Rubrieke
Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.
Verkiesing op ons voorstoep
2024-05-27"Hoekom fokus ek op GOOD terwyl hulle grootliks deur die hoofstroommedia ignoreer word? Dalk omdat ek sien hoedat hulle strategies werk op munisipale vlak, en aflei dat dit ook op provinsiale en nasionale vlak herhaal word."
Kan Saffers se oorsese stemme verkiesingsuitslae verander?
2024-05-20"Ook in Den Haag en Lissabon was daar lang toue. En ook plakkate. 'Let’s save South Africa' was nogal gewild. Dit laat die vraag ontstaan. Waarvan moet Suid-Afrika volgens hierdie mense gered word? Of van wie?"
Oor ma’s en kinders
2024-05-10"Soms is Moedersdag ’n kompleks verweefde bondel emosies, met ’n bietjie liefde, ’n bietjie weersin, en hopelik baie vergifnis daarin."
Is verkiesings vry en oop as kieseropvoeding laag is?
2024-05-06"Wat het gebeur dat kiesers wat teen hierdie tyd heelwat meer gesofistikeerd behoort te wees waar dit verkiesings aangaan, steeds nie verstaan wat hulle kiesregte is en wat verkiesings beteken nie?"
Mites, foppery en feite: Hoekom verwerp mense waarhede?
2024-05-03"Daar is waarlik ’n groot klomp mense wat onwrikbaar glo ons bly op ’n plat skyf met ’n potdeksel oor ons koppe. Dit nadat Giordano Bruno in 1600 op die brandstapel dood is omdat hy, soos Galileo – wat sy woorde moes sluk – gesê het die (ronde) aarde draai om die son. Maar dít is nie enigste verstommende liegstorie wat soos kakiebos kleef nie."
Die verskillende gesigte van Tom Ripley
2024-05-03"Die talle interpretasies van, en ’n moderne (her)besoek aan, Ripley in die gedaante van ’n neonoir minireeks hou verband met die geleidelike opbloei van die antiheld in die afgelope paar jaar se film- en televisieproduksies. Mens dink byvoorbeeld aan Breaking bad, The blacklist, of House of cards, waar die tradisionele (morele) held plek maak vir ’n donkerder argetipe in die gedaante van die antiheld."
Hoe vry is ons na 30 jaar se demokrasie?
2024-04-29"Regte moet elke dag, elke jaar oor en oor bevestig word. Die oomblik as die burgery begin slaplê, is die oomblik wanneer regte stil-stil onder hul neuse uit verwyder word."
Is die literêre toekennings te wit?
2024-04-22"Sou dit regverdig wees om ’n inskrywing te bekroon wat swakker is, bloot omdat die woordsmid swart is? Natuurlik nie, en ek glo ook nie die persone wat kritiek gelewer het, wil hierdie uitkoms hê nie."
’n Dreigende halsmisdaad
2024-04-16"Hond se kind se geblaf slaan juis ’n senuwee in my brein raak en ontplof teen my skedeldak dat ek wil huil van die sensoriese pyn. Ek moet skryf en het stilte nodig. Ek is obsessief-besitlik oor my stilte as ek konsentreer en dan is dit ál wat saak maak."
Wes-Kaapse storms: Swak beplanning of ware rampe?
2024-04-09"As ’n balkon afgeruk word van ’n huis, of ’n dak geskep word asof dit ’n sneesdoekie is, wonder ek baie keer hoeveel daarvan die krag van die natuur is en hoeveel daarvan voor die deur van swak vakmanskap en goedkoop materiaal gelê kan word."
Die grootmense van môre
2024-04-03"Ek is grootgemaak met die radikale idee dat kinders die grootmense van môre is, dat vandag se volwassenes bloot die toesighouers van die aarde is vir môre se grootmense."
Kerrievis en hot cross buns
2024-03-25"Tradisioneel word dit dan Goeie Vrydag ná die kerkdiens geniet, saam met hot cross buns. Dis net hier waar dinge baie keer in ons familie verkeerd gaan."
Menseregtedag, maar waar is ons waardigheid?
2024-03-19"Al die politieke partye werk op een of ander manier die woord 'waardigheid' in hul toesprake in, maar selde word die reg op waardigheid aangehaal. Daai drie woorde is soos ’n handgranaat waarvan die pennetjie uitgetrek is."
Die effek van marginaal- en hibriedwees op die bruin politieke landskap
2024-03-14"Ironies genoeg is hierdie ryke mosaïek van mense en gemeenskappe wat losweg as Coloureds / coloureds deurgaan, onsuksesvol om hulle op die politieke toneel as ’n effektiewe groep te organiseer, te vestig en te laat geld."
Uit die dagboek van ’n gewoontestapper
2024-03-12"Elke individu se unieke manier van loop – kriminoloë verwys daarna as jou idiosinkrasie – is ’n nuttige instrument as dit by die uitken van misdadigers kom."
Aktiewe demokrasie in die kunste
2024-03-11"Marlene le Roux is baie bewus van die uitdagings wat gestremdes in die gesig staar wanneer hulle maar net wil deelneem aan gewone aktiwiteite in die samelewing, en sy setel haar aktivisme daarrondom."
Is die Afrikaanse boekebedryf ’n sinkende skip?
2024-03-04"Niemand wil skryf wanneer hulle harde werk gesteel word deur boekdiewe aan die een kant en onteien word deur die staat aan die ander kant nie. Raai wat? Afrikaans gaan aan die kortste end trek. Minder Afrikaanse skrywers beteken minder Afrikaanse boeke."
Boekfeeste as "veilige" ruimtes
2024-02-27"Ruimtes waar kuns in alle vorme aangebied word, behoort verrykende, verruimende en demokratiese spasies te wees waar almal hulleself op gelyke vlak kan geniet."
Verkiesing 2024: Wat soek kiesers?
2024-02-20"Dis tyd dat politieke partye van dwarsoor die spektrum begin om in die gemeenskappe uit te gaan en insette van alle vlakke van die samelewing verkry. Hulle sal gou genoeg uitvind dat mense presies weet wat nodig is om hulle omstandighede te verlig."
Staatsrede 2024
2024-02-09"Die staatsrede was ongewoon niksseggend en onsamehangend. Indien ek byvoorbeeld ’n drinkspeletjie sou gespeel het waar ek ’n sluk hardehout moes neem elke keer wanneer staatskaping, korrupsie of Madiba genoem word, dan sou ek teen halfagt onkapabel gewees het."
