Musiek
KlankKas is your gig guide and music fix.
Persverklaring: "Blue tick" – Refentse is terug met nuwe musiek!
2024-08-13Hierdie nuwe vars enkelsnit vertel die storie wat baie mense redelik goed ken – wanneer jy iemand vir eers op "read" los omdat jy nog nie weet hoe om jou liefde aan hulle te verklaar nie, of dalk te bang is om te sê hoe jy regtig voel. Luister die enkelsnit hier.
Persverklaring: Endler-konsertreeks maak propvol tweede seisoen bekend | 2 Augustus tot 7 Desember 2024
2024-07-30Die seisoen skop af met ’n opwindende en besige naweek, met optredes deur die SAMA-genomineerde Juliet-strykkwartet (2 Aug), en die wêreldberoemde US Koor (3 Aug). Die Musiek-departement geniet ook ’n mylpaal wanneer die US Kamerkoor sy tiende bestaansjaar vier met ’n spesiale optrede by die Hugo Lambrechts Ouditorium in Parow op Sondag 4 Augustus onder leiding van Lunathi Ncamani en Martin Berger.
Persverklaring: US-studente gekies vir gesogte Africa United Youth Orchestra-uitvoering by Carnegie Hall in Augustus.
2024-07-29Die Universiteit Stellenbosch se Departement Musiek is trots om aan te kondig dat vyf van sy talentvolle studente gekies is om by die Africa United Youth Orchestra (AUYO) aan te sluit vir ’n geskiedkundige optrede by Carnegie Hall in Augustus 2024. Die AUYO, georganiseer deur die Mzansi Nasionale Filharmoniese Orkes, is ’n ensemble van stermusikante van verskeie Afrika-lande.
Persverklaring: ATKV-Crescendo begelei nuwe stemme
2024-07-25Vir die derde Platformsessies-konsert van ATKV-Crescendo-produksies kan die gehoor uitsien na ’n nostalgiese reis saam met Crescendo-legendes wat die musikale weg vir ’n nuwe geslag Afrikaanse stemme wys. Dit vind op 16 Augustus plaas by die Daisy Jones-teater in Stellenbosch. As deel van ATKV-Crescendo se vyftigste bestaansjaar, gaan voormalige Crescendo-wenners, Jak de Priester en Babette Viljoen, die verhoog met drie finaliste van 2024 deel.
Persverklaring: Spesiale geleenthede vir hele gesin by Klassique
2024-07-22Klein Karoo Klassique bied vanjaar ’n spesiale geleentheid gefokus op gesinne, met Little Maestros: Classical Concerts for Families. “Ons bied met hierdie konserte ’n ontspanne omgewing waar klein oortjies leer deur Mozart, Bach en ander bekende klassieke musiek”, sê Magdalene Minnaar, bekende sopraan en violis in dié produksie.
Persverklaring: Taalgenoot-RUK EN RYM stook alternatiewemusiekvlam
2024-07-18RUK EN RYM 2024 beloof om die alternatiewe musiekvlam wat uit dié vonkie aangesteek is, aan te blaas en vanjaar se kompetisie beloof om groter en beter te wees. Nie net is daar vanjaar ’n noordelike semifinaal by Railways Café in Centurion nie, maar ’n suidelike semifinaal volg kort daarna as deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees se amptelike program by die Daisy Jones Bar in Stellenbosch, waar Karen Zoid die gaskunstenaar sal wees.
Persverklaring: Besonderse galakonsert wag by Klein Karoo Klassique
2024-07-08“Ek hou daarvan om konserte pret en toeganklik te maak en klassieke musiekliefhebbers moet beslis nie hierdie optrede misloop nie,” sê bekende musikant Richard Cock. Die Klein Karoo Klassique vind van Vrydag 9 tot Sondag 11 Augustus 2024 op Oudtshoorn plaas. Die feesprogram sluit ’n verskeidenheid van klassieke musiek, kuns, kos en wyn in.
Persverklaring: ’n Dirigent met ’n Grammy-toekenning agter sy naam by vanjaar se SIKMF
2024-07-01Die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees het nog altyd ’n eklektiese kombinasie van oud en nuut aangebied. Dit geld vir sowel die repertoire as vir die uitvoerende kunstenaars wat daar optree. Sterre wat by die SIKMF 2024 vir die eerste keer hul buiging sal maak is die dirigente Michael Repper en Simeone Tartaglione.
Persverklaring: Vyftiende Klein Karoo Klassique om die draai
2024-07-01Van ’n spesiaal saamgestelde kamerorkes en immergewilde koor, tot kwartette, trio’s, duette en hope ander musikale verrassings: Dít alles en meer wag op liefhebbers van klassieke musiek, kuns, kos en wyn by die 15de Klein Karoo Klassique, wat van Vrydag 9 tot Sondag 11 Augustus 2024 op Oudtshoorn aangebied word.
Persverklaring | Die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees: ’n onvergelykbare opvoedkundige aanbod
2024-07-01Die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees vind van 5 tot 14 Julie in die Konservatorium van die Universiteit Stellenbosch plaas. Vind meer oor die program uit. | The Stellenbosch international Chamber Music Festival 2024 will run from 5 to 14 July at Stellenbosch University. Find out more about this year’s programme.
Press release: Visual, sound and poetry trio IIIFoet releases Metropolar on 14 June 2024
2024-06-13IIIFoet (DrieFoet) is Modise Sekgothe, Jotam Schoeman and Umlungu Deluxe. The name IIIFoet, a slang term for a pot standing on three legs, represents a melting pot of diverse flavors and influences, as well as the different cities each member calls home: Johannesburg, Cape Town, and London. The trio has partnered with indie label Paradise Worldwide to release their nine-track album, Metropolar on June 14, 2024 on all major streaming platforms. It promises to deliver a unique fusion of music, spoken word, and visual art.
Persverklaring: Die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees (SIKMF), 5 tot 14 Julie, US Konservatorium, Stellenbosch
2024-06-05Die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees vind van 5 tot 14 Julie in die Konservatorium van die Universiteit Stellenbosch plaas. Die gewilde aandkonserte kan in die Endlersaal bygewoon word.
Persverklaring: "Plakkaat oppe paal" – Frazer Barry se lied oor politici se leë beloftes
2024-05-28Met Frazer Barry se lied "Plakkaat oppe paal" hoop hy "die liedjie inspireer Suid-Afrikaners om nugter te dink oor die politieke bestel en hoe hulle hul stem kan gebruik om die politieke leiers verantwoordelik te hou."
Press release: Acclaimed college choir touches down in SA for countrywide tour
2024-05-28From 30 May – 14 June 2024, the acclaimed St Olaf Choir (USA), under the baton of its renowned conductor Anton Armstrong, will tour South Africa, with eight concerts and numerous choir collaborations and workshops in Pretoria, Johannesburg, Soweto, KZN and Cape Town. Composed of 75 mixed voices, the St Olaf Choir is hailed as one of the USA’s premier a cappella ensembles, renowned for its artistry and beauty of sound.
Press release: Pulitzer Prize nominee and captivating music for the Drama Factory in June
2024-05-27There’s captivating music and even a Pulitzer Prize-nominee for the June programme at The Drama Factory: "Love Letters is a wonderful, funny and moving play which was nominated for a Pulitzer Prize. Our music extravaganza this month includes Guitar Heroes with Mel Botes, celebrating the music of iconic guitar heroes. Also don’t miss Franky Jones’ beautiful tribute to legendary singer Edith Piaf in Edith Piaf, the untold story."
The accordion and famo music in South Africa: an interview with RKM, The Accordion Guy
2024-05-22"The reason behind my accordion playing is solely based on my love for sounds and music in general; it gives me an outlet to express myself, and it gets me into a realm/space I can’t explain in words, but which brings peace and excitement to my heart."
Persverklaring: Klassiek Boer | 7 en 8 Junie 2024 by Die Boer
2024-05-17Twee aande van geliefde liedere by Die Boer in Durbanville: Kom luister na A night at the musical op 7 Junie en Opera op die silwerdoek op 8 Junie, met Elna van der Merwe, Zanne Stapelberg, Niël Rademan en Corneil Muller.
Persverklaring: Lux et Umbra deur die Vox Chamber Choir
2024-05-15Die bekroonde Vox Chamber Choir, onder leiding van die komponis-dirigent Franco Prinsloo, gaan koorliefhebbers bekoor met hul transendente konsert Lux et Umbra | Umbra et Lux (Lig en skadu | Skadu en lig), op Sondag, 9 Junie 2024 om 15:00 by die Nazareth House-kapel, Pretoria.
Press release: Endler Concert Series presents Voces Cordis, conducted by André van der Merwe | Endler Hall, 24 May 2024
2024-05-14The choir ensemble Voces Cordis comprises 75 talented and dedicated young adults from all over the Western Cape who share a passion for choral music and singing. Under the direction of the acclaimed choral conductor André van der Merwe, the choir will return to Stellenbosch for its first gala performance of 2024 on Friday, 24 May as part of the Endler Concert Series.
Die soet smaak van mondigwording
2024-05-08"Elke kleur, elke kultuur, elke ouderdom is daar. Hulle is in poniesterte en toetoes; in rolstoele en met krukke. Daar is blink rokke en hoë hakke; daar is sweetpakbroeke en bont tekkies; daar is linnebroeke met dik witsool-seilskoene. Die gemene deler is die kunste; maar belangriker nog, die kunste in Afrikaans."