LitNet Akademies (Opvoedkunde)
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat geakkrediteerde artikels uit die vakgebied Opvoedkunde. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Opvoedkunde) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Regte)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Opvoedkunde-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
- LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
Opvoedkunde-redakteur Alta Vos E-pos: alta@litnet.co.za |
Deelnemende besluitneming in die vestiging en bevordering van ’n volhoubare onderrig- en leerklimaat: die rol van die skoolbestuurspan in Suid-Afrikaanse laerskole
2020-11-17"Uit die data-ontleding blyk dat, alhoewel ontwikkeling op mikrovlak die potensiaal het tot groter doeltreffendheid in die uitbreiding van die skoolbestuurspan se besluitnemingsvermoë, die meeste uitdagings juis op mikrovlak beleef word. Die hoofrede vir die uitdaging is dat die onderwysers hulself nie beskikbaar stel vir ondersteuning op skoolvlak nie."
Die rol van vennootskappe in die versterking van storievertelling as ’n onderrigstrategie in ’n gemeenskap
2020-11-06"Daar is gevind dat storievertelling dien as ’n deelnemende strategie wat eienaarskap aanmoedig deur dialoog en produktiewe deelname onder die individue van ’n gemeenskap. Daarom kan storievertelling beskou word as ’n medium waardeur mense kennis in ’n sosiale konteks skep en onderhandel."
Taalverwerwing vir studente met gehoorverlies: ’n gevallestudie
2020-11-05"Wanneer daar studente met gehoorverlies in ’n klas is, is duidelike spraak sowel as kontekstuele leidrade van uiterste belang vir verstandhouding onder die studente. Dit is veral belangrik indien die studente met gehoorverlies nie van ’n tolk gebruik maak nie en eerder spraaklees."
Vakgerigte geletterdheid en leesbegripstrategie-ontwikkeling
2020-10-06"Die doel van hierdie artikel is om uit te brei oor die onderskeid maar ook moontlike integrasie van en kombinasie tussen twee akademiesegeletterdheidsbenaderings wat ’n rol kan speel in die verbetering van die leesbegripagterstand van Suid-Afrikaanse leerders op skool."
“We are not just stats and facts!” Tienerdogters se stemme tydens die grendelstaat
2020-09-23"Dit is te wagte dat COVID-19 self een van die tienerdogters se vrese sal wees, veral vanweë die pandemiese aard daarvan. Trouens, die virus is, saam met skoolverwante vrese, deelnemers aan die empiriese navorsing se grootste vrees."
Tegnologiegebruik deur onderwysers vir leerders met leerhindernisse
2020-09-02"Hierdie navorsing bied ’n kwalitatiewe perspektief op die gebruik van tegnologie deur onderwysers vir die praktyk met leerhindernisse. Die ontleding het ’n gedetailleerde weergawe van hoe onderwysers tegnologie in hul klaskamers gebruik om leerders met leerhindernisse te onderrig, voorgestel, asook hoe hulle die gebruik van tegnologie beskou om hul leerders te onderrig."
Die ontleding van sosiogramme om die impak van koöperatiewe basisgroepe op positiewe interafhanklikheid in klasverband te ondersoek
2020-08-20"Die COVID-19-pandemie, wat sedert Maart 2020 veroorsaak het dat kontakonderwys wêreldwyd na aanlyn onderwys moes oorskakel, plaas die fokus op die doeltreffendheid waarop leer en koöperatiewe leer in aanlyn omgewings gefasiliteer en geëvalueer word."
BEd Grondslagfase-afstandsleerstudente se ervaring van administratiewe ondersteuning aan die Noordwes-Universiteit
2020-08-19"Die NWU ondersteun afstandsleerstudente met die suksesvolle voltooiing van afstandsleerstudie en beskou administratiewe ondersteuning as ’n prioriteit, aangesien afstandsleerstudente oor die algemeen vele uitdagings ervaar."
Riglyne vir die mediëring van omstrede kwessies in Nederlandse en Afrikaanse jeugverhale
2020-07-31"Die belangrike rol van die taalonderwyser as medieerder kan ’n dieper omvang aan die onderwys verleen, aangesien jeugdige lesers voorberei word om beter en meer meelewende burgers in ’n diverse samelewing te wees."
Entrepreneurskapspotensiaal: ’n Ontleding van die Suid-Afrikaanse Verbruikerstudiekurrikulum en -onderwyspraktyke
2020-07-16"Die hoë jeugwerkloosheidkoers in Suid-Afrika is kommerwekkend. Dié probleem kan aangeroer word deur leerders reeds op skoolvlak met entrepreneurskapskennis en -vaardighede toe te rus wat hulle kan aanwend om selfgerigte werkskepping te bevorder."
Taal-in-onderwys-beplanning in die Noord-Kaap en Vrystaat. ’n Beoordeling van twee taalverwerwingsprogramme in skole
2020-07-09"Een van die belangrikste uitdagings is die feit dat Nama nog nie as TAT geïnstitusionaliseer is nie en dat die implementering van die IIAL nie heeltemal vlot verloop nie. Die studie van die implementering van Sotho as TAT in Philippolis wys dit uit."
"Eish – this lockdown!" Navorsing oor tieners se belewenisse tydens die grendelstaat
2020-06-25"Angs, spanning en depressie is algemene gevolge van ’n ramp, met navorsing wat aandui dat kinders meer as volwassenes daardeur geraak word."
Vertaling en taalverwerwing – ’n literatuuroorsig oor die vertaling van intertalige onderskrifte
2020-06-19"Daar is ’n plek vir vertaling binne die taalverwerwingsklaskamer, maar dit is nie die enigste benadering, metodologie of hulpmiddel wat gebruik moet word nie."
Lesingpodsendings in Afrikaans om inklusiwiteit te bevorder
2020-06-10"Studente neem dus waarskynlik ’n strategiese besluit om aan te pas en Engels as voorkeurtaal vir hul studies te kies. Uit die studente wat die vraelys voltooi het, het 75% gesê dat hulle voorkeurtaal in die loop van die kursus na Engels verander het."
Wat is burgerskapsonderwys veronderstel om "reg te maak" of "te herstel" en wat is die oogmerke van die vak?
2020-05-21"Dit is ook belangrik om die opkomende geslag te lei, te onderrig en te laat verstaan dat hulle nie alles wat rondom hulle as toekomstige burgers gebeur, onkrities mag laat verbygaan nie."
Die rol en ervarings van die onderwyser in die ontwikkeling van gesondheidsgeletterdheid in sekondêre skole
2020-04-29"Hierdie tydperk en omgewing bied onteenseglik die ideale geleentheid om kritiese denke te stimuleer en om leerders se aandag op die ontwikkeling van goeie gesondheidsgeletterdheidspraktyke te vestig."
Enkele kontekstuele invloede op skoolhoofde: ’n Studie in Gautengse skole
2020-04-06"Skoolhoofde, as onderwysleiers, betree ’n onbekende toekoms, maar hulle moet desondanks duidelikheid hê oor die uitkoms wat hulle wil bereik."
’n Reddingsboei-omgewing vir suksesvolle leer by matriekleerlinge in toestande van veelvuldige ontneming
2020-03-09"Hoewel sommige kinders wat in ’n omgewing van ontneming grootword, goed op skool presteer danksy gesonde gesinsnetwerke, ly baie kinders onder gebrekkige ouerskap en ongunstige gemeenskapstoestande."
’n Kritiese blik op 21ste-eeuse onderrig en leer deur ’n onderwyser- en leerderbril
2020-02-18“Onderwysers moet leerders by samewerkende leeroefeninge betrek en tegnologie gebruik om nuwe, voorheen ondenkbare take te skep en om samewerkende, konstruktivistiese en outentieke leerervarings te ondersteun.”
Die realisering van leksikale kohesie: ’n Korpuslinguistiese ondersoek van Afrikaanssprekende graad 6- en graad 9-leerders se skryfwerk
2020-02-11“Daarby kan die gebruik van die taalvorme leksikale kohesie op stilisties gevarieerde wyses realiseer en kan dit dienooreenkomstig vir die onderrig van skryfvaardighede in die Afrikaansklaskamer gebruik word.”