Vyfde Sas-simposium: Swart Afrikaanse letterkunde – ’n tradisie in wording

Hein Willemse Seminare en essays 2025-10-16

Die eerste Swart Afrikaanse skrywersimposium is 40 jaar gelede op die UWK-kampus aangebied. Hein Willemse verskaf die teks van sy openingstoespraak by die vyfde Swart Afrikaanse skrywersimposium, wat op 10 en 11 Oktober by die Universiteit van Wes-Kaapland plaasgevind het.

J.D. Kestell: Godsdiensoortuigings vir vrede en die voortsetting van die stryd tydens die Suid-Afrikaanse Oorlog (Anglo-Boereoorlog)

Pieter Verster LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2025-10-14

"Dr. J.D. Kestell word dikwels Vader Kestell genoem omdat hy weens sy besonderse rol as veldprediker gedurende die Suid-Afrikaanse Oorlog (Anglo-Boereoorlog) as vader van sy mense, die Afrikaners van daardie tyd, waarna hier as die Afrikanervolk verwys word, beskou is."

Evaluering van die doeltreffendheid van finansiëleverhoudingsanalise in die opsporing van bedrieglike finansiële verslagdoening

Jacqui-Lyn McIntyre, Keitu Salagae LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2025-10-13

"In die afgelope 25 jaar het navorsers gepoog om beduidende finansiële verhoudings in die opsporing van BFV te identifiseer. Hierdie studie analiseer die algehele doeltreffendheid van finansiëleverhoudingsanalise in die opsporing van BFV."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Woorde open wêrelde, ’n onderhoud met Fiona van Kerwel

Naomi Meyer, Fiona van Kerwel Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-10-09

"WOW poog om elke geleentheid wat ons vir leerders skep, in ’n geleentheid van leer deur prettige, opvoedkundige aktiwiteite te omskep."

Kollig op akademikus Ilze Grobbelaar-du Plessis: Gestremdheidsreg

Ilze Grobbelaar-du Plessis SteedsDink 2025-10-09

In hierdie video gesels Ilze Grobbelaar-du Plessis oor haar akademiese loopbaan, die leefwêrelde van persone met gestremdhede en die belang van Afrikaanse vakterminologie. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

SteedsDink met LitNet Akademies: Ilze Grobbelaar-du Plessis oor haar akademiese navorsing

Ilze Grobbelaar-du Plessis SteedsDink 2025-10-09

In hierdie video gesels Ilze Grobbelaar-du Plessis oor die Konvensie oor die Regte van Persone met Gestremdhede en Suid-Afrikaanse reg, en die Konsepwetsontwerp van die Regshervormingskommissie. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

’n Bibliografiese bestekopname van Afrikaanse misdaadfiksie wat in die tydperk 2013–2022 uitgegee is

Neil van Heerden LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-10-09

"Genre kom ter sprake, aangesien daar noodwendig ’n terminologiese keuse uitgeoefen moes word – in hierdie geval word misdaadfiksie as oorkoepelende superordinaat beskou met inbegrip van speur- en spanningsfiksie."

SteedsDink met LitNet Akademies: André Duvenhage oor sy akademiese navorsing

André Duvenhage SteedsDink 2025-10-09

In hierdie video gesels André Duvenhage oor onder meer politieke paradigmas, die dinamika van politieke mag en die hedendaagse Suid-Afrikaanse politiek. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

Kollig op akademikus André Duvenhage: Suid-Afrikaanse politiek

André Duvenhage SteedsDink 2025-10-09

In hierdie video gesels André Duvenhage oor sy akademiese loopbaan en Suid-Afrikaanse politiek. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

Uitnodiging: Paneelgesprek oor kreatiewe skryfkunde

LitNet Akademies en skole 2025-10-08

Die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit Stellenbosch nooi jou uit na Nathan Trantraal, Antjie Krog, Joan Hambidge en Gaireyah Fredericks se paneelgesprek oor kreatiewe skryfkunde. Die geleentheid vind op 20 Oktober by STIAS in Stellenbosch plaas.

NW-skoleverrykingsartikel: Die storie van magnetisme – van towerklippe tot kwantumspin

Koos Holtzhausen Skole 2025-10-07

"Elke elektron besit ’n eienskap genaamd spin. Dit beteken nie dat die elektron letterlik rondtol nie, maar dit tree op asof dit ’n klein magneet met ’n noord- en suidpool is."

Die ontstaan en ontwikkeling van die amicus domini-teorie in die Filemonbriefnavorsing

D. Francois Tolmie LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2025-10-07

"Volgens hierdie teorie was Onesimus, Filemon se slaaf, nie ’n fugitivus (voortvlugtige slaaf) nie, maar het hy doelbewus na Paulus gegaan in die hoop dat Paulus as ’n vriend van sy eienaar namens hom met Filemon sou onderhandel."

Afrikaans Huistaal: Graad 8-vraestelle en memoranda, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-10-02

Is jy in graad 8 en hou jy van sokkie en dans? LitNet kan jou help om vir Afrikaans Huistaal voor te berei en sommer ook lekker stories te lees van ander graad 8-leerders wat ook hou van dans. Laai Eugene van der Westhuizen se oefenvraestelle en memoranda gratis hier af.

Inklusiewe groei, ’n integrale deel van ’n inklusiewe ekonomie

Arno J. van Niekerk LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2025-09-29

"Gegewe die ekonomie se sterk invloed op sosiale organisering, kan insluiting die broodnodige balanseerfaktor word om die kortsluiting te oorbrug. Konsepte soos ’n inklusiewe ekonomie en inklusiewe groei word in hierdie artikel ondersoek as deel van die ontwikkeling van ’n teoretiese raamwerk."

Die etiese dilemma rakende die vergoeding van banke se hoof- uitvoerende beamptes in Suid-Afrika

Suzanne Kieviet, Henriette Elsabè Scholtz LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2025-09-29

"Hierdie studie gebruik paneeldata-ontleding om te bepaal of daar ’n verhouding tussen uitvoerende vergoeding en maatskappyprestasie in die Suid-Afrikaanse banksektor is."

Wiskunde: Graad 9-vraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-09-25

As jy in graad 9 is, het jy al met koördinate te doen gehad. Hierdie gratis Wiskundevraestel en memorandum sal jou help om voorbeeldsomme daarvan te oefen – en ook ander somme om jou vir hierdie kwartaal se toets voor te berei. Laai die vraestel en memorandum af, en bemeester die werk!

Wiskunde: Graad 8-vraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-09-25

As jy in graad 8 is, verstaan jy waarskynlik hierdie prent van desimale getalle. Hierdie gratis Wiskundevraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld sal jou help om voorbeeldsomme daarvan te oefen – en ook ander somme om jou vir hierdie kwartaal se toets voor te berei. Laai die vraestel en memorandum af en bemeester jou werk!

Vakverwante hulpbronne oor Afrikaans Huistaal ter ondersteuning van ’n akademiese vakwoordeskat van onderwysstudente: ’n vergelykende korpusondersoek

Jana Nel, Michele van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-09-25

"Terminologie speel ’n bepalende rol in taalontwikkeling. Daarby loop die Afrikaanse vaktaal die gevaar om as wetenskaptaal te verdwyn indien vakkundiges, taalpraktisyns, vertalers en lekegebruikers nie ’n daadwerklike poging aanwend om Afrikaanse terme te skep, te benut en te versprei nie."

"Coming home, to an outpost of the Middle World": Remembering Breyten at the Ghent Centre for Afrikaans and the Study of South Africa

Yves T'Sjoen, Breyten Breytenbach Books and writers 2025-09-22

"In other words, we are experiencing a new constriction, a new closing down of possibilities, and once again, I believe, younger writers and younger poets and younger troublemakers and younger Middle World-people must rise up and start fighting to open that path."

China se nastrewing van ’n normatiewe vrede-en-veiligheidsagenda in Afrika: ’n kontekstuele ondersoek in die lig van globale magsuitbreiding

Fanie Herman LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-09-22

"Die hoofbevinding is dat China se normatiewe waardes deur middel van forumdiplomasie in die organisasie uitgedra word. Afrikalande aanvaar ook in beginsel die instelling van Chinese waardes en norme om verhoudinge te versterk en ’n veilige en stabiele omgewing te skep."

Top