Rubrieke

Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.

Toorkombuis: Brood vir Bottergat

Karen Hart Kos en wyn 2024-10-14

"Met hierdie maklike broodresep het ek al tientalle siele tot brood bak bekeer. Geen voer van ’n morsige suurdeegplantjie nie. Geen geknie. Roer net, laat staan en bak."

Skermgreep: Die KinoBravo-filmfees 2024 in Rusland – 'n oorsig

Leon van Nierop Film 2024-10-11

"Waarop Suid-Afrikaners veral trots kan wees, is hoe ons deur die Russe ontvang is. Alhoewel hulle natuurlik baie meer ingetoë voorkom as ons (dikwels meer flambojante) Suid-Afrikaners, het hulle steeds die Suid-Afrikaanse rolprent lank toegejuig."

Wat sê Bettina? Oor vryheid van spraak en die reg om aanstoot te gee

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-10-07

"Stilswye impliseer instemming, soos die gesegde lui. Ek het lank gelede die besluit geneem om nie aanwesig te bly in gesprekke of aan tafels waar ek vergiftig word nie. Hoekom aanwesig bly? Om te verhoed dat iemand wat bereid is om aanstoot te gee, nie aanstoot neem nie? Nie meer nie."

Wat sê Bettina? Die Israel-Iran-konflik: is ons een tree nader aan die Derde Wêreldoorlog?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-10-03

"En waar laat dit Suid-Afrika? Iran is sedert Januarie vanjaar lid van Brics. Hulle het reeds regsaksie teen Israel ingestel. Is daar oorlog, gaan ons dus aan Iran se kant veg."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: videogesprek met Louise Cilliers oor Kostis Palamas, die ses woorde van die sigeuner

Johann Rossouw, Louise Cilliers Rubrieke 2024-10-01

In hierdie aflewering van die Johann Rossouw-gespreksreeks praat Louise Cilliers met Johann Rossouw oor haar vertaling van hierdie Griekse boek.

Wat sê Bettina? Oor erfenis

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-09-23

"Ons verstaan dat ons ambassadeurs nie net van ons gesin is nie, maar van ons hele gemeenskap."

Wat sê Bettina? – Wat beteken die tweede Trump-sluipmoordpoging vir sy verkiesingsveldtog?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-09-16

"Die eerste aanval het Trump se veldtog aansienlik versterk, in beide entoesiasme en finansiële bydraes. Sedertdien het hy verskeie terugslae gehad. Eers het Biden onttrek as die Demokratiese kandidaat, en daarmee saam Trump se hele strategie, om homself as die meer energieke kandidaat te posisioneer, laat inmekaar tuimel."

Agterstories: Om ’n kaart in die donker te teken

Johan Fourie Rubrieke 2024-09-16

"Dit is verbysterend hoe baie prominente historici, ekonome en ander sosiale wetenskaplikes dit verkeerd gehad het."

Op dees aarde: Die tragedie van Suid-Afrika se kinders

Elsabé Brits Rubrieke 2024-09-16

"In Suid-Afrika sterf een uit elke 25 kinders voor hul vyfde verjaardag. ’n Volle 71% leef onder die boonste armoedegrens in huishoudings wat nie genoeg inkomste het om in hul basiese behoeftes te voorsien nie. En net 4% – ja, só min – leef in huishoudings waar beide die ma en die pa teenwoordig is."

Springmielies: ’n Ode aan popcorn

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2024-09-11

"Popcorn is inderdaad ’n demokratiese lekkerny wat as globale verskynsel ’n bewys is van veelsydigheid: Dit het aangepas by die smake en tegnologieë van elke era, en ’n geliefde lekkerny geword wat kulturele en geografiese grense oorskry. As simbool van vermaak en kulinêre genot het springmielies ’n ryk geskiedenis, ’n unieke wetenskap en kulturele betekenis wat (op dieper vlak) iets sê van die mens se historiese weerstandigheid."

Springbokke vs All Blacks

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-09-11

"Daar is iets omtrent sport wat toeskouers saambind in ’n gemeenskaplike aktiwiteit op ’n manier wat bitter min ander dinge dit doen. Daar is iets helend omtrent die kohesie wat ’n sportspan bring."

Hoe sien die sitrusbedryf tans daar uit?

Freek Robinson, Boet Mouton Rubrieke 2024-09-04

Die sitrusbedryf het die afgelope tyd voor baie uitdagings, soos infrastruktuurprobleme by hawens, vloede, onstabiele kragtoevoer en die COVID-19-pandemie, te staan gekom. Freek Robinson gesels met Boet Mouton, raadsvoorsitter van Summer Citrus.

Die mag van vreugde in politiek

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-09-03

"Kyk na die uitdrukkings op mense se gesigte. Daar is hoop, daar is vreugde. Dis in skerp kontras tot die strak gesigte by Trump se skares. Haat kan net só ver gedryf word. Deur te kies om dit weg te lag eerder as om vurige retoriek te lewer, het Harris bewys dat sy die Amerikaanse temperament baie beter lees as wat die Republikeine kan."

Laat die vervolgingsgesag ons almal in die steek?

Freek Robinson, Glynnis Breytenbach Rubrieke 2024-08-31

Sou Deveney Nel (16) nog geleef het as die Nasionale Vervolgingsgesag beter gefunksioneer het? Hierdie vraag is tans op baie mense se lippe. Minister Simelane het Nel se dood as ’n hartseer geval beskryf nadat Glynnis Breytenbach aan Simelane gesê het die moord sou vermy kon gewees het. Freek Robinson gesels met Breytenbach om te hoor wat sy daarmee bedoel het. Daarna kom die einste minister se opspraakwekkende "lening" ter sprake, waarna Robinson en Breytenbach oor ons land se oorvol tronke en moontlike oplossings vir die probleem idees uitruil.

Hervorming van die tronkstelsel: Is dit moontlik?

Freek Robinson, Pieter Groenewald Rubrieke 2024-08-29

Pieter Groenewald, die minister van korrektiewe dienste, skets vir Freek Robinson ’n breër perspektief.

Agterstories: Wat ons op skool leer

Johan Fourie Rubrieke 2024-08-27

"Tog, dit wat ons opdoen in daardie klaskamers – die blootstelling aan nuwe idees en die ontwikkeling van kritiese denke – kan ons lewens beïnvloed op maniere wat ons dalk nooit besef nie."

Boeksemdais 1: Die groter prentjie, die legkaartstukke, lekkerleesboeke en swart swane

Jonathan Amid Boeke en skrywers 2024-08-22

"Boeksemdais. Nooit die finale woord of afsluiting oor die saak nie; eerder die totstandkoming, oor tyd, van nuwe voetpaadjies, proesels van ’n nuwe umamigeur."

Malema vs Shivambu

Freek Robinson, Piet Croucamp Rubrieke 2024-08-21

Gaan die MK-party ’n politieke tuiste vir Floyd Shivambu wees? Freek Robinson vind meer uit by politieke ontleder Piet Croucamp.

Ope brief aan Mellet Moll

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-08-21

"Ek hoop verder dat jy jou sal afvra hoe letterkunde in al sy vorme deur die huidige vetes en moddergevegte gedien word."

Emily Hobhouse se storie nou ’n nuwe, moderne toeriste-attraksie in Engeland

Elsabé Brits Rubrieke 2024-08-16

"Die Story of Emily is ’n nuwe historiese terrein, wel eintlik ’n ganse ervaring, wat uit 40 akker bestaan. Dit is geleë in die dorpie St Ive (uitgespreek Saint Eve) in Cornwall, naby Liskeard. Met jou hoëtegnologie-oorfone sal jy installasies, animasies, video’s en virtuele realiteit (VR) beleef, verryk met ou dekor, historiese foto’s en artefakte."

Top