Suidoosterfees
Suidoosterfees 2024: Burger King Konsert van Hoop – ’n onderhoud met Anna Davel
2024-04-18"Die Suidoosterfees is ’n fees vir almal, en eerlikwaar, hierdie is so ’n heerlike potpourri van style en klanke om na uit te sien. Pop, klassiek, Afrikamusiek, ghoema, power ballads, Ierse musiek, Hongaars, so kan ek aangaan ..."
Suidoosterfees 2024: ’n Onderhoud met Reginald Hufkie en Herschelle Benjamin oor Op die kruin van Shôdeville
2024-04-18Herschelle Benjamin: "Kan mens familie of bloedlyne sny of laat gaan as dit jou nie meer ondersteun in jou aspirasies of lewe nie? Ek het nie ’n antwoord nie. Ek dink vir elkeen sal dit anders wees om dit binne hulself te ondersoek."
Suidoosterfees 2024: ’n Onderhoud met Miché C van Wyk oor Konsistorie: ’n kabaret
2024-04-17"Plattelandse kerksake is maar baie konserwatief, vol politiek en vreeslik sensitief vir verandering. Kabaret, daarenteen, is natuurlik in dié geval gevaarlik en skroom nie om ’n bietjie aan te vat en kommentaar te lewer nie. Die waarheid is ’n naarheid."
Persverklaring: Uitsoekdramas op Suidoosterfees se NATi Teaterfeesprogram
2024-04-12Teaterliefhebbers kan regskuif vir ’n onvergeetlike drama-aanbod by die 21ste Suidoosterfees wat vanjaar van 26 April tot 1 Mei in Kaapstad aangebied word.
Persverklaring: Suidoosterfees se Onder ’n bloedrooi hemel ’n "kragveld van kreatiwiteit"
2024-04-09Onder ’n bloedrooi hemel, gebaseer op Annemarié van Niekerk se aangrypende memoir oor liefde en geweld in Suid-Afrika, is die fees se vlagskipdramaproduksie.
Persverklaring: Top-uitgewers by SOF Junior, Suidoosterfees se mini-kunstefees vir onnies, skoliere en ouers
2024-04-09SOF Junior, ’n mini-kunstefees vir skoliere, onderwysers en ouers, word van 22 tot 26 April 2024 by die Artscape-teatersentrum in Kaapstad aangebied, net voordat die hooffees afskop.
Press release: Heritage Travel Magazine: Mondig poetry contest at Suidoosterfees
2024-04-04Since Suidoosterfees is a festival for all and celebrating their 21st birthday, the Heritage Travel Magazine decided to include every household in the world from different nations, cultures and towns to give everyone the opportunity to be a part of it by joining in on this international poetry competition.
Persverklaring: Skrywers, nuusmakers en nuusaandraers by Jakes Gerwel-gesprekke op Suidoosterfees
2024-03-26Die 21ste Suidoosterfees vind vanjaar van 26 April tot 1 Mei in Kaapstad se Artscape-teatersentrum plaas. Skrywers, joernaliste en nuusmakers gaan tydens die Jakes Gerwel-gespreksreeks gesels oor boeke en aktuele sake.
Persverklaring: Suidoosterfees 21 – hutspot van eg Kaapse musiek en stories
2024-03-18Kaapstad is reeds vir 21 jaar die Suidoosterfees se tuiste, en die fees vier sy mondigwording van 26 April tot 1 Mei by Artscape in die hart van die Moederstad. Stories, mites en die geskiedenis van die Kaap word met musiek en komedie vermeng op vanjaar se NATi Musiekteaterprogram, en feesgangers kan hulle verlustig in ’n kreatiewe herverbeelding van die stad se geskiedenis.
Persverklaring: Suidoosterfees vier 21ste met 21 produksies teen R21!
2024-03-04Die Suidoosterfees word vanjaar mondig. Om dié mylpaal ekstra spesiaal te maak, word ’n reeks van 21 teaterproduksies teen die kaartjieprys van slegs R21 aangebied. Dié vertonings, wat elk 21 minute lank is, spog met uitsoekkunstenaars en is van 26 April tot 1 Mei in Kaapstad se Artscape op die planke.
Persverklaring: Suidoosterfees word mondig
2024-02-01Die Suidoosterfees word vanjaar mondig. Verskeie verrassings en hoogtepunte wag op feesgangers wanneer dié gewilde Moederstad-fees van 26 April tot 1 Mei 2024 by die Artscape-teaterkompleks aangebied word. Kaartjies kan vanaf 5 Februarie by Webtickets bespreek word.
Persverklaring: Hier is die benoemdes – 14de kykNET Fiëstas
2023-12-11Met die ses groot Afrikaanse kunstefeeste – Suidoosterfees, KKNK, Innibos, Vrystaat Kunstefees, Toyota US Woordfees en Momentum Beleggings Aardklop – wat die afgelope jaar weer volstoom aan die gang was ná die pandemie, het dié in die kunste weer gewys dat talent in Suid-Afrika volop is.
Persverklaring: Jong dramaturge steel die kollig by New Voices in Kaapstad
2023-10-26New Voices, die jaarlikse samewerkingsprojek tussen Suidoosterfees (SOF) en Artscape, is nou te sien by Artcape se Arena in Kaapstad.
Stemme: Teaterprojek gee stemme toe alles stil geword het – én daarna
2023-08-03"Dis ’n projek van LitNet, in vennootskap met Suidoosterfees, NATi en die ATKV wat ondersteun word deur Het Jan Marais Nasionale Fonds en die LW Hiemstra Trust."
Stemme in 2023 | Tien dialoë
2023-08-03Vir Stemme, LitNet se dialoogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV, is tien dramaturge genader om kort dialoë te skryf. Twintig akteurs is gevra om daarin te speel en tien regisseurs het elkeen ’n stuk afgerond.
Die herdenking
2023-08-03Vir Stemme, LitNet se dialoogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV, is tien dramaturge genader om kort dialoë te skryf. Twintig akteurs is gevra om daarin te speel en tien regisseurs het elkeen ’n stuk afgerond. In Deon Opperman se dialoog Die herdenking vertolk Armand Aucamp en Hannah Borthwick die rolle. Wessel Pretorius was in die regisseurstoel.
Persverklaring: Vyf jong skrywers gekeur vir NATi Jong Sterre
2023-07-06Dié jong stemme deurloop ’n uitgebreide opleidingsprogram waartydens hulle skryfwerk ontwikkel en afgerond word. Die verhoogtekste word dan omskep in professionele produksies wat in 2024 by die 21ste Suidoosterfees gaan debuteer.
Suidoosterfees 2023, ’n oorsig: "Fees vir almal" gedenk 20 jaar met meesterlike aanbiedinge
2023-05-09"Jonk en oud uit alle buurte en tale het die fees ondersteun. Sommige het by die kunsuitstallings en gratis vertonings gekuier, ander het een toneelstuk of dansprogram op die ander gekyk, ander het die Jakes Gerwel-gesprekke meegemaak met onderwerpe so wyd soos kan kom."
Suidoosterfees 2023-kinderteateronderhoud: Aspoestertjie – as die skoen pas
2023-04-28"Kinders moet leer dat die wêreld dimensies het en dat ’n feëverhaal meer as net ’n storie is."
Laurinda Hofmeyr gesels oor Mixtape van die liefde by die Suidoosterfees
2023-04-24"Die gedigte wat gesing word, is dié wat lekker klink as ons twee dit begelei. Daar is wel vyf verskillende sangstemme wat oorgenoeg variasie verskaf."
