Bella van’ie bôl deur Diano October
Met: Miché van Wyk, René Cloete en Luke Buys
Regisseur: Lee-Ann van Rooi
Vrydag 18 Oktober 10:00 | Afr | Arena | 50 min | Gratis
Diano, Bella van’ie bôl gaan oor ’n meisie uit die platteland wat droom oor die stad. Is dit ’n soort Aspoestertjie-verhaal, of dalk juis nie?
Glad nie.
Wat wil jy laat glip?
Dat mense hulle agency elke dag gebruik, (on)bewustelik, opsetlik of nie. Ongeag hoe jy dit gebruik, daar is altyd nagevolge.
Hoe het jy betrokke geraak by die NATi Jong Sterre?
Ek het ingegee onder groepsdruk.
Sou jy ander dramaturge wat droom oor skryf vir die verhoog, aanraai om ook deel te wees van NATi se program? Hoekom sê jy so?
Ek sal hulle aanraai, ja. Die program se benadering tot ’n storie is so vriendelik dat dit ’n leek soos ek gemaklik laat voel het, van die begin tot die einde.
Miché van Wyk, René Cloete en Luke Buys het nou jou teks onder hande geneem. Hoe voel dit om jou woorde te sien lewendig word?
Op die oomblik wil ek net kyk. (Oor die algemeen is ek confused.)
Lee-Ann van Rooi is jou regisseur. Wat het jy as skrywer by haar geleer?
’n Klomp goed. Nou nog! Om dit op te som in ’n sin, ek leer by Lee-Ann hoe om lank te swem sonder om vinnig moeg te word. Basies.
Lees ook:
Persverklaring: Gratis teater stel Suidoosterfees NATi Jong Sterre bekend
’n Onderhoud met Mikyall Harris, een van Suidoosterfees se NATi Jong Sterre