al minder vrede en al minder goedgesindheid teenoor mekaar."

Goue lint, my storie begint: Kinder- en jeugboeke – film of boek?

Anke Theron Kinderboeke 2024-12-11

"As leser het jy die vryheid van jou eie verbeelding om karakters, plekke en dinge te 'sien' soos jy dink en jou verbeel hoe dit moet lyk ... Die vraag wat eintlik gevra moet word, is watter medium vertel die storie die beste?"

Toorkombuis: Krismis met die radio en gemmerbroodmannetjies

Karen Hart Kos en wyn 2024-12-11

"Wanneer my ouma by ons kom kuier het, moes ek smiddae halfvier saam met haar regskuif en stelling inneem by die radio vir Esmé en Jan se resepte in So maak mens. Dan moes ek fyn luister en vir haar die resep neerskryf."

Skermgreep: Civil war

Leon van Nierop Film 2024-12-11

"Moenie verwag dat Civil war ’n sensasiebeluste geskiet en bevryding van rebelle teen die despote uitbeeld nie. Dis ’n dapper, onbevreeste kyk na ’n land waarin beheer verloor is."

Cliff-hanger: Quinn se jaar van kwik deur Zelda Bezuidenhout – ’n resensie

Cliffordene Norton Boekrubrieke 2024-12-10

"Zelda Bezuidenhout se Quinn se jaar van kwik – een van die naaswenners van LAPA se 2023-Jeugromankompetisie – beleef ’n oomblik en dis elke oomblik van daardie aandag waardig."

Springmielies: Lara

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2024-12-09

"Soms, vir ’n breuksekond, skeur die vlies tussen wêrelde en sien jy met jou binne-oog."

Heil die Leser!: Oor kortkuns, briewe en toesprake

Nini Bennett-Moll Boekrubrieke 2024-12-06

"Toesprake is, vir die interessantheid, ook ’n literêre subgenre en beklee as sulks ’n unieke plek in die kanon van retoriek, redenaarskuns en letterkunde." Nini Bennett-Moll skryf oor die kuns van kortkortverhale (Op die kantlyn deur Marnus Kok), briefromans (Hallo, Ma deur Chrisna Beuke-Muir) en toesprake ("Dames en here" deur Elbie Adendorff, Lisinda de Jager en Elize Steenkamp).

Wat sê Bettina? Die lesse te leer uit Suid-Korea hierdie week

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-12-05

"Protes deur gewone burgers, en politieke ingeligtheid en betrokkenheid deur gewone burgers, is absoluut belangrik om seker te maak demokrasie word nie ondermyn nie."

Op dees aarde: Die Taung-kind – hoe hy die mens verander het

Elsabé Brits Rubrieke 2024-12-04

"Een van die wêreld se belangrikste hominiedfossiele is 100 jaar gelede in Suid-Afrika gevind. Die ontdekking van die Taung-kind (Australopithecus africanus) het nié net uiteindelik gelei tot Sterkfontein as een van die rykste fossielterreine op aarde nie, dit het ook rassistiese en godsdienstige sienings oor die ontstaan van die mens ’n wetenskaplike nekslag toegedien."

Top