Rubrieke

Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.

Dit het niks met die prys van eiers te doen nie

Bettina Wyngaard Rubrieke 2023-10-09

"’n Sogenaamde scarcity mindset maak mense blind vir die behoeftes van ander. Hulle moet hulleself alles toe-eien, voordat iemand anders hulle voorspring."

Mzansi 2023, of hoekom huil ons steeds oor ons geliefde land?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2023-10-03

"Kuns is veronderstel om die groot gelykmaker te wees. Hoeveel keer het ek nie self al op ’n verhoog gestaan en gesê dat kuns universele ervarings uitdra, dat dit mense empatie leer want hulle vind uit ander is presies net soos hulle nie? Hoekom dan voete sleep wanneer dit kom daarby om rassiste uit diverse spasies te boender?"

Om ’n ma te verloor

Bettina Wyngaard Rubrieke 2023-09-19

"Om ’n ma te verloor tref op ’n manier waarop geen ander verlies jou tref nie. Die feit dat ek haar as volwassene verloor het, is nie beter nie."

Die stereotipering van mans

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2023-09-14

"Die popsielkunde van die dag [lei] ongelukkig tot die onnodige en skadelike etikettering van onskuldige mense. Wat my terugbring na die kategorisering van mans – wat deur vrouelesers met opwinding, angs en talle vermanings bejeën word."

Waa’ brand it, Uncle Cyril?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2023-09-05

"En elke enkele brand en vloed en kinnes wat nog in toilets gan inval en kinnes wat nog van malnutrition sal doodgan, daai is op djou boekie. Wan djy kan iets doen, maa djy kies om handjies gevou agteoo te sit."

Wat het skaak en transregte met mekaar te doen?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2023-08-21

"Nou mag transgender vroue vir minstens die volgende drie jaar, of hoe lank hierdie belaglike ondersoek ook al duur, nie in die vroueliga deelneem nie. Wat die ondersoek behels, is boonop ook onseker. Gaan hulle nou die omtrek van vroue se koppe meet teen dié van mans? Gaan hulle die grootte en massa van vroulike breins bepaal en daarvolgens afleidings maak oor hoe die brein funksioneer?"

Is die taxistaking die begin van staakseisoen?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2023-08-07

"Wie word die ergste getref deur die protesaksies? Die arm mense wat nie oor hul eie vervoer beskik nie. Die mense wat al klaar aan die onderpunt van die samelewing is, word nou vergruis in die borsstampery tussen die taxibase en die munisipaliteit. Kinders wat ’n opvoeding nodig het om ’n beter lewe te kan lei, kom nie by skole uit nie."

Nelson Mandela was ’n spesiale mens, maar geen heilige nie

Jason Lloyd Rubrieke 2023-08-02

"Die vraag wat nou, hier kort na die einde van Nelson Mandela-maand, onwillekeurig by my opkom, is of dit nodig sou wees om Madiba se donker kant te onthou. Ons almal het immers ’n skadukant. So, hoekom nie?"

Is die bluelight brigades nodig?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2023-07-28

"Die saak wat nou voor die howe dien, nadat agt beskermingseenheidlede drie lede van die publiek aangerand het, is nie net ’n gewone kriminele saak nie. Dis ook ’n toets van hoe ver ons howe, en die breër publiek, bereid is om verdere vergrype toe te laat."

Is ôse dokters dan ’ie goed genoeg ’ie, Uncle Cyril?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2023-07-17

"Is daa nie dokters binne Mzansi wat hom kon treat ie? Soe ek wil wiet wat hy makee wat soe bad is lat ôse eie dokters it ie kan treat ie. Wan as ôs medical services ie goed genoeg is vi hom ie, hoeko wôd it an ôs afgesmee? Hoekô gan djulle landyt pleks van fix wat hiesa norag is?"

Analoognostalgie: ’n elegie aan ’n verlore tyd

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2023-07-13

"Nostalgie bind mense aan mekaar. Tog is daar ’n skadukant aan hierdie bladsye, en dit is dat die hunkering na die verlede."

Oor identiteite en wie die eerste klippe gooi

Bettina Wyngaard Rubrieke 2023-07-13

"Hoe regverdig is die etikette wat ons soms om mense se nekke hang? Hoe lank en hoe swaar moet mense dra voordat hulle loskom van die etiket? Kom hulle ooit los?"

Israel, Rusland: oorlogsmisdaad is oorlogsmisdaad

Bettina Wyngaard Rubrieke 2023-07-07

"Ek twyfel of daar veel veroordeling van die internasionale gemeenskap gaan kom. Israel is almal se liefling, ten spyte van die vergrype wat plaasvind."

Gan ôs oek lektriek BM’s ry, Uncle Cyril?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2023-07-03

"Kô ôs kry ees ie basics reg. Gie vi ôs lektriek. Elke dag, heeldag. Dan gan ôs na ie next level toe. Wan ôs wil ammel lektriek BM’s ry."

’n Verhaal van twee maritieme tragedies

Bettina Wyngaard Rubrieke 2023-06-28

"Hoekom was daar so 'n skreiende verskil in nuusdekking en belangstelling onder die breë publiek tussen die twee tragedies? Daar is nie 'n eenvoudige antwoord nie."

In die fragmentarium 6

Breyten Breytenbach Rubrieke 2023-06-15

"oor seë het ek gedroom
van onstuimighede of ’n blou spieël
wat die dae in hulle nagte uitspoel ..."

Godsdiens, inklusiwiteit en bondgenootskap vir kommersiële gewin: Is Woolworths tussen die duiwel en die reënboog?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2023-06-14

"Is ek sinies? Natuurlik. Inklusiwiteit behoort tog nie net een maand van die jaar deel van ’n besigheid se waardes te wees nie."

Hoe die poppe dans

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2023-06-13

"Volg ’n mens die tydlyn sedert 1959, blyk dit duidelik dat Mattel weet hoe om die popkultuur (woordspeling bloot toevallig!) en eietydse ideologiese invloede in die leefwêreld van ’n pop te inkorporeer. Want poppe speel immers die heersende gedragspatrone, sosiale waardes en projeksies uit."

Matie-konvokasie: hoekom Jan Heunis die trekpas gekry het

Bettina Wyngaard Rubrieke 2023-06-05

"Daar is veral ’n paar indrukwekkende jonger lede van konvokasie wat hopelik vernuwing kan bring, en wat met die nodige respek vir inklusiewe besluitneming sal omgaan."

Water, armoede, politieke onverskilligheid en Cholera in SA

Bettina Wyngaard Rubrieke 2023-06-01

"Jy kan jou kind se bababottel hóéveel keer in die mikrogolf sit om te ontsmet; die water waarmee jy sy formule aanmaak, is nie suiwer nie. Dis water wat deur die plaaslike munisipaliteit en oorhoofs deur die nasionale Departement van Water en Sanitasie voorsien word."

Top