Rubrieke
Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.
Djy kan maa eider Davos toe gegan het, Cyril
2023-01-24"Moet ôs nou lekke gevoel het lat djy djou overseas trip gecancel het om sam ôs innie donker te sit? Ôs is mos ie eyeblind lat djy hiesa bly oorie lectric, maa ek scheme djy’t gewiet ie anne leiers gan djou nie ’n lekke gesig gie oorie military exercises met daai Poetin ie."
Totsiens, Jacinda Ardern
2023-01-20"Dalk kan sy vir ’n rukkie hier kom aflos voordat sy finaal aftree?"
In die fragmentarium 2
2023-01-16"’n elegie moet die klaagsang in lang klankreëls vleg
om op die wind te sweef
en ek kan om my lewe te red
geen sin maak van die patroon
geweef in die lyn
tussen jou dood
en myne"
Eskom se ma se Nersa
2023-01-13"Wan wiet djy wat, Cyril? Djy’s oekie my uncle meerie. Ôs relationship is soe toxic soes Harry, William en Charles s’n. Sonne ie millions, binne of buite ie furniture. An my kant, anyway. Wan in ie laaste tien ure het ôs twie ure lank lectric gehet."
Die entiteit
2023-01-12"Dit was die tyd toe Eskom se kragopwekkingskapasiteit gedaal het tot 53%. Beurtkrag, wat reeds sedert 2007 ’n ingeburgerde kultuur in Suid-Afrika geword het, het nou daagliks voorgekom. Vir maande reeds is die land lamgelê deur duisternis en ’n ongewone, serene stilte."
Trump en Bolsonaro: voorskou vir ons?
2023-01-10"Ons hier plaaslik moet ook oplet, want die vraag wat by my opkom, is: Wie hier maak fyn notas oor wat verkeerd loop in Brasilië en wat twee jaar gelede skeefgeloop het in die VSA? Anders gestel, is ons voorbereid vir wat gaan gebeur wanneer die ANC ’n verkiesing verloor en nie meer in bewind is nie? Dit is hoogstens twee tot drie verkiesings weg, soos dinge nou lyk."
Sedeloosheid in die biology class
2023-01-09"Waar kom daai anties se half dozen of meer babies dan va’daan? Mrs Olivier gaat maar moet explain, dan nou nie? G’n mens kon jou dié konsternasie uitdink nie. In Graaffernet! Of all places!"
Sy naam was Bennie
2022-12-21"Daar is min dinge so hartverskeurend as wanneer ’n Facebook-vriend die dood van ’n geliefde troeteldier aankondig."
Ek het mixed feelings, uncle Cyril
2022-12-20"Soe, congratulations, uncle. Maa ek moet sê, it voel ie soes toe Argentina die sokke gewen het ie. Toe kon mens voluit bly wies en saam met Messi cheer. Maa uncle, it voel soe al uncle het gewen maa die land hettie sam met uncle gewen ie. Wan wat betieken it nou eintlik lat uncle gewen het? In practical terms, mien ek nou. Betieken it lat ôsse ligte nou gan brand en ôs maa die Krismis-gammon kan gan koep?"
Ek onthou jou goed, Helen
2022-12-19"Ek neem hierdie boek The Sense of things telkens op om te onthou hoe Helen was. Dit voel elke keer asof ek weer by haar gaan kuier in haar sonnige woonstel in die skilderagtig-vervalle ou gebou op die lawaaierige Louis Bothalaan."
Slegs ’n politieke oplossing sal Afrikaans van ondergang red
2022-12-14"So hoekom kan UWK nie as politieke oplossing dien vir die oneindige polemiek oor die voortbestaan van Afrikaans op universiteitsvlak nie?"
In die fragmentarium 1
2022-12-13"Wat jy hier in die hand neem, Leser, is ’n soort joernaal stukgewys bygehou oor die drie jaar, of meer – tot dusver – van inperking en afsondering, bevraagtekening en disoriëntering."
Beurtkrag, die gevolg van gebrek aan politieke wil
2022-12-13"In 2019 het ons ook hier vlak voor Kersfees fase 6-beurtkrag gehad. Toe was die verskoning nat steenkool. Die politici het plan gemaak. Hulle het die ministeriële reëlboek aangepas, gesorg dat by elke ampswoning daar kragopwekkers op staatskoste is, ook dat elke ampswoning as ’n nasionale sleutelpunt vrygestel word van beurtkrag."
Grumpy old men: oor Trump, Truss en ander transformasies
2022-12-09"Daar breek ’n tyd in ’n man se lewe aan wanneer hy nog net hees kan grom, soos ’n ou hond. Ja – die grumpy old men-fase is beslis nie vir sissies nie. Dit was tydens hiérdie liminale fase tussen die middeljare en oudword wat professor Miller Moolman onherroeplik verander het. Want sien, Moolman werk sedert die COVID-19-pandemie van die huis af."
Taal sterf nooit alleen nie: Suid-Afrika se laaste Jiddisj-talige digter
2022-12-02"Kyk ’n mens met ’n fyn oor na Netflix-reekse soos Shtisel, wat onder ’n ultra-ortodokse Joodse gemeenskap in Jerusalem afspeel, begin die Jiddisj wat hulle praat gou verrassend verstaanbaar raak. .... Daar was ’n tyd dat ’n mens in die besige strate van Johannesburg, Kaapstad en selfs van Oudtshoorn Jiddisj in al haar astrantheid sou kon hoor. Daardie dae is verby."
Talk is cheap, maa money koep ie whiskey, uncle Cyril
2022-12-01"Innie ou dae het ôs altyd ’n brief beginne met: 'I hope this letter finds you well,' maa ek wiet ie hoop gan vedag beskaam, soe ek vra maa eider ie. Die Phala-Phala report is mos yt ennie hiënas circle. Maa uncle wiet, daa was meedere rede om Zuma te impeach en it hettie gebeurie, soe ek scheme uncle is safe."
Swerfjaar: Korsika – liewers laat as nooit
2022-11-30"En al waaroor ek spyt is, is dat ek nie lankal gekom het nie."
Die erwe van die vaders: ’n Blik op HF Schoon en sy kleinseun, Marius Schoon
2022-11-23"In Elizabeth Conradie (1903–39) se ondergewaardeerde akademiese werk oor vroeë Nederlandse skrywers in Suid-Afrika, Hollandse skrywers uit Suid-Afrika. Deel 2 (1875–1905) (1949), lees ’n mens vir Herman Frederik Schoon raak, wat in 1851 in die Nederlandse hawestad Rotterdam gebore is." (Foto van die moderne stad Rotterdam vertoon hierby.)
Oor Charlize: Afrikaners is plesierig, of is hulle?
2022-11-21"Speel die bal, mense, en los die persoon uit. Speel die bal op so ’n manier dat mense na afloop van als nog respek vir die taal en sy sprekers kan hê."
Meer as vier-en-veertig, Charlize
2022-11-17"In plaas van doer van ver af wilde stellings maak, kom check wat ons doen."
