Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlynjoernaal
Uitnodiging: Studentesimposium vir die sosiale en geesteswetenskappe
2018-09-26"Is jy lief vir Afrikaans? Rol woorde soos ghoeroe of eureka! lekker van jou tong af en wil jy graag jou deel doen om Afrikaans as wetenskaptaal te bevorder? Indien wel, wil ons jou uitdaag om jou navorsingswerk in Pretoria in Afrikaans te kom bekendstel."
Tendense in die uitleggeskiedenis van die koninklike amptenaar in Johannes 4:43–54
2018-09-19"In hierdie studie val die klem op ’n ander interessante saak, naamlik die verskillende maniere waarop die koninklike amptenaar in Johannes 4 met die verloop van die eeue verstaan is. Die doel met hierdie oorsig is om daarmee ons eie verstaan van die amptenaar te verryk."
Die oorkoming van kontekstuele beperkinge deur leierskap aan toppresterende skole
2018-09-18"Skoolleierskap steun swaar op die onbevange emosionele steun van ouers aan hul kinders in toppresterende skole. Die volle omvang van hierdie emosionele steun en die korrelasie daarvan met ’n verantwoordelike aanspreeklikheid van ouers vir hul kinders se welstand op alle vlakke van menswees by toppresterende skole behoort deur navorsing onthul word."
Fotografie in Fees van die ongenooides van P.G. du Plessis
2018-09-10"Die gebruik en beskrywing van die foto’s sluit aan by belangrike motiewe in die roman, soos waarheid en leuen, werklikheid en interpretasie, dood en verlies, gesegde en ongesegde dinge tussen mense."
ALV-kongres 2018: program
2018-09-07Kom loer gerus volgende week in by die ALV-kongres wat die Departement Afrikaans en Nederlands by US reël.
Kritiese besinnings oor die Israelse eiendomsaansprake op Palestina
2018-09-05"Die Bybelse narratief verdoesel die werklike historiese feite en die werklike huidige ontberings wat die Israelse metodes van verowering, onderdrukking en uitdelging teen Palestyne ontketen het."
MA in Kreatiewe Skryfkuns by die Universiteit van die Vrystaat
2018-08-30"(Aspirant)-skrywer, -digter of literêre vertaler? Die UV bied aan jou ’n kursus waarvan die vernaamste oogmerk die ontwikkeling van ’n lewensvatbare publiseerbare manuskrip is – en jy doen dit onder leiding van twee bekroonde skrywers, Henning Pieterse en Francois Smith."
Uitnodiging: NP Van Wyk Louw-gedenklesing 2018
2018-08-30Jy word uitgenooi na die NP Van Wyk Louw-gedenklesing op 6 September in Johannesburg. Andries Bezuidenhout is vanjaar se spreker en sy lesing se titel is "Utopiese verbeelding en Afrikaans: ’n gesprek met T Dunbar Moodie en NP Van Wyk Louw".
Persvrystelling: Kapenaars, kom gesels saam oor moedertaalonderrig
2018-08-28"Tydens hierdie fees gaan daar nie net oor die belangrikheid van moedertaalonderrig gesels word nie, Afrikaansonderwysers kan ook uitsien na ’n Skitter-in-Afrikaans-
Ontledende outo-etnografie as reflektiewe filosofiese instrument: op pad na ’n ekologie van afstandsonderrig
2018-08-28"Leer binne ’n komplekse, genetwerkte samelewing verg ’n leeromgewing waar die dosent nie die enigste kenner is nie, en waar mense oop is om idees vernuwend te kombineer sodat vars konsepte vorendag kom danksy nougesette wetenskaplike, kreatiewe en emotiewe denkprosesse."
Ek mis dit, jy weet ...
2018-08-22"Die donker nagte wat jy in jou bed lê en jouself aan die slaap huil, dis dit wat ons laaste bietjie hoop gesteel het, hoop vir vrede, hoop vir geluk. Nou kom vou die donker om ons en hou ons vas."
Ordening en heling in die wordende heelal: die Bybelse interteks van Ina Rousseau se poësie
2018-08-21"Die deurlopende tema in Die verlate tuin is die onvervulde mens se vergeefse verlange na vervulling van sy diepste behoeftes, ’n ongeskonde aarde en ’n vertrouensverhouding met God. Deur aan Bybelse vroue poëtiese gestalte te verleen, gee Rousseau uitdrukking aan spesifiek vroulike onvervuldheid."
Graad 10: Fisiese Wetenskappe (Chemie): vraestel 2 en memorandum
2018-08-21Hier is ’n gratis oefenvraestel en memorandum vir Fisiese Wetenskappe.
Die problematiek van die vertaling van aanspreekvorme in Afrikaans aan die hand van Alan Paton se Cry, the beloved country
2018-08-16"Kumalo ontmoet verskeie mense tydens sy reis, sommige slegs een keer, en met ander raak hy bevriend. Hoe ’n mens in die Afrikaanse vertaling die oorgang van u na jy (of die keuse tussen u en jy) soos bekendheid tussen die karakters toeneem, bewerkstellig, veral wanneer dié aspek nie in die bronteks of -taal voorkom nie, word in hierdie artikel bespreek."
’n Beskouende ondersoek van humorontwikkeling, humorsin en enkele meganismes onderliggend aan humor
2018-08-16"Indien die humorontwikkelingsfases verstaan word, kan humor gebruik word as ’n instrument vir die fasilitering van kommunikasie vir rolspelers soos terapeute, onderwysers en ouers. Hierdie kennis kan dan op ’n meer doeltreffende wyse in terapeutiese kontekste gebruik word."
Graad 9: Natuurwetenskappe, November-vraestel en -memorandum
2018-08-13Hier is ’n gratis oefenvraestel en memorandum vir Natuurwetenskappe.
Ukuthwala – gebruik of misbruik?
2018-08-08"Ukuthwala behels die 'steel' of ontvoering van ’n jong meisie deur ’n man en sy vriende om die vrou se familie as’t ware in huweliksonderhandelinge in te dwing. In die moderne era van menseregte bring ukuthwala ons egter voor ’n netelige paradoks te staan, met die universele individuele regte in die Handves van Regte aan die een kant, en lank-gekoesterde tradisionele gebruike aan die ander kant."
Jongleserskompetisie: wenners aangekondig!
2018-08-08Hier is die wenners van hierdie resensiekompetisie vir skoolkinders.
Graad 9: Wiskunde-oefenvraestel en memo – volledige jaar se werk
2018-07-31Is jy in graad 9 en op soek na ’n Wiskunde-oefenvraestel? Hier is ’n gratis vraestel en memorandum om af te laai en jou te help om die hele jaar se werk onder die knie te kry.
Assemblage-teorie, affek en witwees. ’n Alternatiewe blik op die werking van witwees
2018-07-31"Na die 1994-verkiesing is die netwerk van wette wat mense op grond van ras by wyse van spreke in eerste-, tweede- en derderangse landsburgers verdeel het, opgehef. Dit is 24 jaar later, en rasgedrewe sienings en gewoontes veroorsaak steeds rassespanning en polarisering."