...
And that, my dear, is die geskiedenis van Graafrikaans in ’n moeselien flour bag toegebind vir jou.
...
Graaffernet was ’n very cosy plek met plenty of funny goeters. Dis daai time al van 1786 af, cause hulle vertel die town is die vierde oudste town in South Africa. Dis mos ’n groot achievement daai gewees, of what sê julle? Imagine nou! Even gedoop agter grootkoppe aan, glo van Nederland af: They say a governor en hy se vrou.
Ja jong, dit was ’n boeredorp toeka se tyd van Voortrekkers en bietjie Huguenots vanaf Paris wat dit begint het. But toe kom die 1820-settlers mos nog by met hulle Engels en nie very long centuries after that, toe kom kry mens mos Victoria Park en die Queen of England se bust wat swank hoog bokant die town hall se main entrance. Jong ek sê jou, Graaffernet was ’n very mooi town en cosy plek hoor. Dit was vol vrugteboorde, green trees in die strate en rondom die town was the Sundays River. En oppie commons was always ’n paar hamels en kapaters wat rond gewaal het.
But I must admit, dit was ’n hele deurmekaarspul met communication met mekaar vannie start af. G’n mens kon mekaar understand nie en eventually toe praat almal maar so mixed up met hande wat beduie om hul instructions clear te maak: even Hoog Hollands ok; en dié was al klaar a mixture van tales: Hollands, German én French, jy weet. En toe boonop was daar even Khoisan words saam ingesluk inbetween ok, and toe is dit called seker byna Afrikaans. Ja, en hulle kon hom already van 1914 praat innie school. But rêrige boekrak-Afrikaans was only born by law in 1925, want toe kon even die government dit al gesels. Can you believe that? Die government in die Union van Suid Afrika! Hulle het gesê toe dis final en official. Dis Afrikaans.
But in Graaffernet het hulle gebly met hulle mixture van tales en daar’s latertyd gesê dis Graafrikaans… En you know, hy’t nog never gesterwe nie… till today het hy survive!
En soos die tyd verbygegaan het op onse Graaffernet, het daar skole ook appear. Daar was more, but twee main ones. Een was vir die rooi taal en het in English ge-specialise en die other one in Afrikaans.
Hulle was always in competion met mekaar – die boere en die rooinekke. En even vandag nog steeds, I tell you: Volkskool versus Union High … en andersom!
So daar was nie op school place vir Graafrikaans nie, want daar was compostions, resitasies en comprehension tests wat jou moes geletterd maak to speak – just one language op ’n keer.
Anyhow even met die twee grand skole wat so importantly die regte tale moes leer, het die kinders buitekant die skole goeie maters geword en hul eie taal gepraat…En in Graaffernet het hulle gebly met hulle mixture van tales. En you know, hy’t nog never gesterwe nie! Till today se dag het hy survive!
And that, my dear, is die geskiedenis van Graafrikaans in ’n moeselien flour bag toegebind vir jou.
Nou so gesels van beginnings, draai my mind oor losgoed uit my Graaffernet days. Daar word mos gesê as jy oud word, you remember many years vantevore se memories, maar jy vergeet om die tap toe te draai of waar jou handbag is!
Smoors het mammie die water oorgehang vir oggendkoffie. FG-koffie jy weet. Die groen pakkie met die black coffee beans. Regte moerkoffie. Ouma het innie aand vantevore al the two dessertlepels in die enamelbekertjie uitgehaal uit die bin en met die doily toegegooi vir wanneer die water kook om koffie te maak in die groot enamelkoffiepot. Hy moet staan onder die teacosy tot die moer gesak het en nie meer float nie, voor dit ge-serve word. Dan roep mammie ek moet kyk of die melk al deliver is. Mr Gouws van die dairy met sy werkers het soggens vroeg die glasbottels vars melk deliver en die clean washed empties opgetel met die note in om te sê hoeveel melk deliver moet word: dit was so lekker om te listen wanneer die bottels clingeling innie street en click-click as dit oppie steps neergesit word. Party people het ’n kassie gehad, laag gemount teen die wall om die bottels in te sit when delivered. But by ons was dit net oppie step gesit. Mens het glass bottles in all sizes gekry: dumpys, pinte, quarts and gallons, en elke bottel het sulke wax dekseltjes gehad wat in die neck vas gedruk was dat die melk nie uitloop nie. And was that nou difficult om daai wax top uit te kry from the bottle, hoor! You had to take ’n vurk en steek hom baie skuins into that doppie. But baie skuins you must stick him, otherwise you push it into the milk and dan was dit a big mess. Oe, dan’t mammie sommer erg kwaad geword. En if you get the fork in, you just lift it up. Dan’s die bottle open. Nou ja dan was breakfast ready met die mieliepap, brood en koffie. Én of course ouma se homemade appelkoosjam. En rêrige botter. Can you believe it? Toe’t mens nog a sixpence betaal vir ’n pond botter.
Sometimes het ant Maxie vannie plaas met die karmenaadjie plaasbotter ook gestuur saam met uncle Andrew. But ek’t nie dit gelike nie. Was altyd vir my so salty. Mammie en ouma het gewoonlik skaapboud gekry, of ’n blad vleis van ’n hamel wat Totman geslag het, en navels en tamaties of sometimes ’n kop kool. Whatever was in season. Sommer ’n yslike mandjievol. In die winter was daar biltong ok by. Usually koedoe of springbok. André het gejag en Laban moes slag, waar die bok hang on a branch vannie pepper tree. Ek’t baie gelike van die springbokbiltong, want hy raak very droog dan kan jy so toutjies afskeur met die oogtande van die kante af en oprol innie mond. Dan kou jy dit so together met die koljander wat nog vassit. Oe lekker. But het dít nou mens dórs gemaak! Ek kon sommer die heel week se Oro-Crush in een afternoon opdrink.
...
Dit gaan halfway donker ok word in die middel vannie dag and then you can look straight vir die son deur die smoked glass. En jy gaan kan sien die moon is kleiner as die sun.
...
But dit was mos that day wat oupa gesê het hy kom ons oplaai om Perryshoogte toe te ry. Dit was ’n eclipse vannie sun en ons gaan beste sien from there. But we had toe put on onse sandals. Daar’s dubbeltjies gewees daarso. Ons kannie kaalvoet gaan nie.
Hy’t stukkies glas gemaak wat hy eers oor ‘n kers hou, that is burning, dan maak die rook dit pitch black. We had to hold it carefully before the eyes to look at the sun wanneer die maan gaan move in front of it, oupa explained. But he said hy sal sê when. You mustn’t look before, he says, want jy kan blind word. Dit gaan halfway donker ok word in die middel vannie dag and then you can look straight vir die son deur die smoked glass. En jy gaan kan sien die moon is kleiner as die sun.
Jong, dit was nou exciting.
Sometimes was daar negatives van Nytjie se box camera ok wat jy kon deur kyk, but sy was meeste vannie tyd by Stellenbos se groot skool. Sy wou as teacher getrain word en was ’n drum majorette. Ek weet nie wat was dit gewees nie, maar by ouma se buitekamer was so ‘n lang stok met ’n ronde kop en maroon en orangerige linte om dit gedraai wat sy moes use en innie ronde swing. Dan het hulle gemarch en bene hoog geskop het ouma gesê: “Funny, nè?” Maar Ouma was clever – she knew. Ons het nie dit geleer by die school nie. But daar’t hulle ok nie geken van Graafrikaans nie; only the rêrige Afrikaans gepraat, het oupa gesê.
En wanneer Nytjie kom kuier het in hulle school holidays, hulle kwartale was totally different van ons school s’n, dan’t oupa haar nie altyd kon gaan haal oppie station nie, want hy het science geteach by die skool. Dan moes Matt Dippenaar haar loop kry met sy taxi. So ’n groot bloue en later van tyd ’n wit kar. Hy was so lank and very thin met spierwit hare. Mammie het altyd gesê hy’s so mooi blas getan. Hy was die only taxidriver innie dorp, but ek dink daar het later van tyd someone else ok gekom, maar ek kannie for sure meer remember nie. Sy only child was Annemarie. Sy was saam met Lollie in die class. Haar gym was always so netjies geiron. Die soom was never plat en blink gestryk nie. Dit het my so getickle.
(Die arme stasie is nou tot niet, sê die koerante, lees ek. En die spoorwegkamp waar die train drivers stayed, het ok leeggeloop).
Anyway as ons terugkom van Perryshoogte af, moes ek en Lollie loop bad tap en innie Fenjal badgoed, wat so skuim maak in die bad, gaan bad, want ons het geruik na karoobossies, het ouma gesê en dan het sy’t meanwhile die glasskerwe gewas in Dishwalla-seep innie kombuis. Ek mag dit nie afdroog nie. Sy’t gereken ek gaan my hande sny met die glas. Oupa het dit dan weer gebêre vir ander experiments, want die eclipse vannie sun het nie baie keer gebeur nie.
En as ons klaar gebad was en in ons nagkebaai, kon ons table toe kom. Ouma het klaar die brood gesny wat sy bak innie swart stove. Sy’t gesê ons gaan kaiings kry, together met die gekookte eier, in sy kelkie (mens moes dit mos met ’n teaspoon eet), en elkeen ’n vars tamatie van ant Maxie affie plaas. En die tea was klaar gemaak in die Hart-teapot en trek under die teacosy. Maar oupa het altyd ekstra kaiings en twee eggs gekry. Ouma het gesê oupa werk hard, so hy moes groot eet. Hy’t nogals ’n boepens gehad, het ek gesien toe ek klein was en perdjie kon ry op sy voet while ons wait vir die aand se wireless-godsdiens en Ouma se storie agterna. Ouma was so lief vir draadloosstories. She never missed die Droom van Hermien le Roux voor lunchtyd en Dulcie van der Berg se Hospitaaltyd. En smiddags vir Esmé Euvrard en Jan Cronjé se So maak mens. Sy’t nuwe recipes daar gekry.
Ai, now that I’m old, mis ek darem so baie die dae van onse Graaffernet. So carefree …
Die Gem of the Great Karoo was so vol love and understanding!
Kommentaar
Uitstekende beskrywing van Graaffrikaans.
Brilliant soos altyd.
Uitstekend, soos altyd! Ons sien uit na 'n versamelbundel Graafferkaanse sketse.