Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Die wetenskap van lees: ’n konseptuele oorsig en implikasies vir leesbegriponderrig in Suid-Afrika
2026-03-24"Die artikel beklemtoon dat die wetenskap van lees nie in ’n enkele model saamgevat kan word nie, maar tot stand kom deur volgehoue navorsing en steeds voortgaan om nuwe kennis oor die leesproses by die bestaande teorieë daaroor te integreer."
SteedsDink met LitNet Akademies: Stephanus Muller oor sy akademiese navorsing
2026-03-23In hierdie video gesels Stephanus Muller oor onder meer: Africa Open Instituut; argivale erfenis, nalatenskap en universiteite; musiek, politiek en Afrikaans; paradigmaskuiwe in musikologie; en sy studies by Oxford. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
Kollig op akademikus Stephanus Muller
2026-03-23In hierdie video gesels Stephanus Muller oor sy agtergrond en navorsing. Sy navorsingsfokus is Suid-Afrikaanse en Afrika-kunsmusiek. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
SteedsDink met LitNet Akademies: Marni Bonthuys oor haar akademiese navorsing
2026-03-19In hierdie video gesels Marni Bonthuys oor onder meer kanonisering, postkoloniale feminisme, Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans (TN&A) en KI. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
Kollig op akademikus Marni Bonthuys: Suid-Afrika, Nederland en België
2026-03-19In hierdie video gesels Marni Bonthuys oor haar agtergrond en navorsing. Haar navorsingsfokus is Afrikaanse en Nederlandse letterkunde met die fokus op kanonisering, ruimte en identiteit, postkolonialisme en feminisme. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
Afrikaans Huistaal: Graad 7-vraestelle en memoranda, eerste en tweede kwartaal
2026-03-19Is jy in graad 7 en skryf jy binnekort ’n Afrikaans Huistaal-toets? Jy kan met Eugene van der Westhuizen se oefenvraestelle en memoranda daarvoor voorberei, en dis ook van toepassing op die tweede kwartaal se werk. Dit is gratis hier beskikbaar. Een van die stories handel oor ’n busrit in die nag; spring aan boord!
’n Ondersoek na die gehalte van tegniese vertaling deur ChatGPT-4o
2026-03-19"Masjienvertaling en tegniese vertaling word onder die loep geneem deur ’n bondige bespreking te bied oor neurale masjienvertaling, KI-vertaling en ChatGPT as tegniese vertaler. Die funksionalistiese benadering as teoretiese uitgangspunt word bespreek, asook die vertaalopdrag, vertaaluitdagings en vertaaloplossings."
Wiskunde met LitNet-video: Graad 9-faktorisering, oefening 2
2026-03-18"So maklik soos om langs die see te gaan sit en vakansie te hou. Dis jou antwoord as jy in graad nege is en nog steeds vra: 'Hoe moeilik is faktorisering?' Kyk hierdie tweede video deur Lee-Ann Langeveld om hierdie konsep verder te verduidelik."
Wiskunde: Graad 1-vraestel en memorandum, eerste kwartaal
2026-03-17Hier is ’n oefenvraestel vir die graad 1’s wat hierdie kwartaal vir die eerste keer Wiskunde in die skool begin doen het! Laai Tharina Joubert se gratis vraestel en memorandum hier af.
Wiskunde met LitNet-video: Graad 9-faktorisering, oefening 1
2026-03-17As jy in graad 9 is en sukkel om faktorisering te verstaan, sal Lee-Ann Langeveld se video jou help om beter te verstaan. Hier is die eerste video van twee video's oor hierdie onderwerp.
Afrikaans Huistaal: Graad 12-vraestel en memorandum, eerste kwartaal
2026-03-17Is jy in matriek en bekommer jy jou oor die eindeksamen? LitNet kan help. Gebruik hierdie gratis vraestel en memorandum deur Cecilia Klopper om vir Afrikaans Huistaal in die eerste kwartaal voor te berei. Daar is ook baie ander vraestelle in LitNet se indeks van vraestelle.
Van taalaanleer na tolkaanleer (deel 1): Die skep van geheue- en kompensasietolkaanleerstrategieë vir prosesgerigte tolkopleiding
2026-03-17"Deur te bepaal watter taalaanleerstrategieë potensiaal vir prosesgerigte tolkopleiding inhou, kan tolkaanleerders lewenslange leer fasiliteer."
Wiskunde: Graad 11-toets en memorandum, eerste kwartaal
2026-03-16As jy in graad 11 is en nie weet hoe om die gelyke wortels uit te werk nie, kan hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld jou help. Met graad 11-Wiskunde, natuurlik! Klik hier om die vraestel en memorandum gratis in PDF af te laai.
Wiskunde met LitNet-video: Graad 10-kwadratiese getalpatrone, kenmerke en vrae
2026-03-11Is jy in graad 10 en verstaan jy nie kwadratiese getalpatrone nie? Kyk hier: Lee-Ann Langeveld verduidelik alles vir jou in hierdie splinternuwe Wiskundevideo!
Inivitation: Amazwi’s Literature, Heritage, Ecology Conference
2026-03-10Amazwi is hosting its annual Literature, Heritage, Ecology Conference on 25 and 26 March 2026.
Etiese riglyne in praktiese onderwys: praktiese-onderwyskoördineerders se perspektief
2026-03-10"Hierdie studie het deontologie as onderliggende raamwerk gebruik, omdat hierdie etiekteorie voorstel dat mense respek vir wette en reëls het, en poog om dit na te kom. Die veronderstelling is dus dat onderwysstudente sal poog om etiek- en gedragskodes te volg, en dus eties sal optree tydens praktiese onderwys."
Afrikaans Huistaal: Graad 9-vraestelle en memoranda, eerste kwartaal
2026-03-09As jy in graad 9 is, weet jy hoe belangrik jou selfoon vir jou is. LitNet het goeie nuus! Daar is oefenvoorbeelde wat oor selfone handel in hierdie gratis Afrikaans Huistaal-toetse en memoranda deur Eugene van der Westhuizen. Laai die toetse sommer nou af!
LitNet se skolemateriaal: RSG-onderhoud
2026-03-06Ouers, leerders, onderwysers, oumas en oupas: RSG Kompas se Hazel Janse van Rensburg gesels met LitNet se Menán van Heerden oor LitNet se skolemateriaal, insluitend gratis vraestelle en wiskundevideo’s. Luister na die potgooi.
VivA se Lees-en-luister-toepassing in ’n taakgebaseerde benadering vir Afrikaans-addisioneletaalonderrig in die Intermediêre Fase
2026-03-05"Daar is teoreties ondersoek ingestel na hoe hierdie toep as onderrighulpmiddel in die AEAT-klaskamer ’n bydrae kan lewer om die lees- en luistervaardighede van graad 4- tot graad 6-leerders, veral binne die taakgebaseerde benadering, te ontwikkel."
Persverklaring: Kunstekaap ’n plek vir almal – begin reeds vroeg
2026-03-04Afrika word beskou as die vasteland met die jongste bevolking ter wêreld. In Suid-Afrika, met ongeveer 12 miljoen kinders van skoolgaande ouderdom, is die holistiese welstand van ons jeug noodsaaklik. Daarom bly Kunstekaap verbind tot die vorming van die toekomstige generasie deur die transformerende krag van teater en die uitvoerende kunste deur middel van ’n weldeurdagte opvoedkundige en jeugprogram.
