
Bianca Flanders (In her our your shoes), Mbulelo Grootboom (To Throw a Brick) en René Cloete (Bella vanie bol) (Foto’s: Gys Loubser)
*
New Voices, Suidoosterfees en Artscape se jaarlikse voorlesings van dramas deur nuwelingskrywers, word vanaf 1 Oktober in Kaapstad aangebied. Die projek plaas die kollig op oorspronklike en opwindende nuwe verhoogstukke met agt gedramatiseerde voorlesings. Die program sluit af met twee opvoerings: To Throw a Brick deur Miliswa Mbandazayo en Rouge deur Annie Akinyi Kamya.
Die ontluikende dramaturge kom uit Artscape en die Suidoosterfees se NATi Jong Sterre-stal. Professionele akteurs doen die gedramatiseerde voorlesings vanaf 1 Oktober, telkens gevolg deur ’n kort bespreking waartydens kundiges advies en idees uitruil om die stukke verder blink te vryf. Toegang tot die voorlesings is gratis, terwyl kaartjies vir To Throw a Brick en Rouge beskikbaar is op Webtickets. Die volledige program is hier.
New Voices word moontlik gemaak deur die Suidoosterfees, NATi, Artscape, Stad Kaapstad, die Jakes Gerwel Stigting, Business and Arts South Africa (BASA), die Departement van Kultuursake en Sport en die Departement van Sport, Kuns en Kultuur.
Kyk wie is vanjaar se NATi Jong Sterre.