Rubrieke
Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.
Die middeljarige metroman en ander manewales
2023-03-29"Daar is geen prys op ’n verlore jeug nie. Die tragikomedie van oudword speel uit in nimmereindigende aanlyn wenslysies en gadgets wat troos – en deel word van die steeds groeiende mark vir selfversorgings- en ydelheidsprodukte vir ouer mans."
Langenhoven-gedenklesing 2023: Ontmoet die paneellede
2023-03-22"’n Geochemikus, ’n filosoof, ’n letterkundige en ’n ingenieur stap ’n tent in. Nee, dis nie die begin van ’n vreemde grappie nie, dit is wat letterlik op 1 April in Oudtshoorn gaan gebeur tydens die Langenhoven-gedenklesing."
Het olifant ’n muis gebaar? #NationalShutdown
2023-03-20"Maar wat van die teorie dat dit vir Malema nie regtig gaan oor of hy die ekonomie tot stilstand kan ruk nie, elke protesaksie is eintlik maar ’n barometerlesing om te sien hoe ryp die land vir rewolusie is?"
In die fragmentarium 4
2023-03-16"Moenie te groot woorde gebruik nie want die oggend is nog ongeskonde en heilig. Jy sit op die balkon asof dit ’n stoep is, met ’n eerste beker koffie en ’n moot beskuit hard soos ’n klinker."
Van koshuise, tale en kommissies
2023-03-15"Op die vooraand van Internasionale Menseregtedag is dit dalk ’n belangrike les om te leer: Die grondslag van menseregte is menslikheid en menslike verhoudinge. Dit kan nooit deur ’n regsbeslissing afgedwing word nie."
Net oo ôs groen lyk mean ie enage bok vriet an ôs ie
2023-03-14"Issie die size vannie cabinet wat ie probleem issie, Uncle. Is lat hulle ammel net snoete an ie trog sit. Ôs issie stupid ie, Uncle. Ôs mag miskien groen lyk, maa g’n bok vriet aan ôs ie."
Is alwee Internasionale Vrouedag op 8 March, Uncle Cyril
2023-03-07"[S]tel asseblieftog ’n ministe van women en children an wattie net in August en mettie 16 days in Novembe gesig wys en ie res vannie jaa missing in action issie. Ôs soek ieman wie se gesig innie nuus is elke kee as ’n vrou of kin gevemoo wôd, ôs soek ’n ministe wat vocal is assie budget ie cater vi vroue se needs ie, ieman wat sonne fear of favour sal praat as laws wat vroue protect, geneglect wôd. Ôs soek ieman wat ie sal stilbly as haa eie comrades innie ANC geprotect wôd as hulle gender-based violence pleeg ie."
Kan Bheki Cele se Teflon hom beskerm teen Gun Free South Africa?
2023-03-06"Indien Cele weer wonderbaarlik ontkom, is dit finaal duidelik dat die ANC in die algemeen, en Cyril Ramaphosa spesifiek, geensins ernstig is oor die bekamping van misdade nie. Hierdie geding behoort aan die groot klok gehang te word."
Koebaai De Ruyter, hallo donkerte my ou tjommie
2023-02-23"Ons skalpel: stembriewe. Ons maak die fout om te dink net nasionale verkiesings is belangrik, maar die realiteit is dat elke verkiesing ’n verskil maak, ongeag of ons in ons wyk stem vir ’n raadslid of nasionaal vir ’n president."
Wie se taal? Al weer, of nog steeds?
2023-02-21"Kom ons maak hierdie Moedertaaldag een waar ons ons liefde vir ons moedertaal in al haar skakerings wys."
In die fragmentarium 3
2023-02-17"Leser:
As jy maar weet
Jou stillees was ’n murmelende stroom
Waar ek moeg gereis kon buk
Op soek na die afwesige gesig
En my dors te les ..."
Moenie dat ek jou verveel met my reisherinneringe nie
2023-02-16"Ek onthou die reuk van ongelooflike oudheid, mos en keisteen, geel velde, ’n vreemdheid in die lug, eeue se geskiedenis, ’n leeftyd se poskaarte wat lewe kry. ’n Versigtige herkenning op sellulêre vlak."
Rassisme kan nie met rassisme beveg word nie
2023-02-16"Dan glo die ANC in die leuen dat almal en alles gelyk is. Dis ’n wêreldwye tendens met kommunistiese wortels om alles en almal gelyk te wil maak en verskille uit te vee."
Hippokrates se vier temperamentstipes: ’n parodie
2023-02-14"Ek wens ons was nie almal so nie. Maar ons is."
Hoe verskil SONA 2023 van Zuma-era-staatsredes?
2023-02-10"Die staatsrede is in die Kaapse stadsaal gehou. Dis ’n mooi genoeg gebou, maar die rede hoekom die vergadering daar gehou is, behoort aan ons almal slapelose nagte te besorg – dié wat nog kan slaap snags. Meer as ’n jaar nadat die parlementêre setel in ’n brand verwoes is, is dit nog nie herstel nie."
’n Very cosy plek met plenty of funny goeters
2023-02-06"Dit gaan halfway donker ok word in die middel vannie dag and then you can look straight vir die son deur die smoked glass. En jy gaan kan sien die moon is kleiner as die sun."
Daar is méér: ’n gesprek tussen Estelle Kruger en Daniël J Louw
2023-02-03"Hoe gee jy gestalte aan dit wat jy nie sien nie, maar jou elke dag inspireer om sinvol te leef? Is daar ook nie tog méér as dit wat die sintuie kan sien, voel en empiries kan waarneem nie?"
Ek bly net hier
2023-02-01"As ek my verhouding met Suid-Afrika ’n Facebook-status moet gee, is 'It’s complicated' die enigste blokkie wat pas."
Individuasie
2023-01-24"Individuasie is ’n groot woord. Dit beteken om ’n stabiele persoonlikheid te vorm, ’n duidelike sin van jouself wat verwyderd is van jou familie en die res van die wêreld. Carl Jung het die term gemunt. Individuasie het min of meer op die ouderdom van 40 op my neergedaal."
