Nuwe vakvereniging vir Afrikaans

Janien Linde Akademies en skole 2025-12-04

"Die ATLV is ’n inklusiewe vakvereniging wat kontak en samewerking wil bewerkstellig tussen enige persone wat in hul beroep en uit belangstelling die wetenskaplike ondersoek, onderrig en bevordering van die Afrikaanse letterkunde en taalkunde (en aanverwante vakdissiplines) nastreef."

TT Cloete-gedenklesing: Hokkies, hoekies, allerlei brille en paradigmas – TT Cloete en sy lesers

Marius Crous Seminare en essays 2025-12-02

"Die titel van hierdie lesing ontleen ek aan ’n opmerking wat TT Cloete maak in Die ander een is ek (2013), ’n boek wat ek besonder waardeer, omdat dit digters en hulle eksentrieke gewoontes so normaal laat lyk."

Sterwensbewustheid en lewensgenot in die boek Prediker en in gedigte van Breyten Breytenbach

Sakkie Spangenberg LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2025-12-01

"Die skrywer van hierdie artikel vergelyk en bespreek enkele gedigte van die Prediker met gedigte van Breytenbach waarin sterwensbewustheid en lewensgenot motiewe is, en wys op interessante ooreenkomste en verskille."

Beginner-onderwysers se ervarings van induksie in neoliberale skoolomgewings: ’n gevallestudie

Theo Adams, Jerome Joorst LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-12-01

"Die doel van hierdie studie is ’n kritiese besinning oor die geleefde ervarings van beginner-onderwysers in vier Wes-Kaapse skole ten einde vas te stel wat nasionale beleidsvoorskrifte vereis oor die inlywing van beginner-onderwysers; hoe hulle dit ervaar; en hoe dit hul professionele ontwikkeling beïnvloed."

Brief en repliek: Beeldvorming van (Suid-) Afrikaanse digters in die Lae Lande

Alwyn Roux, Yves T'Sjoen LitNet25-skrywersberaad 2025-11-27

Roux se lesingnotas het die vorm van ’n reeks briewe tussen hom en Yves T’Sjoen aangeneem. Roux sou vrae en probleme opper. T’Sjoen sou daarop antwoord. In hierdie lesing, gelewer tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée, belig Roux die gesprekke wat tussen hom, T’Sjoen, hulle studente en ’n aantal deelnemende digters gevoer is.

Graad 10: Afrikaans Huistaal-vraestel en memorandum, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-11-27

Is jy in graad 10 en dink jy aan die natuurreservaat waar julle gesin binnekort gaan vakansie hou? In hierdie gratis Afrikaans Huistaal-oefenvraestel van Cecilia Klopper is daar ’n strookprentoefening wat oor renosterstropery handel, en nog hope ander interessante voorbeelde waarmee jy jou taalvaardighede kan oefen. Voorspoed met die heel laaste eksamen van die jaar!

Wanneer poësie meer as woorde word: ’n edusemiotiese onderrigbenadering

Kruger Uys, Linette van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-11-27

"Die studie belig voorts die waarde van poësie as ’n veelvlakkige literêre vorm wat by uitstek geskik is vir ’n edusemiotiese benadering. Daar word gedemonstreer hoe die integrasie van tegnologie en verskeie mediasoorte, soos klankopnames, visuele beelde en digitale interaktiwiteit, die leerervaring kan verdiep."

SteedsDink met LitNet Akademies: Jaco Beyers oor sy akademiese navorsing

Jaco Beyers LitNetKanaal op YouTube 2025-11-25

In hierdie video gesels Jaco Beyers (Godsdiensstudies, Universiteit van Pretoria) oor onder meer digitale nalatenskap, genadedood, sekularisasie en sinkretisme. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. 

Kollig op akademikus Jaco Beyers: die verband tussen teorie en praktyk

Jaco Beyers LitNetKanaal op YouTube 2025-11-25

In hierdie video gesels Jaco Beyers (Godsdiensstudies, Universiteit van Pretoria) oor sy studies, sy ervaring as dominee, die verband tussen teorie en praktyk, en toekomstige navorsing. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

Graad 5: Natuurwetenskappe en Tegnologie-vraestel en memorandum, kwartaal 3 en 4

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-11-25

As jy in graad 5 is en nog hierdie week Natuurwetenskappe en Tegnologie-eksamen skryf, kan Rouxlyn Botha se gratis oefenvraestel en memorandum jou help. Een van die vrae is om na hierdie prent te kyk en te beantwoord watter van die volgende stelsels van wiele en asse gebruikmaak. Laat die wiele rol – eers in die rigting van goeie punte, en dan na jou vakansiebestemming toe!

Die impak van kunsmatige intelligensie, generatiewe kunsmatige intelligensie en robotika op gesondheidsorg: Sal dokters oorbodig word?

Malcolm de Roubaix LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2025-11-24

"Ek ondersoek die transformerende impak van kunsmatige intelligensie (KI) en robotika op die gesondheidsorgsektor, en bespreek spesifiek die potensiaal van KI om mediese praktyk, die lewering van gesondheidsorg en geneesmiddelontwikkeling radikaal te omvorm."

Press Release: Early-bird registration for Amazwi’s Literature Heritage Ecology Conference

LitNet Books and writers 2025-11-24

The early bird gets the coffee and the doughnuts!

Graad 7: Wiskunde-vraestel 2 en memorandum, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-11-23

As jy in graad 7 is, weet jy hoërskool is net om die hoek ... of eerder: net om die draai. In hierdie gratis Meetkunde-vraestel deur Wilhelm du Toit, gaan jy baie van hoeke leer. Daar is ook baie ander oefenvoorbeelde. Laai die vraestel en memorandum af en behaal goeie punte in jou laaste Wiskunde-eksamen in die laerskool!

Graad 10: Afrikaans Eerste Addisionele Taal-vraestel en memorandum, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-11-23

Is jy in graad 10 en skryf jy nog binnekort Afrikaans Eerste Addisionele Taal-eksamen? Laai hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Faeed Amardien af om jou werk te oefen. Een van die oefenvoorbeelde in die vraestel kom uit Faeed se jeugboek wat onlangs verskyn het, Life is ’n biets.

Musiek en dans in Rumi (1207–73) se werk en lewe

Elizabeth van der Berg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-11-21

"Die doel van hierdie artikel is dan om te fokus op musiek en dans soos Rumi dit beleef het, die funksie daarvan in die Soefi-ritueel – die samā’-byeenkoms, asook uitgesoekte gedigte met toeligtende aantekeninge wat aantoon hoe Rumi musiek en dans benut ten einde geestelike vervoering uit te druk."

Graad 9: Wiskundevraestel en memorandum, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-11-19

Is jy in graad 9 en skryf jy nog eksamen? Hier is ’n gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann West waarmee jy kan voorberei en sommer briljante punte sal kan behaal!

Is daar ’n verband tussen die begrip en stel van w-vrae en die sosioëkonomiese status van moedertaalsprekers van Afrikaans in die Grondslagfase?

Frenette Southwood, Joanine Hester Nel LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-11-18

"In hierdie artikel lewer ons verslag oor ’n studie oor moedertaalsprekers van Afrikaans in die Grondslagfase se verwerwing van die begrip en stel van w-vrae (d.i. vraagkonstruksies wat byvoorbeeld wie of waarom as vraagwoord bevat)."

Graad 6: Wiskunde-vraestel en memorandum, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-11-17

Is jy in graad 6 en wonder jy hoe laat dit in ’n ander land sal wees as dit eksamentyd in Suid-Afrika is? Hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Wilhelm du Toit gaan jou nie met daardie vraag kan help nie, maar dit gaan jou wel help voorberei vir jou Wiskunde-eksamen binnekort. Daar is voorbeeldsomme soos sal die VSA se tyd voor of na Suid-Afrika s’n wees? Berei sommer nou voor vir die eksamen en behaal bobaaspunte wat jou plek in die hoërskool sal help kry!

Graad 8: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-11-14

Is jy in graad 8 en skryf jy binnekort Wiskunde-eksamen? Hier’s ’n gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld om jou werk mee te oefen.

SteedsDink met LitNet Akademies: Inge Engelbrecht oor haar akademiese navorsing

Inge Engelbrecht LitNetKanaal op YouTube 2025-11-12

In hierdie video gesels Inge Engelbrecht oor onder meer die koortjie, musiek-erfenis op Genadendal, haar PhD wat deels in Kaaps geskryf is, en Suid-Afrika se diverse stemme en klanke. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

Top