Persverklaring: Gratis teater stel Suidoosterfees NATi Jong Sterre bekend

  • 1

Teaterliefhebbers kan Vrydag 18 Oktober die hele dag lank gratis teater beleef en Suid-Afrika se nuwe dramaturge se werk aanskou.

Twee betaalde stukke speel ook in die Arena af. To throw a brick deur Miliswa Mbandazayo begin reeds vanaand  terwyl Rouge deur Annie Akinyi Kamya Saterdagaand open.

Detail volg hier onder.

Suidoosterfees se NATi Jong Sterre

New Voices, Suidoosterfees en Artscape se jaarlikse voorlesings van dramas deur nuwelingskrywers, word vanaf 1 Oktober in Kaapstad aangebied. Die projek plaas die kollig op oorspronklike en opwindende nuwe verhoogstukke met agt gedramatiseerde voorlesings.

Die ontluikende dramaturge kom uit Artscape en die Suidoosterfees se NATi Jong Sterre-stal. Professionele akteurs doen die gedramatiseerde voorlesings op 1 Oktober, telkens gevolg deur ’n kort bespreking waartydens kundiges advies en idees uitruil om die stukke verder blink te vryf.

Toegang tot die voorlesings is gratis.

Bella van’ie bôl deur Diano October
Vrydag 18 Oktober 10:00 | Afr | Arena | 50 min | Gratis
Met: Miché van Wyk, René Cloete en Luke Buys
Regisseur: Lee-Ann van Rooi

Bella, ’n nooi van die platteland, gaan ná matriek Kaap toe vir werk waar sy vir Nadia ontmoet. Nadia wys vir Bella die Kaap; ’n avontuur waarna Bella haar hele lewe lank uitsien. Haar fantasie kom tot stilstand wanneer sy besef wat die eintlike realiteit van dié droomleefstyl is.

Vannie wal af deur Mikyall Harris
Vrydag 18 Oktober 11:15 | Afr | Arena | 50 min | Gratis
Met: Angelo Bergh en Dean Smith
Regisseur: Amelda Brand

“Lover’s Lane” in Stellenbosch is die enigste plek waar Adam, ’n eerstejaar, en Jethro, wat met sy meestersgraad besig is, veilig voel teen ’n onregverdige wêreld. Hier deel hulle gesteelde oomblikke in mekaar se arms. Maar die liefde en vertroosting wat hulle in die mees romantiese plekkie in die studentedorp vind, word getoets wanneer geheime en leuens kop uitsteek.

Mmaotoanafinyel by Mosa Rabannye
Friday 18 October 13:15 | Eng | Arena | 50 min | Free
With Yolande Pearl Ntanyana and Olwethu Qavile
Director: Ntombi Makhutshi

When Bokang is betrayed by her husband and her sister, she takes revenge by burning them alive. A child, Kleintjie, is left behind, who reminds Bokang of her inability to conceive. A spiritual guide, Ngono, appeases Bokang’s actions in the physical realm by reminding her that she is more than what she has done.

Hoek, Lyn en sinker deur Nelandi Boshoff
Vrydag 18 Oktober 14:30 | Afr | Arena | 50 min | Gratis
Met Karli Heine & Roland du Preez
Regisseur: Roland du Preez

Marijke Bezuidenhout, die spermsel wat gewen het, staan voor die harde realiteit van grootword. Wat begin het as ’n eerbiedige triomf, verander skielik in ’n lewe van stryd teen haarself en die verwagtinge van haar ma en haar God. Met hierdie “coming-of-age” eenvrou-kabaret aanskou die gehoor, deur die uitbeelding van sketse en trefferliedjies wat herbesoek word, Marijke se gewilligheid om herhaaldelik deur die skuiwergate van haar geloofstelsel te val. Hoek, lyn … sinker.

In her your our shoes by Franka Kirby
Friday 18 October 15:45 | Eng, Afr | Arena | 50 min | Free
With Tamia Thompson, Deborah-Keir Paulsen, Crystal-Donna Roberts and Stephanie O’ Keffe
Director: Bianca Flanders

Dit is die begin van ’n winters week by HC Designs. Die 33-jarige kleremaker, Jennifer Carolus, droom van ’n toekoms in ontwerp wat groter is as die vlak waarop sy by die boetiek vasgevang is. Sy is selfversekerd en knap, so sy sien nie altyd oog-tot-oog met die 25-jarige Camilla wat skynbaar minder van haar dink nie. Wanneer die dames, ook die 52-jarige Antie Stella, die werklikheid dat die boetiek moontlik gaan sluit, in die gesig staar, kry Jennifer die kans om haar drome te verwesenlik. Vrees vir mislukking en om die nuwe uitdaging alleen aan te pak, hou haar egter terug. Kan Jennifer die kans op haarself waag en ander toelaat om haar te help?

Betaalde teater

Die program sluit af met twee opvoerings: To Throw a Brick deur Miliswa Mbandazayo en Rouge deur Annie Akinyi Kamya. Kaartjies vir To Throw a Brick en Rouge beskikbaar is op Webtickets.

To throw a brick by Miliswa Mbandazayo
Wednesday 23 to Friday 25 October 19:00 | Eng, Xhosa | Arena | 50 min | R80
With: Mbulelo Grootboom, Tankiso Mamabolo and Karli Heine
Director: Faniswa Yisa

Babalwa is on a mission to confront Luxolo about the white girl he is cheating on her with. When Chelsea opens Luxolo’s door, she mistakes Babalwa for a maid. First Babalwa plays along to find out more about this other woman, but when an unconscious Luxolo falls out of a cupboard, and a vicious storm breaks out, the three are trapped inside the house with the choices that led them here. The women are forced to deal with each other and the man between them. At least for the night.

Rouge by Annie Akinyi Kamya
Saturday 26 October 14:00 and 19:00 | Eng | Arena | 50 min | R80
With Annie Akinyi Kamya

Rouge, Kamya’s second one-man act, touches on xenophobia, displacement, abortion, pro-equality and dating in now-now time. The themes are explored from the perspective of a black female peri-peri menopausal celibate supernova. Come enjoy this special show where thoughts are readily shared, words are definitely not minced and no stone is left unturned.

*

Die volledige program is hier beskikbaar.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top