LitNet Akademies
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Laatwerk en identiteit in die poësie van Breyten Breytenbach: ’n korpusondersoek
2026-02-02"Hierdie artikel spruit uit die navorsing wat onderneem is vir ’n omvattende ondersoek wat Breyten Breytenbach se volle Afrikaanse poëtiese oeuvre verdeel het in vier tydperke wat met mekaar vergelyk is ten einde vas te stel of tekens van laatwerk opgemerk kan word en, indien wel, as watter soort laatwerk dit getipeer kan word."
Portugese kruisvaarders langs die kus van Afrika
2026-01-29"[Aandag word] gegee aan die aanloop tot die ontdekkingsvaarte, en watter gebeurtenisse en beskouings ten grondslag gelê en aanleiding gegee het tot die opbloei van die 15de-eeuse Portugese seevaartbedryf."
Donald Trump, realisme en die eietydse geopolitiese mimetiese wedywering tussen die VSA en Rusland, asook tussen die VSA en China: ’n ontleding aan die hand van die werk van John Mearsheimer, René Girard en Emmanuel Todd
2026-01-22"[’n Bevinding] is dat die Amerikaansgeleide Westerse benadering tot Oekraïne en Rusland tussen die 1990’s en 2024 neerkom op ’n voorbeeld van wat Mearsheimer 'bal-aangee' (buck-passing) noem, sodat Oekraïne tot offerlam en Rusland tot sondebok van die Weste gemaak word."
Ingrid Winterbach se Buller se plan (1999) en Onrus op Steynshoop (2024) as dorpromans
2026-01-15"In hierdie artikel word Van Coller se werk, asook die enkele ander studies oor Suid-Afrikaanse dorpromans, uiteengesit. Daarna bespreek ek die uitbeelding van die fiktiewe dorp Steynshoop in Ingrid Winterbach se Buller se plan (1999) en Onrus op Steynshoop (2024)."
LitNet Akademies: Volledige joernaaluitgawes
2025-12-31LitNet Akademies se derde uitgawe van 2025 is nou as PDF beskikbaar. LitNet Akademies publiseer geakkrediteerde navorsing in Afrikaans, en kan gratis gelees word.
Calvyn, die sublieme en moderne estetiese ervaring
2025-12-15"Die algemene opvatting dat Johannes Calvyn negatief ingestel was teenoor gewyde kuns en estetiese ervaring word hier bevraagteken. Sy eie skrywes oor gewyde kuns en die teologiese doel van estetiese ervaring, asook die kommentaar van kenners in hierdie opsigte word gebruik om dié kwessie te ondersoek."
Die moontlike nut van ChatGPT en DeepSeek om Afrikaanse taboetaal te onderrig, faktore wat die gebruik van swetsbotte kan dryf en implikasies vir die onderwys
2025-12-12"Die primêre doel van hierdie navorsing was om die implikasies vir die onderwys te verstaan indien twee gewilde kletsbotte, naamlik ChatGPT-4o en DeepSeek, kan verduidelik waarom ’n taboewoord onvanpas is."
Vonnisbespreking: Deliktuele aanspreeklikheid weens suiwer ekonomiese verlies as gevolg van bedrog deur e-pos-kuberkraking
2025-12-11"Om aanspreeklikheid weens suiwer ekonomiese verlies te vestig, is die vanselfsprekende kwalifikasie dat die dader se optrede aan die algemene deliksvereistes (naamlik die handeling, onregmatigheid, skuld, kousaliteit en skade) moet beantwoord."
Die liggaamsonvergenoegdheid van die gelowige vrou: ’n holistiese pastorale perspektief
2025-12-09"Die bevindinge toon dat liggaamsonvergenoegdheid ontstaan uit die wisselwerking tussen eksterne druk en interne kognitiewe faktore. Die deurslaggewende faktor is egter ’n geestelike leemte, ’n versuim om jou identiteit op God se liefde te grondves – wat lei tot destruktiewe gedrag en ernstige gevolge soos eetversteurings."
Die beperkings van ’n gebalanseerde benadering tot geletterdheid – ’n normatiewe perspektief
2025-12-09"Die navorsing wys daarop dat ’n gebalanseerde benadering tot lees- en geletterdheidsonderrig in die KABV-kurrikulum toegepas word. Hierdie benadering beklemtoon die feit dat lees deur leesstrategieë soos groepbegeleide lees, gedeelde lees, lees in pare en selfstandige (individuele) lees onderrig word."
Sterwensbewustheid en lewensgenot in die boek Prediker en in gedigte van Breyten Breytenbach
2025-12-01"Die skrywer van hierdie artikel vergelyk en bespreek enkele gedigte van die Prediker met gedigte van Breytenbach waarin sterwensbewustheid en lewensgenot motiewe is, en wys op interessante ooreenkomste en verskille."
Beginner-onderwysers se ervarings van induksie in neoliberale skoolomgewings: ’n gevallestudie
2025-12-01"Die doel van hierdie studie is ’n kritiese besinning oor die geleefde ervarings van beginner-onderwysers in vier Wes-Kaapse skole ten einde vas te stel wat nasionale beleidsvoorskrifte vereis oor die inlywing van beginner-onderwysers; hoe hulle dit ervaar; en hoe dit hul professionele ontwikkeling beïnvloed."
Wanneer poësie meer as woorde word: ’n edusemiotiese onderrigbenadering
2025-11-27"Die studie belig voorts die waarde van poësie as ’n veelvlakkige literêre vorm wat by uitstek geskik is vir ’n edusemiotiese benadering. Daar word gedemonstreer hoe die integrasie van tegnologie en verskeie mediasoorte, soos klankopnames, visuele beelde en digitale interaktiwiteit, die leerervaring kan verdiep."
Die impak van kunsmatige intelligensie, generatiewe kunsmatige intelligensie en robotika op gesondheidsorg: Sal dokters oorbodig word?
2025-11-24"Ek ondersoek die transformerende impak van kunsmatige intelligensie (KI) en robotika op die gesondheidsorgsektor, en bespreek spesifiek die potensiaal van KI om mediese praktyk, die lewering van gesondheidsorg en geneesmiddelontwikkeling radikaal te omvorm."
Musiek en dans in Rumi (1207–73) se werk en lewe
2025-11-21"Die doel van hierdie artikel is dan om te fokus op musiek en dans soos Rumi dit beleef het, die funksie daarvan in die Soefi-ritueel – die samā’-byeenkoms, asook uitgesoekte gedigte met toeligtende aantekeninge wat aantoon hoe Rumi musiek en dans benut ten einde geestelike vervoering uit te druk."
Is daar ’n verband tussen die begrip en stel van w-vrae en die sosioëkonomiese status van moedertaalsprekers van Afrikaans in die Grondslagfase?
2025-11-18"In hierdie artikel lewer ons verslag oor ’n studie oor moedertaalsprekers van Afrikaans in die Grondslagfase se verwerwing van die begrip en stel van w-vrae (d.i. vraagkonstruksies wat byvoorbeeld wie of waarom as vraagwoord bevat)."
Kritieke suksesfaktore van duikondernemings: ’n vergelykende studie
2025-11-10"Skubaduiktoerisme kan bewaringsveldtogte positief beïnvloed, inkomste genereer en plaaslike gemeenskappe ondersteun; daarom is dit belangrik om te verstaan hoe hierdie entrepreneurs funksioneer, netwerke vorm en finansieel lewensvatbaar bly."
Die gebruik van inligting- en kommunikasietegnologie (IKT) om taalonderrig in Engels te verbeter: ’n gevallestudie
2025-11-10"Ons evalueer die impak van IKT op onderwyserpedagogiek en taalonderrig binne voorgeskrewe raamwerke, insluitend die TPEIK-raamwerk en VVVH-model. Die ondersoek is tersaaklik, aangesien dit die belyning tussen tegnologie, pedagogiek en kurrikulumvereistes in ’n postpandemiese konteks ondersoek."
Mensveragtend, afstootlik en omstrede: ’n verkenning van Afrikaanse swartmetaal
2025-11-07"Die ontwikkeling van swartmetaal vanaf die ontstaan van swaarmetaal in die laat 1960’s tot die volwassewording van swartmetaal in die 1990’s en daarna word nagegaan, met spesifieke verwysing na die pioniers en sleutelfigure in die genre."
Treurige wysies: Eugène N. Marais se "Winternag" as vers en lied (1908–2024)
2025-11-04"Die voorneme om die samewerking tussen vers en lied, as liedgenres, histories te kan begryp, gaan gepaard met bondige definisies van voorvereistes en werkwyses, wat ook ’n mate van musiekteoretiese kenmerke soos metrum en ritme insluit."




