Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Graad 5: Wiskunde-vraestel en memorandum, vierde kwartaal
2025-10-28Die snoepie verkoop 357 sappies per dag. Hoeveel verkoop hulle in 1 week? As jy in graad 5 is, sal jy met somme soos hierdie een vir jou Wiskunde-eksamen kan voorberei. Laai hierdie oefenvraestel en memorandum deur Wilhelm du Toit gratis hier af!
’n Wêreldoorsig van kliniese regsopleiding: Sentraal-, Oos- en Wes-Europa
2025-10-28"Die invloed van die Bologna Process en die European Network for Clinical Legal Education (ENCLE) speel beduidende rolle in die ontwikkeling van kliniese regsopleiding in Europa. [...] Alhoewel sommige van die jurisdiksies onder bespreking nie die onderskeidende kenmerke van kliniese regsopleiding volg nie, is die waarneembare innovasies in Europa bemoedigend."
’n Wêreldoorsig van kliniese regsopleiding: Sentraal-Asië, die Midde-Ooste, Oos- en Suidoos-Asië, asook Suid-Asië
2025-10-28"Kliniese regsopleiding is buigsaam ten opsigte van studente se leeruitkomste en dienslewering. Alhoewel lewende-kliënt-regsklinieke in baie lande die fokus is, word dit ook aangevul deur intern- en eksternskappe, skynhowe, simulasies en Street Law-programme, wat veral prominent regoor Asië is. Ander vorme van openbare regsopleiding kom ook voor."
’n Verkennende studie van kodewisselingspatrone in die uitings van voorskoolse, Afrikaans-Nederlandse kinders
2025-10-23"Aangesien Afrikaans en Nederlands nouverwante tale is, is kongruente leksikalisering dikwels teenwoordig, wat tot ’n samevloeiing van grammatikale strukture tussen die tale lei."
Toets jou begrip
2025-10-22Ouers, onderwysers, leerders of nuuskieriges kan hierdie gratis begripstoets benut. Dit is opgestel deur Marieta Nel volgens die onderwysdepartement se nuutste riglyne.
As die bene net wou praat – temas uit die Homo naledi-grafdiskoers
2025-10-21"Die diskoers wentel om die vraag of Homo naledi, ’n hominien met ’n klein brein, sy afgestorwenes doelbewus begrawe het – gedrag wat as uitsluitlik menslik beskou word."
Graad 8: Natuurwetenskappe-vraestel en memorandum, kwartaal 3 en 4
2025-10-20Is jy in graad 8 en skryf jy binnekort Natuurwetenskappe-eksamen? Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Rouxlyn Botha af en begin sommer nou al voorberei. Binnekort is jy die skerpste potlood in die potloodhouer!
Fotoblad en kort opname: Vyfde Swart Afrikaanse skrywersimposium (Universiteit van Wes-Kaapland, Oktober 2025)
2025-10-16Die vyfde Swart Afrikaanse skrywersimposium (Sas) het op 10 en 11 Oktober 2025 by die Universiteit van Wes-Kaapland plaasgevind. Hiermee ’n fotoblad deur Ian Landsberg.
Vyfde Sas-simposium: Swart Afrikaanse letterkunde – ’n tradisie in wording
2025-10-16Die eerste Swart Afrikaanse skrywersimposium is 40 jaar gelede op die UWK-kampus aangebied. Hein Willemse verskaf die teks van sy openingstoespraak by die vyfde Swart Afrikaanse skrywersimposium, wat op 10 en 11 Oktober by die Universiteit van Wes-Kaapland plaasgevind het.
J.D. Kestell: Godsdiensoortuigings vir vrede en die voortsetting van die stryd tydens die Suid-Afrikaanse Oorlog (Anglo-Boereoorlog)
2025-10-14"Dr. J.D. Kestell word dikwels Vader Kestell genoem omdat hy weens sy besonderse rol as veldprediker gedurende die Suid-Afrikaanse Oorlog (Anglo-Boereoorlog) as vader van sy mense, die Afrikaners van daardie tyd, waarna hier as die Afrikanervolk verwys word, beskou is."
Evaluering van die doeltreffendheid van finansiëleverhoudingsanalise in die opsporing van bedrieglike finansiële verslagdoening
2025-10-13"In die afgelope 25 jaar het navorsers gepoog om beduidende finansiële verhoudings in die opsporing van BFV te identifiseer. Hierdie studie analiseer die algehele doeltreffendheid van finansiëleverhoudingsanalise in die opsporing van BFV."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Woorde open wêrelde, ’n onderhoud met Fiona van Kerwel
2025-10-09"WOW poog om elke geleentheid wat ons vir leerders skep, in ’n geleentheid van leer deur prettige, opvoedkundige aktiwiteite te omskep."
Kollig op akademikus Ilze Grobbelaar-du Plessis: Gestremdheidsreg
2025-10-09In hierdie video gesels Ilze Grobbelaar-du Plessis oor haar akademiese loopbaan, die leefwêrelde van persone met gestremdhede en die belang van Afrikaanse vakterminologie. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
SteedsDink met LitNet Akademies: Ilze Grobbelaar-du Plessis oor haar akademiese navorsing
2025-10-09In hierdie video gesels Ilze Grobbelaar-du Plessis oor die Konvensie oor die Regte van Persone met Gestremdhede en Suid-Afrikaanse reg, en die Konsepwetsontwerp van die Regshervormingskommissie. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
’n Bibliografiese bestekopname van Afrikaanse misdaadfiksie wat in die tydperk 2013–2022 uitgegee is
2025-10-09"Genre kom ter sprake, aangesien daar noodwendig ’n terminologiese keuse uitgeoefen moes word – in hierdie geval word misdaadfiksie as oorkoepelende superordinaat beskou met inbegrip van speur- en spanningsfiksie."
SteedsDink met LitNet Akademies: André Duvenhage oor sy akademiese navorsing
2025-10-09In hierdie video gesels André Duvenhage oor onder meer politieke paradigmas, die dinamika van politieke mag en die hedendaagse Suid-Afrikaanse politiek. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
Kollig op akademikus André Duvenhage: Suid-Afrikaanse politiek
2025-10-09In hierdie video gesels André Duvenhage oor sy akademiese loopbaan en Suid-Afrikaanse politiek. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
Uitnodiging: Paneelgesprek oor kreatiewe skryfkunde
2025-10-08Die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit Stellenbosch nooi jou uit na Nathan Trantraal, Antjie Krog, Joan Hambidge en Gaireyah Fredericks se paneelgesprek oor kreatiewe skryfkunde. Die geleentheid vind op 20 Oktober by STIAS in Stellenbosch plaas.
NW-skoleverrykingsartikel: Die storie van magnetisme – van towerklippe tot kwantumspin
2025-10-07"Elke elektron besit ’n eienskap genaamd spin. Dit beteken nie dat die elektron letterlik rondtol nie, maar dit tree op asof dit ’n klein magneet met ’n noord- en suidpool is."
Die ontstaan en ontwikkeling van die amicus domini-teorie in die Filemonbriefnavorsing
2025-10-07"Volgens hierdie teorie was Onesimus, Filemon se slaaf, nie ’n fugitivus (voortvlugtige slaaf) nie, maar het hy doelbewus na Paulus gegaan in die hoop dat Paulus as ’n vriend van sy eienaar namens hom met Filemon sou onderhandel."
